Mensig, ek is opgewonde!

So met die geharwar van die einde van die jaar dinge wat moet klaarkom, dis borduur, en brei en jaareinde en kosmaak vir Toortsie 3 en Nanowrimo en en en het die foto’s van Toortsie 3 gekom, maar het ek nog nie regtig tyd gehad om dit behoorlik deur te gaan en mooi te bekyk nie. Mense! Dit is uit ‘n ander wêreld! Dit is al wat ek kan sê.

Ek het vanoggend begin om dit deur te gaan, net om seker te maak daar is ‘n foto van elke gerig. Ek is so bang ons moet dalk op die ou end weer ‘n foto neem … en is ek nou geïnspireer! Sjoe! Nou moet ek aan die werk spring en dit voltooi. Dalk nie in hierdie jaar nie. Beslis nie in hierdie jaar nie, want Kersfees kom, Kersfees kom … maar niemand keer my mos om intussen deur al die foto’s te gaan en hulle te merk, seker te maak dat al die woorde in die boek is en reg is en en en nie … sodat ek dit vroeg in die nuwe jaar vir die proefleser kan stuur en kort daarna vir die een wat die bladuitleg doen en dan vir die drukkers nie … niemand keer my mos nie, né? Dit is mos net ekself … wat dringend ‘n klompie borduurwerk moet klaarkry en ‘n babakombers moet klaarbrei … want ek geniet mos die VLV so baie. 🙂

Kyk net hier:

Is jy nie ook skielik honger nie?

Toortsie

21 thoughts on “Mensig, ek is opgewonde!

      1. Het wraggies vanoggend jou twee boekies deurgekyk want ek het iets gesiek om te maak met amandel meel. Ek het toe in jou eerste boekie n inhouds lysie gesoek soos wat hul agter in die boeke sit sodat mens vinnig n resep kan vind. Jou tweede een het wel n inhoud waar mens vinnig iets kan vind. Ek noem dit net dat jy no drie dalk n goeie inhoud soek bl gee.

        Like

Gesels saam, asseblief!