Dit is mos ‘n ou feit dat dit nie is wie jy is nie, maar wie jy ken, nè.
Nou, ek ken vir Una. En Una het ‘n hond, Danie. En vir hierdie oomblik is Danie-hond my hero.
Want hy het ‘n oplossing gehad vir ‘n probleem wat ek nie eers besef het dat dit bestaan nie.
Sien, Una is gehok. Mooi opgedress en nêrens om te mag gaan nie.
Toe kom Danie, reg vir oorlog, haar haal Rebusfontein toe. (Kyk maar daar op haar blog hoe Danie lyk.) Danie voel soos ons almal voel: moeg en vaal na ‘n lang jaar. Hy het lus vir ‘n krismispartytjie, hy is klaar aangetrek en alles. Una sal sorg vir die Hertzoggies en Jan Smutsies. En soos ek Una ken, sal dit Bantingvriendelik wees sodat ek ook kan saameet.
En ek het mos darem nie verniet alles dubbeld gekook vir kersete nie … gammon … skaapboud … beestong … ag man, álles wat jy nodig het en nog wat.
So, dames, my karretjie is gepak vir Rebus se Kerstafel, selfs die nodig versterkinkies vir die trifle, ag ek bedoel koekstruif, maar ek is nou so opgewonde en haastig, ek kan nie nou aan al die regte woorde dink en watter woorde met hoofletters en watter met Kleinletters gespel moet word nie. Rebusfontein wag!
Ek wonder of my huisie nog staan? Una, loer tog. Ek wonder of ek dit nog sal kry, ons was so lank laas daar, nog vóór die Towerinne verander het in Goue Vroue daar in Alice se tonnel. Julle weet, ek is mos die Towerin met die goue neus, want … ag nee wag! Ek het mos eintlik goue oë, volgens Una.
Una, sê solank vir Danie dankie! Ek het spesiaal vir hom ‘n lekker boudbeen ingepak. En loer tog of my donkie nog daar is, wat is sy naam nou weer? Frannie sal weet, dink ek. O ja, Santie, as ek reg het. En Kameel se melkkoei en nog ‘n diertjie wat ek vir haar moes versorg, maar ek kan nou nie eers meer onthou wat dit is nie?
Ek hoop ek sien julle ander ook daar. Ek het my groen rok ingepak en die kersversiering vir my kop wat ek nog laas gebruik het by Capital Singers baie jare gelede. Dis rooi strikkies. 🙂
Wag vir my! Seegogga, is jy by?
Toortsie
Daardie wie jy ken is tog sooooo belangrik. Dan moet jy nog uithang en wys net omdat jy so en so ken. Keeping up with the Joneses is vir sommigr ouens lewens belangrik. Wonder of my karavaantjie ooit nog bestaan?
LikeLiked by 2 people
Ek dink jy moet dadelik in jou vaartuig klim en kom kyk en hom kom regskud. 😁
LikeLike
JOng op die oomblik gaan dit dol. Sal dit in my onthou Filetjie sit. Toe ek nou hier lees het dit my sommer al geprikkel.
LikeLiked by 1 person
Dis reg so. 😁 Op Rebusfontein doen elkeen mos soos hy kan en wanneer hy kan en wil. 😄
LikeLiked by 1 person
Toe ek laas op Rebus was, was hy beslis nog daar. Hy het gelyk of hy jou liefdevolle hand mis, maar hy was nog daar en heel en ongeskonde. ❤️
LikeLike
Dis gaaf om te hoor. Ek is juis nou heel in die groente plant ding! Sal bietjie my tuinier moet saambring om vir my n paar beddings in te rig.
LikeLiked by 1 person
Ja! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is die Rebusfonteiners lekker mense om te ken. Geen keeping up with whoever. 😊
LikeLike
Netso en as daar een is wat wil links kyk dan kyk mens maar na regs en kom daaroor.
LikeLiked by 1 person
Jou karavaantjie staan baie trots vir jou en wag, Ineke. Ek sal solank inspring en grond omdolwe vir jou groentetuin. Ek wonder nou net of jy iets interessants uit NZ kan kom plant, of dit hier sal aard.
LikeLiked by 1 person
Kyk nou net hoe oulik is jy!
LikeLike
Ek verlang so na Scrapy, gaan hard werk om haar hier te kry.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dankie solank. Hier is maar dieselfde groente as waaraan ek gewoond was in SA. Net die spinasie word hier “silverbeet” genoem, hul spinasie is sommer sulke klein blaartjies wat mens sommer rou in slaai opsny. Het rooi uie, capcicum/peppers, tamaties, beet, slaai en dan siverbeet/spinasie reeds geplant. Afrikanertjies tussen die rye om goggas weg te hou! Sal ook eers my houssitting moet doen oor kersfees voordat ek hier kan wegkom.
LikeLiked by 1 person
Dan hou ons weer ń ete as jy opdaag, ń nuwejaars een.
LikeLiked by 1 person
‘n Ete ja. Enige een. 😂
LikeLike
Dit klink na besigheid. Sal my planne moet agtermekaar kry. Smile nou eers, hier loop n oom verby met n sambreel en die wind ruk die ding sommer onderstebo. Omie buig hom terug en loop verder.
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
Toortsie, ons is hier. Alles staan nog, ons tuintjies ruk net hande uit. Santie is behoorlik uit haar vel toe sy lewe gewaar. Nes jy het ek ook al die diere vriende se name vergeet. Danie doen sy deel, bring sy kant. Indien iemand kan onthou, sit tog weer die dierename vir ons uiteen, sommer net hier by Toortsie. My kat is Kieter, en dan Danie. Die donkie is Santie. Wie nog?
LikeLiked by 1 person
Jy weet ek kon nog nooit die dieresoorte en -name onthou op Rebus nie, ek moes te veel kophou met die mense en hulle dinge! 😝
LikeLike
So ons het nou vir Flokie by, en vir Grietjiekat en Bekkie. Ek sal probeer kophou.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek stel voor ons trek almal ń groen uitrustingkie aan vir ons Kerspartytjie. Danie het syne reg, hy wil ń kersboom wees. Santie vra net dat jy vir haar ń strooihoed met ń groen strik op sal saambring.
LikeLiked by 1 person
Ahaaa strooihoed met ‘n strik! Beslis!
LikeLike
ń Ordentlike donkie het altyd ń strooihoed. Altyd ń nuwe een ook, want hulle vreet mos maar ietwat daaraan.😉
LikeLiked by 1 person
Jajaa ek onthou. 👒
LikeLike
Dit sallie werkie. Ek het n ROOI rok. Rooi vir die mooi . n Oulap se rooi maak mooi, hoe rooier hoe mooier. Wat kan ek nog sê? Kersvader dra ook mos rooi. Rooi en groen is komlimentêre kleure. Die een laat die ander een mooier lyk. So ek sal pas!
LikeLiked by 1 person
Ek stem in, Seegogga, want Danie het reeds weer ń nuwe partytjie outfit, als rooi. So, groen en rooi is ons kleure. Bekkie stuur ń boodskap, hy/sy soek ń elfie pop met rooi klere aan…
LikeLiked by 2 people
Roou en groen ! Ja! En natuurlik n bietjie bling, né! As dankie Una!
LikeLiked by 1 person
Beslis bling. Baie bling! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Defnitief bling ook! Ek oorweeg ń goue nommertjie.
LikeLiked by 1 person
Una! Jy gaan asemrowend lyk! 💃👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Ek dink ook so, Toortsie. So ń goue, ronderige lyfie…
LikeLiked by 1 person
Niks ronderigs nie.
LikeLike
😂😂😂 nou kom die diere se kersversoeke ook nog in!
LikeLike
Is so, Toortsie. Danie vra vir ń opwen klein bulhondjie, een na wie hy nie regtig hoef te kyk nie. Mans!!! Ten minste vra hy nie ń battery aangedrewe vroutjie nie.
LikeLiked by 1 person
😂🐶
LikeLike
Natuurlik sal jy pas! Rooi kan mos nooit verkeerd wees nie en op Rebusfontein is alles mos sommer vanself reg. 😁💃
LikeLiked by 1 person
O gaats! Ek missie graag paartiesie. Ek bring my mooi rooi rok.( hier’s ek weer, hier’s ek weer met my rooi rok voor jou deur…)
Ek glo dit sal lekker warm wees daar. Onthou om julle kozzies en lilo’s ook in te pak. Daar’s ‘n dam voor my huisie!
Dankuw vir d uitnodiging, Toorts!
LikeLiked by 2 people
Lilo’s! Daar sê jy nou die toorwoord, Seegogga! Ek bring sommer my hele Mosambiek-versameling.💃
LikeLiked by 2 people
Hoe opgewonde is ek nou!
LikeLike
Toortsie, jy gaan my van voor af op jou banting kosse moet sit, my swembroek het gekrimp!!!
LikeLiked by 1 person
Ekself eet ook iewers nou te veel koolhidrate sonder dat ek dit besef. Aijaijai. Ek moet meer kaas eet!
LikeLike
Dis mos eintlik Danie wat die oulike plan gekry het. Hier gaan ons, Seegogga! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Appeltjie het die volgende saamgebring: Faye – feetjie; Lemmie – lemur van Madagaskar tydens een van die toere met die VVVTT. en nou kom Dawie hond saam – ons klein yorkie van 31/2 maande. Hy sal nie sonder sy mamma oorleef nie. Ons sal moet sorg dat ons partytjie kleinhondjie vriendelik is. Hy byt en hang aan en ondersoek nog alles.
My swemgoed kom saam en my tuinvurkie. Die res is alles opsioneel.
LikeLiked by 1 person
Jippieeee! Jy kan solank daar by Scrapydo se karavaan ook help as jy wil. 😊
LikeLike
Ek bedoel help plant met die tuinvurkie.
LikeLike
is Flokie nie ook ‘n kat daar nie?
LikeLiked by 1 person
Flokit? Ek dink so. Genugtig! Wie noem sy kat so? Rêrig?
LikeLiked by 1 person
Ag nee Toorts, hier begin ek van voor af vir jou lag! Stop dit!!!😅
LikeLiked by 1 person
Ek het daai post iewers heeltemal weggegooi! 😂
LikeLike
🤣
LikeLiked by 1 person
Ha ha. Miskien moet ons n veearts ook nooi- vir d wis en onwis. Aan d anderkant: Rebus is n plek waar voëls en katte en honde en uile en donkies en lemurs en spinnekoppe,(🙊. Nee delete delete) almal in vrede saam kuier!
LikeLiked by 2 people
Ja delete delete die spinnekoppe. Hulle is verrrrr weg.
LikeLiked by 2 people
Ek pak sommer my vurk en graaf in, hulle is nou gewoond om saam met my te ry, hulle was nou die dag op Napier. Klink my ons gaan pret hê.
LikeLiked by 3 people
Bring saam. Kom net!
LikeLike
Ek is hier
LikeLiked by 1 person
👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Toortsie, jy is mos ‘n kosmaker. ek het as kind bestong ge -eet. Toe koop ons. Nou het ek niemand om dit gaar te maak nie. Kan jy help asb.
LikeLiked by 1 person
Dis een van die maklikste kosse denkbaar. Sal jy my jou e-posadres gee dan stuur ek jou my resep.
LikeLike
Of stuur e-pos aan madeleburger@gmail.com
LikeLike
Ek is ook daar, bietjie lank gevat om te ontwaak.
LikeLiked by 1 person
Enige tyd is reg! Welkom!
LikeLiked by 1 person