Ek is MAL daaroor. O, dit is gewoonik ‘n rowwe, besige tyd vir my, maar dit maak nie saak nie. Op Kersdag speel ek gewoonlik klavier of kitaar by meer as een kerkdiens, maak kos tussendeur, hou Kersete, deel presente uit … het nog ‘n kersboom, hoe dan nie?
Tommy Lessing vra: Moet ons nog Kersfees vier? Asseblief! Gaan lees dit! Ja, ek vier nog Kersfees. My gesin vier nog Kersfees. Ons doen alles van skaapboud tot gammon tot beestong tot soete poeding, ons deel presente uit, ons maak ‘n kersboom … want die grootste denkbare geskenk in menseheugenis word gevier: die Geboorte van Christus! En daaroor is ek bly! Verskriklik bly! Ek vier Hom. En saamwees met my geliefdes. En ek leer vir hulle die tradisie van lawwe kersversierings sodat ons nooit dit vergeet dat ons Heer en Meester aarde toe gekom het nie. Om die waarheid te sê, vier ons deesdae Kersfees sommer dubbeld. Al ons kinders kom nie noodwendig gelyk huis toe vir Kersfees nie, so wanneer daar van hulle is, hou ons sommer ‘n volwaardige Kersete en wanneer Kersdag kom, doen ons dit sommer weer en nooi nog ‘n eensame neef of twee saam. Heerlik!
So oor die baie jare van blogging het ek al baie oor Kersfees geskryf:
- Kersfees – NaNoWriMo2019
- ‘n Vroeë Kersfees
- Kersfees
- In die gees van Kersfees
- Kersfees …
- Daai foto
- Vier geslagte al
- Die drie meesters
- Olga se storie leef voort
- Cherish
- Banting en die feestyd
- Eli en Moshesh
- Oukersaand
- Kersvieringe en kersgeskenke
Groete
Toortsie
Ns. Ja! Ek vier Kersfees. Voluit.
Ek stem saam met jou. Hierdie jaar gaan ons ook Kersfees twee keer vier en ek sien uit daarna.
LikeLiked by 1 person
Lekker! 😁
LikeLike
Ek staan saam met jou, kersfees sal ons vier!!!
LikeLiked by 1 person
Ja wat. Lekker! 😁
LikeLike