Ek vat ‘n ruskansie

Ek wou eers skryf, ek het nou eers opgehou. Maar ek het nie regtig opgehou nie. Ek vat ‘n ruskansie. Vat ‘n ruskansie, eet ‘n KitKat. Ja, ek eet die spreekwoordelike KitKat.

By 32592 woorde stop ek nou vir eers. Net vir ‘n rukkie. Nie vir altyd nie, net ‘n rukkie. Want ek wil nie Trauma tot Triomf geforseerd skryf nie. Ek wil dit rustig skryf. Oor tyd. Rustig dink oor die vroue. Sonder druk.

Want daar is mos eintlik nie veronderstel om druk te wees nie. Want eintlik is NaNoWriMo om jou te help om daardie boek te skryf wat jy nog altyd wou skryf.

Al wat ek weet, is dat as jy 30 000+ woorde reeds in die sakkie het, jy dit seker tog wil klaarmaak, of hoe?

Ons sal sien wat die toekoms inhou. Ek wil dit graag klaarmaak.

Maar vir eers … gooi ek nie die handdoek in nie … ek sit hom net op die ys.

Toortsie

20 thoughts on “Ek vat ‘n ruskansie

  1. Dis ook goed so. Jy sal dit stelselmatig verder hanteer. Dit voel met tye net te gejaagd om behoorlik te reageer op wat gedoen moet word. Daardie borduurwerk gaan jou sommer weer rustiger laat word. Snaaks genoeg soek ek nou iets om te brei of te hekel. Gaan nou ingaan om kombersies vir vroeggebore babas te brei. Hul het n tekort omdat die babatjie op die einde die kombersie of truitjie kan huistoe neem.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s