Met dié dat ek na Bybelvroue en hulle trauma en veral hoe hulle met God se hulp hulle trauma in triomf verander het, kom daar groot uitdagings. Eerstens het ek myself uitgedaag met dit. Of nee, nie ek nie, God het my hiermee uitgedaag, want dit was mos Hy wat vir my gesê het dat ek hieroor moet skryf. Hy het selfs vir my gesê wat die naam van die boek ook moet wees.
Die volgende uitdaging lê daarin om die vroue te ontdek. Ja, ek het ‘n hele Bybel vol van sulke vroue, maar vind hulle gou ‘n bietjie vinnig! Daar is die ooglopende vroue van wie ons almal weet: Ragel, Lea, maar oor hulle is daar al baie geskryf. Vir my lê ‘n groot uitdaging juis in die vroue wat minder bekend is, maar soos iemand gesê het, oor hulle is daar ook al baie geskryf.
Dan moet ek die vrou oordink. Die trauma wat sy deurgegaan het. Hoe voel dieselfde tipe trauma in vandag se tyd? Hoe kan ek dit toepas? En dit bring ‘n ander uitdaging, dat daar sekere van die vroue is wat genoem word, wat dieselfde tipe trauma beleef het. Amper dieselfde storie, net ‘n ander naam, dus, as ek oor een geskryf het, wat skryf ek oor die ander een?
Hierdie projek laat my deur ‘n wonderlike, onbekende pad stap. Dit laat my baie meer tyd met my Bybel spandeer. Dit laat my dit oordink. Oplees. Navorsing doen. Maar die wonderlikste is dat ek vriende oral het wat betrokke is. Wat skielik onthou van iemand. Of iemand raaklees. Of trauma raaksien waaraan ek nie gedink het nie.
Soos Petrus se vrou. Watter trauma sou sy nou hê? Sou sy impulsiwiteit dit vir haar moeilik gemaak het? Of het sy dit geniet? Deur na haar te kyk, beteken dat ek met ‘n vergrootglas na myself sal moet kyk, want ek is mos Petrus se tweeling. Genade! Dit beteken ek sal moet dink daaraan hoe dit vir my man moet voel om saam met my te leef! Trauma? Ek dog dan om saam met my te leef het jy ‘never a dull moment’? Soos ons wiskunde onnie van die Voet van Afrika gesê het, dat dit ‘n wonderwedloop is, want jy wonder altyd wat volgende gaan kom? Ek dink nie die een wat dit voorgestel het, het dit besef nie, maar ek het die uitdaging aanvaar. 🙂 Ek giggel al heeldag!
Toortsie
Bieg: Ek het gister nie ‘n woord geskryf nie.
Volg gerus my voorlesings uit my boek, My kinderjare met betrekking tot vandag, by Soundcloud. Hier: https://soundcloud.com/user-39380642
Laat my dink aan Lydia die purperverkoopster. En toe die koning wat ‘n katvel gedra het – dit was van purr purr gemaak. 😀
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Dr Pyn is ‘n uistekende chirurg. Na jare van traumatisering het ons tweetjies hier die Here op ‘n heeltemal ander manier leer ken. Pyn – fisies en emosioneel – was die katalisator en daar was baie daarvan,
Psa 119:65 Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord.
Psa 119:66 Leer my ‘n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.
Psa 119:67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.
Psa 119:68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
Psa 119:69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.
Psa 119:70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.
Psa 119:71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.
Psa 119:72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.
Psa 119:73 Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Klink my hierdie is ń rotsagtige pad, waar jy nie net oë daar ver kan rig nie, maar mooi die klippe moet bekyk, meet en dan eers tree. Treetjie vir treetjie.
LikeLiked by 1 person
Behoorlik ja. Soos daar waar ons twee se erfies lê.
LikeLike
Waaraan ek gedink het
LikeLiked by 1 person