‘n Nie-wenner

Hierdie jaar gaan ek nie ‘n amptelike NaNoWriMo wenner wees nie. Ook nie ‘n verloorder nie. Of ‘n tweedekommer nie.

Ek skryf vanjaar te stadig. Heeltemal te stadig. Ek staan tans op 27400 woorde wat ek fisies vir my boek geskryf het en totale woorde geskryf is amper 30 000. Ek voel gemaklik hieroor. Ek skryf elke dag ‘n bietjie.

Trauma tot triomf is nie ‘n onderwerp wat jy kan afjaag nie. Dit vra heelwat navorsing omdat ek na vroue in die Bybel verwys.

Ek is baie bly dat ek wel ingeskryf het vir Nano, selfs al sien die hele wêreld dat ek nie vanjaar my rofwerk binne die voorgeskrewe tyd voltooi nie. Ek het dit begin, werk daagliks daaraan en sal dalk nog lank daaraan werk.

My brein voel moeg, want ek het hom die laaste tyd kwaai gedruk. Het baie goed ingedruk en gedoen gekry. Ek werk teen ‘n pas wat nou vir my goed en gesond voel. Beslis nie so vinnig soos ek kán werk nie, maar hier swaai geen swepe wat my aanjaag nie. My liggaam vertel my wat gesond is.

Dus, ek is beslis nie ‘n verloorder nie. Ek gaan dalk net heel laaste by die wenpaal uitkom. Soos skilpadjie, sien. Maar wag, skilpadjie het mos juis nie laaste gekom nie! Voetjie vir voetjie het hy geloop … stadig, maar seker wen dikwels die beker. Hou my dop! Wie weet, dalk hou ek nog een dag daardie boek in my hande!

Toortsie

13 thoughts on “‘n Nie-wenner

  1. Aanhouer wen! Dis waaroor dit gaan. Om n doel te hê, elke dag n stukkie te werk daaraan en dan tevrede te wees met wat jy vermag het. Jy uitdaging wat jy gestel het is te groot vir die bietjie tyd waarin dit voltooi sou moet word. Dis steeds positief bly wat belangrik bly en ook more is nog n dag. My deel waaroor ek hierdie keer skryf het baie meer inligting en ek skryf te heerlik aan alles. Ongelukkig is ek nie soos jy om jou skryfwerk te verwerk en reg te hê vir publikasie nie. Myne is steeds my eerste “draft” of rowwe skryf.

    Liked by 1 person

      1. My volgende stap is tog maar om dit te verwerk in n leesbare lewensondervinding. My skoolgaan en studie deel van verlede jaar is driekwart klaar verwerk. My volwasse deel in SA het vreeslik baie om oor te skryf. Volgende jaar se NaNo gaan ek my 10 jaar NZ deel nog skryf.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!