Scrapydo vra my na aanleiding van hierdie ongelooflike besige twee weke wat ek deur is, hoe hou jy dit?
Ja, my kop is mos maar altyd besig met minstens vyf dinge gelyk, maar soms kom alles net op ‘n hoop en is dit erger en baie meer as normaal. Ek vergelyk dit met oestyd, iets wat ons boere en boervroue baie goed ken. Oestyd, wanneer alles gelyk gebeur, wanneer die ure uitmergelend lank raak, wanneer ons vroue se normale dagtake aangaan soos gewoon, maar ons ook kos moet inpak land toe, ons meer take as normaalweg het, ens. Hoe hou ons dit?
Eerstens, deur baie genade van ons Here. Deur Geestelik fiks te wees. Deur ons krag te put uit die Onuitputlike Bron. Deur steeds stil te word by Hom, rus te vind by Hom. En waar dit soms gebeur dat ons selfs minder tye ook by Hom spandeer, ons die tydjies wat ons wel vind, goed gebruik.
Tweedens, dink ek, deur liggaamlik fiks te wees. Soos Trommeltjies tereg gesê het, in sulke tye het ‘n mens meer nodig as net kopfiksheid. Liggaamlike fiksheid maak dat jy langer kan uithou. Fisies kan uithou. Dit help natuurlik ook verskriklik baie as jy wel ‘n tydjie kan afknyp vir die oefening waarvan jy hou. ‘n Heerlike stappie in die berg verrig wondere. Dit gee my nuwe energie, maar help ook sommer om my kop te suiwer. Om my positief te hou. Om die gevoel van ingehoktheid wat mag kom in die wind te slaan.
Derdens, die wete dat dit nie vir altyd sal aanhou nie. Dit help verskriklik baie. In my Amway jare was ek lid van die Dreambuilders Assosiation waar ons wonderlike stemopnames van motiveringspraatjies geluister het en opbouende boeke gelees het. Book of the month en Tape of the week. Opbouend. Motiverend. Beslis die moeite werd. Een van die belangrikste lesse wat ek daar geleer het en wat ek steeds toepas, is dat jou onderbewussyn alles glo wat jy vir hom sê. Dalk weet ek dit al langer as uit die Amwayboeke. Dit wat jy vir jouself vertel, glo jy. Daarom moet jy mos positiewe boodskappe vir jouself gee.
Maar saam met dit, glo jou onderbewussyn ook dit wat jy vir hom belowe. Wanneer dit dan so dol gaan en ek baie moeg raak, vertel ek vir myself dat dit nou ‘n rowwe tyd is, dat ek weet dat ek moeg raak en moeg sal raak, maar dat dit net vir ‘n rukkie is, soms weet ek selfs vir hoeveel dae en vertel dit vir myself en belowe dat ek dan gaan rus. Ek het byvoorbeeld verlede week geweet dat ek die Vrydagmiddag sou kon afvat en het dit vir myself belowe dat ek dan Vrydagmiddag kon rus. Wanneer die stemmetjie in my kop vir my sê dat ek moeg is, reageer ek daarop, antwoord ek dat ek besef ek is moeg, maar moet net nog ‘n klein bietjie uithou. (Daar is mense wat dink dat ek mal is as ek so met myself praat. Ek dink ‘n mens is laf as jy jouself en jou onderbewussyn wat skree vir jou aandag, ignoreer.)
MAAR DAN KOM DIE BELANGRIKE EEN: JY MOET DAN DOEN WAT JY BELOWE HET. Jy kan nie net aanhou belowe aan jou onderbewussyn en dit nie doen nie, dan soek jy moeilikheid. Want DAN gee jou onderbewustheid iewers moed op. En glo jou nie meer nie. GROOOOOTTTT FOUT! As jou onderbewussyn jou nie meer glo nie. Jy moet jouself ook beloon. Op watter manier ookal. Met ‘n geskenkie? ‘n Dag af? ‘n Lekker boek lees? Watookal jou onderbewussyn sal gelukkig hou.
So, noudat alles verby is, vat ek dit vir ‘n paar dae aansienlik rustiger. Luister ek na my liggaam. Rus ek wanneer hy dit vra. Bou ek kragte op. Selfs in daardie erg rowwe tyd sou ek vir ‘n halfuur ‘n bietjie op my bed gaan lê as ek gevoel het dat ek nie meer krag het nie. En dít is my punt vier. Luister na jou liggaam. Rus wanneer dit nodig is.
Nommer vyf: Kyk ook na jou siel. Luister wat jou onderbewussyn vir jou fluister. Fluister hy vir jou negatiewe goed in jou ore? Vertel hy dinge soos ‘ek is dom, ‘n mislukking, nie goed genoeg nie’? Werk daaraan! Kry TPM (Transformation Prayer Ministry) of sien ‘n sielkundige, maar sorteer daardie leuens wat jou onderbewussyn glo, uit. Dit gee vir jou oneindige woema as jy dit kan regkry. Dit help nie daardie negatiewe goed word onder ‘n dreindeksel ingedruk en die res van jou lewe probeer jy alles wat jy het om die deksel op sy plek te hou nie. Haal daai deksel af! Kyk daardie wurms in die oë met die hulp van ‘n kundige. Jy sal nie spyt wees nie.
Toortsie
Wyse woorde waarvan ons almal iets kan leer. “Dit wat jy vir jouself vertel, glo jy” en “Luister na jou liggaam” is twee lesse wat ek probeer om onder die knie te kry wanneer dinge nie vlot loop nie.
LikeLiked by 1 person
Jong, ek luister soms ook maar nie!
LikeLike
Ek glo ook die satan vertel leuens in jou ore, veral as dit geestelik goedgaan. Dan moet ek myself vertel dat God se beloftes sterker is as die duiwel se leuens. Ek hou van die “beloof jou onderbewussyn ‘n beloning”.
LikeLiked by 2 people
😊
LikeLike
Mooi uiteen gesit. Dis al hoe die ondebewussyn werk. Sonder dat jy bewus is of daaraan dink sal die onderbewussyn in jou ingrawe. Ek hou van die beloning deel. Dis ook belangrik om belofte na te kom. Jy is beslis n voorbeeld van enduit klaarmaak wat jy begin het.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Dis natuurlik vir my die beloning: om iets klaar te maak.
LikeLike
Jy leer my nou groot lesse, ek gaan onthou en probeer implimenteer.
LikeLiked by 1 person
Jy doen dit reeds.
LikeLiked by 1 person
en ek is reeds weer op TPM se website, nadat ek dit eers weer vergeet het
LikeLiked by 1 person