Die langste verjaarsdag

Ek verjaar nog al die pad! Om die waarheid te sê, dis nou al amper ‘n hele week wat ek verjaar en dit hou steeds aan!

Ek het al Donderdag begin verjaar al was dit nie toe al my verjaarsdag nie toe ‘n klompie vriendinne kom koek en tee het om die koeke te proe. Toe het ek gesê dis nou sommer my verjaarsdag. En Vrydagoggend by die Bybelstudie het ek net verder verjaar, koek en tee en al. Oor die naweek het my kinders kom kuier en dit was verjaarsdag al die pad, koek en tee en feesvieringe. Nóg vriende wat kom inloer, uiteet saam met my familie, nog eetgoed maak vir die boekfoto’s, nog maats wat inloer, nog oorslaapkuiergaste.

So tussendeur wanneer daar wel ‘n kansie kom, lees en reageer ek op ‘n whattsapp- of Facebookboodskap, maar dít is nog lank nie klaar nie! So ek verjaar steeds! As ek nog nie op jou mooi wense gereageer het nie, vergewe my asseblief. Elke boodskap is vir my kosbaar en ek belowe ek gaan hom nog lees en geniet.

Mensdom! Dis lekker.

Toortsie

Fotograaf: Lize Venter; Stilis: Lizelle du Toit. Koek gebak deur Madelé Burger (Toortsie)

Lees asb hierdie baie belangrike artikel oor verstikking en hoe om iemand te help wat verstik. https://welstand.solidariteit.co.za/verstikking-rus-jouself-toe-om-dit-te-hanteer/amp/

18 thoughts on “Die langste verjaarsdag

Gesels saam, asseblief!