Die opwinding is groot. Ons maak kos vir die nuwe Toortsieresepteboek. Toortsie 3, is dit nie? Ons werk teen topspoed. Maak planne. Dink. Verander nog hier en daar. Maak goed oor. Die kasmaker kom versterk rakke, vir die boeke, sien. Die nuwe Kinderjareboeke daag op, bokse vol. Tussendeur kom koop iemand nog ‘n boek of twee.
Toortsie het ‘n klompie vriendinne genooi om te kom tee drink die middag as alles klaar is. Iemand moet darem seker help eet en help proe! Die opwinding is groot. Dis nuwe eetgoed, nuwe boeke. Dis tog te gesellig. Toortsie se oë staan stokstyf in haar kop. Sy bied tee aan. Dan sê een, hierdie is lekker. Of, wat is in hierdie tert? Toortsie weet nie. Nie omdat sy die resep geheim wil hou nie, want sy weet nie. Sy weet eintlik niks. Haar kop staan doodstil. Kan nie onthou wat is in die resep nie. Al wat sy weet, is dat daar twee goedjies is waaroor sy nog nie heeltemal gemaklik voel nie. Die een is nog in die proses, maar sal reg wees as die boek drukkers toe gaan. Die ander een was reg. Heerlik. Toe gaan verander Toortsie net aan een item. Sy het altyd winkelgrenadellapulp gebruik, maar dit het mos suiker in. Nou het sy vars grenadellas gebruik. Fout. Resep sal weer verander moet word. Ai toggie. Dis nou te suur. En meer xylitol saam met die roomkaas krap haar keel.
Tee. O ja, tee. Sy het tee aangebied. Sy kom nie by die tee uit nie. Tè veel geselsies wat haar aandag aftrek. Toortsie staan met ‘n leë suikerpot en melkbeker in haar hande. Aalsie sien wat aan die gebeur is. En begin tee maak. En help Toortsie kophou. Sy gee kort instuksies, nie opdragte. Soos vir iemand wat ‘n stilstaande kop het. Nog ‘n vriendin kom in. Aalsie kyk Toortsie in die oë. “‘n Koppie vir jou, Toortsie. Koppie.” Alles verloop glad. Die ander kom niks agter nie, of dalk kom hulle dit agter, maar sê niks.
Dankie Aalsie, jy was ‘n ster!
Toortsie





Ons is mos familie, is dit nie?!
LikeLiked by 1 person
Jajaaaa en niemand kan dit van ons wegneem nie. 😁
LikeLike
Wees dankbaar vir ‘n bietjie stilstand. Jou kop hol mos altyd rond. Sterkte vir pad vorentoe 😊
LikeLiked by 1 person
My kop naak my moeg! Hy moet besef ek raak oud!
LikeLiked by 1 person
Hoop jy voel so trots op jouself; so trots soos wat ons op jou is. Wie is die kombuisdwergies rondom jou? 🙂
LikeLike
Dankie. Die reus en die dwergies! Oeeee ek praat nie uit nie. 🤫
LikeLiked by 1 person
Sterkte vir jou!!
LikeLike
Waar het my kommentaar heen verdwyn?
LikeLiked by 1 person
Ek sal hom gaan soek.
LikeLike
Kom ek sê weer: Ons drie goue vroue! Dankie dat jylle vir Toorts help kophou het, ons weet mos al wat kan gebeur as haar kop gaan stilstaan…🙄🤔🥰
LikeLiked by 1 person
😳🤔🥴😝 wat, Una? Jy sal moet vertel!
LikeLike
Met n goeie vriendin kan mens ver kom
LikeLiked by 1 person
Wat praat jy! Kyk hoe het jy my daai ander dag help kophou!
LikeLike
Ek is so bly dat die Here al my maatjies so gemaak het. Hulle weet wanneer om in te gryp. 😊
LikeLike
Suiwer uitputting! Gelukkig was daar trawante om te help.
LikeLiked by 1 person
Toetentale uitputting. Vanmiddag het ek ‘n hond uit ‘n bos geslaap. Of is dit nou ‘n bos uit ‘n hond? 🙊
LikeLiked by 1 person
Rigtingwysers op jou pad, daardie vriendinne.
LikeLiked by 1 person
Absoluut. ❤️
LikeLike