Toortsiekombuis

Hier word gewoel en gewerskaf in die Toortsiekombuis. Die rook trek soms letterlik en figuurlik. Ons maak kos en proe en verander aan resepte en en en vir boek 3. Dis fototyd.

Wanneer die resepteboek al in hierdie formaat is, beteken dit dat die navorsing gedoen is, kos honderde male gemaak is, resepte geproe en verander is, daar baie Toortsieliefde in is. Drie jaar se kosmaak …
Elke resep word geredigeer vir spelfoute, tikfoute. Is elke bestanddeel wat genoem word in die metode, in die lys van bestanddele en andersom? Maak die metode sin?
Fotograaf: Lize Venter
Watter bak moet ons gebruik??? Toortsie maak die kos terwyl Lizelle du Toit se kop oortyd werk om dit mooi te stileer en Lize Venter die mooiste foto’s neem.

Fotograaf Lize Venter

Soms dwaal Toortsie se aandag en dan is iets verbrands lekker en sal dit moet oorgemaak word, want verbrands lekker kos hoort nie in ons boek nie.
Mooi, né? Beslis lekker ook! Ek belowe. Fotograaf Lize Venter. Stilis Lizelle du Toit. Kok: Madelé Burger (Toortsie)
Mmmmmmm. Fotograaf Lize Venter. Stilis Lizelle du Toit. Kok: Madelé Burger (Toortsie)

Toortsie 3, is dit nie?

29 thoughts on “Toortsiekombuis

  1. Toe ons mekaar “leer ken” het, was ons kombuis presies een vierkante meter groot. Ons trek darem al by so 6vk m. Klein kombuisies huisves klein smake. Jou fotograaf is fantasties want min mense kan regtig kos afneem. Ek moet dalk blog oor hoe ek my naam Kimberley gemaak het eendag in Simonstad……….

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Bondelsgedagtes Kanselleer antwoord