Hier word gewoel en gewerskaf in die Toortsiekombuis. Die rook trek soms letterlik en figuurlik. Ons maak kos en proe en verander aan resepte en en en vir boek 3. Dis fototyd.
Wanneer die resepteboek al in hierdie formaat is, beteken dit dat die navorsing gedoen is, kos honderde male gemaak is, resepte geproe en verander is, daar baie Toortsieliefde in is. Drie jaar se kosmaak …
Elke resep word geredigeer vir spelfoute, tikfoute. Is elke bestanddeel wat genoem word in die metode, in die lys van bestanddele en andersom? Maak die metode sin? Fotograaf: Lize Venter
Watter bak moet ons gebruik??? Toortsie maak die kos terwyl Lizelle du Toit se kop oortyd werk om dit mooi te stileer en Lize Venter die mooiste foto’s neem.
Fotograaf Lize Venter
Soms dwaal Toortsie se aandag en dan is iets verbrands lekker en sal dit moet oorgemaak word, want verbrands lekker kos hoort nie in ons boek nie.
Mooi, né? Beslis lekker ook! Ek belowe. Fotograaf Lize Venter. Stilis Lizelle du Toit. Kok: Madelé Burger (Toortsie)
'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
A Flashlight whose light shines everywhere, even on places where it is not so comfortable.
Beskou all artikels deur Toortsie
29 thoughts on “Toortsiekombuis”
Jy kan dankbaar wees vir daardie groot kombuis!!! Geniet die bak en brou ❤
Toe ons mekaar “leer ken” het, was ons kombuis presies een vierkante meter groot. Ons trek darem al by so 6vk m. Klein kombuisies huisves klein smake. Jou fotograaf is fantasties want min mense kan regtig kos afneem. Ek moet dalk blog oor hoe ek my naam Kimberley gemaak het eendag in Simonstad……….
Ek is ook nou sommer lus vir bak en brou aan die heerlike resepte. Jy wikkel darem vreeslik. Geniet elke oomblik, as dit klaar is sal jy kan se: het ek dit gedoen? Ongelooflik maar heerlik.
Jy kan dankbaar wees vir daardie groot kombuis!!! Geniet die bak en brou ❤
LikeLiked by 1 person
O Kameel ek is mal oor my kombuis.
LikeLiked by 1 person
Kan dink jy is want jy is ‘n kosmens 😊
LikeLiked by 1 person
❤️ Maar Vrydag wil ek asb nie kos sien nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het ‘n goeie plan…. laat Kobus jou uitvat vir ete!!!
LikeLike
Hier is gelukkig baaaaaie gaar kos. 😁 maar jy het ‘n uitstekende plan! 👏🏻👏🏻👏🏻🥂
LikeLiked by 1 person
Ek bewonder jou werklik, jy is een unieke mensie. Ek dink jy verdien nie net ń uiteet nie, sommer ń naweek van bederf, iewers heerlik.
LikeLiked by 1 person
Ahhhh Trommeltjies! ❤️
LikeLiked by 1 person
Eintlik wil ek nou net slaaaaaappp.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, Toortsie, dit lyk besonders.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Dit lyk alles liplek lekker
LikeLike
Dankie Appeltjie
LikeLike
Jinne maar jy is oulik. Ek is nou honger..
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Toe ons mekaar “leer ken” het, was ons kombuis presies een vierkante meter groot. Ons trek darem al by so 6vk m. Klein kombuisies huisves klein smake. Jou fotograaf is fantasties want min mense kan regtig kos afneem. Ek moet dalk blog oor hoe ek my naam Kimberley gemaak het eendag in Simonstad……….
LikeLiked by 1 person
Sy is regtig ongelooflik. My kosboeke was die eerste kosfoto’s wat sy geneem het. En haar na is die stilis. Ook uitstekend.
LikeLiked by 1 person
Die boek van jou wat ek het, is ‘n lus vir die oog en watertand. Foto’s is voortreflik.
LikeLiked by 1 person
Hulle raak al hoe beter.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek is ook nou sommer lus vir bak en brou aan die heerlike resepte. Jy wikkel darem vreeslik. Geniet elke oomblik, as dit klaar is sal jy kan se: het ek dit gedoen? Ongelooflik maar heerlik.
LikeLiked by 1 person
Net rof om 2 fotosessies in een week te hê.
LikeLike
Sal glo want dis tweekeer in n week se voluit voorberei en regmaak.
LikeLiked by 1 person
En nou is ons nog nie heeltemal klaar nie. 🙈
LikeLike
Dis beslis uitputtend, nie net die voorbereiding nie maar ook die voortspomende sessies wat nie voltooi kom nie. Dis darem nou amper reg.
LikeLiked by 1 person
Ai nognie klaar nie. 🙈
LikeLike
Sug. Sterkte jong, nou nie meer so lank nie.
LikeLiked by 1 person
Nee wat. Great things never came from comfort zones. 😊 ( nie my eie woorde)
LikeLike
Netso.
LikeLike