God is goed vir my

Ja, God is goed vir my. Ek sê dit so graag en so maklik. Want Hy ís goed vir my. Ek sien Sy hand in elke ding wat ek doen. In elke iets wat ek regkry. Hy gee vir my die energie om goed te doen, die idees, die geleenthede.

Wanneer ek sê dat God goed is vir my, is dit nie ‘n pêwê nie, ‘n ‘kyk wat het God nou weer vir my gegee’, ‘n whêlakepêla, ‘n ‘ek is tog beter as jy’, ‘n ‘kyk hoe oulike is ek’ nie. Wanneer ek sê Hy is goed vir my is dit ‘n uitroep van dankbaarheid, van verwondering om te dink die Grote God, die Heerser oor die Wêreld, die Allerhoogste, weet ook van my! Is betrokke by my! Elke sekond van my lewe! Is dit nie wonderlik en kosbaar nie?

Nie net in goeie tye nie, ook in die slegste van tye is God goed vir my. Ja! Hy is. In die slegste van tye gee Hy vir my krag om daar deur te gaan. Gee Hy vir my hoop. Wysheid. ‘n Helpende hand. Uitkoms. En net vir as jy dalk wonder, ek kén ook slegte tye. Soos Appeltjie sê: ‘en die wete is daar dat 2 Groot Sterk Hande my help opstaan’ wanneer jy val.

Hier is die goeie nuus. God is nie net goed vir my nie, Hy is regtig goed vir elkeen van ons. Ook vir jou! Hy is dalk op ‘n ánder manier goed vir my as vir jou, want ons almal verskil. Ons omstandighede verskil. Maar Hy is beslis goed vir jou ook. As jy dit nog nie raaksien nie, begin doelbewus daarvoor uitkyk. Want weet jy wat? Sodra jy dit begin raaksien, skamerig begin erken, gaan jy dit al hoe meer raaksien! Regtig! En later kan jy ook net in verwondering staan, want Hy is so verskriklik goed vir jou!

Toortsie

9 thoughts on “God is goed vir my

  1. Dit is ‘n wonderlike gawe om Sy Hand in alles te kan sien; soveel mense rondom my, veral in die stad, sien alles as ‘toeval’ of ‘wetenskap’ maar kan nie dan die tydsbereking verklaar nie. Ons sien elke dag soveel wonderwerke in ons tweetjies hier se lewens.

    Liked by 1 person

  2. Ja, amen! Ons pastoor sê ons God is nie goed nie, maar eerder… ons God is beter, want Hy is altyd ‘n paar treë voor ons, besig om die pad vir ons gelyk te maak. Hoe kan ons dit ooit verstaan?

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s