Skryf

Trisa Hugo het hierdie by die Lekkerleesboekklub geskryf.

Trisa Hugo, Maankind, het bogenoemde by die Lekkerleesboekklub op Facebook geskryf waarop die volgende kommentaar gelewer is deur Ben le Roux:

‘Soms, in die soeke na perfeksie, gaan dit soos met ‘n skrywer in een van Camus se boeke. Hy het nie verder as die eerste sin gekom nie.
Dag vir dag het hy dit verander net om die volgende dag, ontevrede daarmee, dit te weer te verander.’

Skryf is ‘n werkwoord. Ek is mal oor skryf, wie sou dit ooit kon voorspel? Dis ‘n manier waarop ek van die baie woorde wat in my kop maal, kan ontslae raak. Dis ‘n manier van kommunikeer. Dis lekker.

Maar ek kan net skryf as die woorde daar is om te skryf. Ek kan nie woorde uitdink nie. Die woorde moet self kom. Die woorde besluit self of hulle geskryf wil word of nie. En dan is dit ook so dat wanneer ek die minste tyd het vir skryf, die besigste ooit is, die skryfwoorde kom soos ‘n rivier wat oorstroom en dan kan ek net vir hulle so in die verbygaan kyk hoe hulle in die see in loop, totaal verlore. Want ek kan nie agterná dit wil loop skryf nie, dan werk dit nie.

Ek vertel vir iemand van NaNoWriMo wat in November is. Gits! Dis oor minder as TWEE weke! 😳🙈🙊 Dat ‘n mens dan 50 000 woorde moet skryf in die maand van November. Dit beteken 1667 woorde per dag. Waarop sy antwoord, ‘dis verskriklik! En dan moet alles nog sin maak ook!’ Waarop ek antwoord, ‘nie nodig vir sin maak nie. Dit is net rofwerk. Jy dien dit nie in nie, gee net daagliks verslag van die aantal woorde wat jy geskryf het. Die sin maak en orden kom later.’

En dít dink ek is die grootste struikelblok waarom soveel mense wat graag wil skryf, dit nie doen nie, soos Ben le Roux gesê het. Ons moet in die eerste plek net skryf wat op ons harte lê. Al is daar foute in. Selfs al maak dit nie sin nie. Skryf net. Ons kan ná die tyd redigeer.

Ek voel dat Trisa se woorde vir elkeen wat iewers woorde neerpen, waar is. Op ‘n brief, e-pos, blog, boek, waar ook al. Dankie vir die mooi woorde, Trisa. Dit is ook vir jou waar.

Lekker skryf. Geniet dit net.

Toortsie

28 thoughts on “Skryf

  1. As mens eenmaal in n roetiene kom om elke dag n 15 of 20 minute te sit en skryf. Skryf net wat in jou opkom as jy nie leidraad gebruik nie. Op einde voel mens rusteloos asof iets kort as jy nie geskryf het nie. Dan die hoeveelheid woorde is ook nie die belangrikste nie want eenkeer is dit minder en ander kere skryf mens dubbeld die hoeveelheid.

    Liked by 1 person

            1. Trauma Tot Triomf. Ek gaan kyk na Bybelfigure wat erge trauma beleef het en hulle triomftog. Nie my eie stories vertel, maar my eie ervaring en kennis gebruik om die boek te skryf.

              Like

                    1. Nee, alles is nog nie klaar geneem nie. Ons gaan nog Donderdag ook neem. Die fotograaf verwerk nog eers die foto en dan gaan die grafiese ontwerper self besluit watter foto’s sy wil gebruik.

                      Like

Gesels saam, asseblief!