
Trisa Hugo, Maankind, het bogenoemde by die Lekkerleesboekklub op Facebook geskryf waarop die volgende kommentaar gelewer is deur Ben le Roux:
‘Soms, in die soeke na perfeksie, gaan dit soos met ‘n skrywer in een van Camus se boeke. Hy het nie verder as die eerste sin gekom nie.
Dag vir dag het hy dit verander net om die volgende dag, ontevrede daarmee, dit te weer te verander.’
Skryf is ‘n werkwoord. Ek is mal oor skryf, wie sou dit ooit kon voorspel? Dis ‘n manier waarop ek van die baie woorde wat in my kop maal, kan ontslae raak. Dis ‘n manier van kommunikeer. Dis lekker.
Maar ek kan net skryf as die woorde daar is om te skryf. Ek kan nie woorde uitdink nie. Die woorde moet self kom. Die woorde besluit self of hulle geskryf wil word of nie. En dan is dit ook so dat wanneer ek die minste tyd het vir skryf, die besigste ooit is, die skryfwoorde kom soos ‘n rivier wat oorstroom en dan kan ek net vir hulle so in die verbygaan kyk hoe hulle in die see in loop, totaal verlore. Want ek kan nie agterná dit wil loop skryf nie, dan werk dit nie.
Ek vertel vir iemand van NaNoWriMo wat in November is. Gits! Dis oor minder as TWEE weke! 😳🙈🙊 Dat ‘n mens dan 50 000 woorde moet skryf in die maand van November. Dit beteken 1667 woorde per dag. Waarop sy antwoord, ‘dis verskriklik! En dan moet alles nog sin maak ook!’ Waarop ek antwoord, ‘nie nodig vir sin maak nie. Dit is net rofwerk. Jy dien dit nie in nie, gee net daagliks verslag van die aantal woorde wat jy geskryf het. Die sin maak en orden kom later.’
En dít dink ek is die grootste struikelblok waarom soveel mense wat graag wil skryf, dit nie doen nie, soos Ben le Roux gesê het. Ons moet in die eerste plek net skryf wat op ons harte lê. Al is daar foute in. Selfs al maak dit nie sin nie. Skryf net. Ons kan ná die tyd redigeer.
Ek voel dat Trisa se woorde vir elkeen wat iewers woorde neerpen, waar is. Op ‘n brief, e-pos, blog, boek, waar ook al. Dankie vir die mooi woorde, Trisa. Dit is ook vir jou waar.
Lekker skryf. Geniet dit net.
Toortsie
Skryf raak verslawend.
LikeLiked by 1 person
Jaaaaa. True. Maar dis ‘n lekker en gesonde verslawing. 😁
LikeLike
As mens eenmaal in n roetiene kom om elke dag n 15 of 20 minute te sit en skryf. Skryf net wat in jou opkom as jy nie leidraad gebruik nie. Op einde voel mens rusteloos asof iets kort as jy nie geskryf het nie. Dan die hoeveelheid woorde is ook nie die belangrikste nie want eenkeer is dit minder en ander kere skryf mens dubbeld die hoeveelheid.
LikeLiked by 1 person
Vir Nano het jy darem so 2 ure per dag nodig. Daardie raad wat jy gee is uitstekend.
LikeLike
Ek vind regtig baat daarby om so n tydjie af te knyp om net die gedagtes neer te pen wat opkom.
LikeLike
Waaroor skryf jy vanjaar? Nog memoirs as ek reg het?
LikeLike
Ja dis nou my ernstige grootmens memoirs wat ek wil skryf. Baie alreeds geskryf maar ek gaan dit meer tematies hierdie keer doen nie jaarliks nie. Waaarop het jy besluit?
LikeLiked by 1 person
Trauma Tot Triomf. Ek gaan kyk na Bybelfigure wat erge trauma beleef het en hulle triomftog. Nie my eie stories vertel, maar my eie ervaring en kennis gebruik om die boek te skryf.
LikeLike
Dit klink baie goed. Om die trauma na triomf toe te bring gaan n goeie verduideliking gee veral omdat dit uit jou eie oogpunt en gevoel gaan wees.
LikeLiked by 1 person
Ja. Ek glo dat as jy jou trauma met God se hulp hanteer, Hy dit kan verander in triomf.
LikeLike
Beslis, ek kan self daarvan getuig.
LikeLike
Baie sterkte vir joune!
LikeLike
Het vandag n goeie sortering gemaak van wat ek wil skryf. Het n hele paar programme voltooi wat oor memoirs gaan waar goeie voorbeelde en idees is om te gebruik. Sterkte vir jou ook. Kan amper nie wag om te begin nie.
LikeLiked by 1 person
Ek neem vandag foto’s vir Toortsie 3. Behoorlik pê.
LikeLike
Sjoe jy wikkel. Is alles nou geneem? nou vir die uitsorteer om beste fotos te kry. Jy het darem nou al ver gevorder.
LikeLike
Nee, alles is nog nie klaar geneem nie. Ons gaan nog Donderdag ook neem. Die fotograaf verwerk nog eers die foto en dan gaan die grafiese ontwerper self besluit watter foto’s sy wil gebruik.
LikeLike
Ook maar regtig n tydsame ding. Geen wonder die ouens kan so baie geld vra vir hul werk nie. Hul moet beslis vaardig wees.
LikeLiked by 1 person
Ja, dit is regtig harde werk.
LikeLike
Baie sweet en uithouvermoë ook gebruik.
LikeLiked by 1 person
Skryf is so kekker. Ek moet dit meer doen!
LikeLiked by 1 person
Jaaaa. Jy kan gerus meer skryf. Jy skryf so goed.
LikeLike
Maar die tikkery kry my onder
LikeLike
Jy moet ‘n bietjie kyk, daar is mos programme watjy kan praat en dan tik die rekenaar …
LikeLike
Ek stem saam met jou Toortsie, skryf is euntlik ook ‘n vorm van terapie. Mens kan die emosies uit jou uit skryf en daarna sommer ligter voel.
Geniet NaNoWriMo sommer baie!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek het hierdie jaar ‘n uitdagende onderwerp: Trauma tot Triomf.
LikeLike
Ek moet glimlag, hier is woorde en sinne en paragrawe wat my dringendheid om te skryf totaal vasvat.🌺
LikeLiked by 1 person
Hoe bedoel mevrou dan nou?
LikeLike
Kyk, as ek nie dadelik skryf nie is dit verby. Totaal.
LikeLike