Die beginsel van oortuiging en keuse (TPM)

Hierdie bloginskrywing skryf ek aan die hand van die TPM (Transformasie gebedsbediening SA) se studentehandleiding, maar ook uit die ondervinding wat ek reeds deur TPM-sessies met myself en andere opgedoen het.

Wat ons voel, hoe ons reageer op iets, is nie die gevolg van wat iemand anders aan ons gedoen het nie, maar wel van wat ons werklik glo. Wat ons glo, die kernoortuiging wat ons het wat ons laat reageer soos wat ons wel reageer, kom die meeste van die tyd uit iets wat gebeur het toe ons nog klein was, gewoonlik onder die ouderdom van 12 jaar. Baie keer is die insident nie eers verwant aan wat ons nou ontstel nie. (Ja, ander mense kan baie lelike dinge met ons doen, daaroor stry ek nie! Wat ons egter daaroor voel is ons eie.)

Wat gebeur is dat daar kleintyd iets gebeur het, soms selfs iets belagliks, soos dat ek op verkeerde tyd iets gesê het in my kleinkindonkunde en dan begin glo dat ek ALTYD die verkeerde ding sê. Of iemand het nie met my gespeel nie en nou glo ek dat ek NIE GOED GENOEG IS NIE. Of watter rede ookal. Soms het daar regtig slegte dinge met my gebeur wat ek verkies om eerder in die drein af te gooi en die dreindeksel daarop te hou en dit NOOIT WEER op te tel nie.

Ongelukkig bly ons daardie waninterpretasie wat ons dalk gemaak het wat nie waar is nie, glo en sou ons as volwassene daarna kyk, kan ons in ons kop die waarheid weet, maar wanneer iets gebeur, kom daardie ou geloofsoortuiging weer op die voorgrond en tree ons op volgens daardie oortuiging, selfs al is dit nie waar nie.

Daarom is dit nodig dat wanneer ons ontsteld raak oor iets, ons ondersoek instel oor hoekom is ons regtig ontsteld. Was dit ‘n geval dat ek onseker gevoel het? Of nie goed genoeg nie? Laat dit my soos ‘n niks voel? Asof ek geen beheer het nie? Asof ek totaal alleen gelaat is? Bang om ‘n fout te maak? Wat is die regte rede dat ek so voel?

Met TPM (Transformation Prayer Ministry) gebruik ons die toerusting in ons hand in samewerking met God tydens ‘n gebedsessie en die regte vrae en as die kliënt kies om daardie deksel op te lig en die pyn in die oë te kyk, by die wortel van daardie leuen uit wat ons glo, daardie leuen wat vir ons die waarheid is. God gee dan vir die persoon perspektief. Die persoon kry nuwe waarheid en word dit wat sy deur haar ervaring altyd verkeerd geglo het, reggestel. Met God se hulp. Op God se manier. En dis een van die dinge waaroor ek keer op keer in verwondering staan: Hy praat met elke persoon op ‘n manier wat daardie persoon sal verstaan. Nie noodwendig wat ek verstaan nie, maar wat vir daardie persoon sal werk. Op sy eie manier.

En wanneer die persoon eers sy kernoortuiging deur ervaring en waarheid van God verander, is dit soos dominoes wat val. Elke keer wat die persoon daardie leuen geglo het in sy lewe, elke keer wat daardie spesifieke leuen hom ontstel het, is skielik opgelos omdat die persoon nuwe waarheid ontdek het. Elke keer het die persoon ‘n treetjie vorentoe gegee. Onmiddellik en totaal opgelos. Soms word daar egter ‘n hele paar leuens tydens so ‘n kinderjaregebeurtenis geglo en mag daar weer in ‘n volgende sessie na dieselfde gebeurtenis verwys word om die ander leuens ook uit te sorteer.

Dit bly egter die kliënt se eie keuse of hy die deksel gaan optel of nie. Of hy bereid is om sy pyn in die oë te kyk of nie. Want God is ‘n Ware Heer, ‘n Gentleman wat Homself nooit op mense afdwing nie. Maar vir die persoon wat bereid is om vorentoe te stap, selfs te vergewe waar nodig, bring Hy ongelooflike verligting. Heling.

Tydens ‘n TPM-sessie beweeg ons op heilige grond en ons respekteer dit en hanteer dit met die grootste deernis, respek en heiligheid.

Toortsie

Ja, ander mense tree nie altyd reg teenoor ons op nie. En as ons deur TPM daarna kyk, maak dit nie die ander persoon se verkeerde optrede reg nie. Wat egter gebeur is dat ek heel word, ek God toelaat om my pyn reg te maak.

5 thoughts on “Die beginsel van oortuiging en keuse (TPM)

  1. Outannies kla heeldag en hulle kla heeldag oor ou omies vol draadwerk en hulle is vol draadwerk omdat ou tannies heeldag mor oor nietighede. Mens moenie die natuurlike agteruitgang van die brein onderskat nie. Ek is waar ek sien hoe mense se toleransie (kan vandag nie die mooi Afrikaans onthou nie!) afneem en hoe hulle begin vitterig raak, loop en neulk soek met almal en ek dink hulle bedoel dit nie, maar kan later nie meer goed onderskei nie, nie goed emosioneel in beheer bly nie, of verstaan wat ander bedoel nie al verstaan hulle die woorde – die begrip raak verlore. En ek dink dis waarmee ouer mense toenemend sukkel in ‘n wêrel wat envoudig te vinnig versnel.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap na Anonimicus Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s