Wat as?

AJ vra ‘n baie belangrike vraag: wat as daar regtig gesensor word? Wat as jy vrae vra of dinge op jou blog skryf en dit net verdwyn?

Dit ís seker nodig dat sekere dinge gesensor word. Ek het al vieslike goed op blogs gesien wat ongevraagd in jou gesigveld verskyn. Maar ook ek het soms iets wat ek regtig wil skryf, regtig van my hart af wil kry, maar durf dit nie doen nie.

Soos die destydse belaglike covidreëls wat almal nou besef hoe belaglik dit regtig was, maar so slaafs nagevolg was en jy die vark in die dorp sou wees as jy selfs durf dink dat dit belaglik is.

Ek sou graag my eerlike opinie oor die gaykwessie wou uitspreek, maar kan nie. Durf nie. Want daar sal waarde aan my woorde gegee word wat ek nie daar gesit het nie. My woorde sal verdraai word, dit maak nie saak wát ek skryf nie, iemand sal iets oorkom, of dit nou vír of téén die gays is wat ek skryf.

Plaasmoorde. As boervrou is dit vir my verskriklik. ‘n Realiteit. Maar as ek sou opstaan teen plaasmoorde, in verset swart dra, deelneem aan ‘n vreedsame optog, is die gevaar groter dat die aanvalle selfs gaan verhoog, sommer net uit weerwil en daarom is ek eerder passief hieroor, bang dat ek veroorsaak dat nóg iemand ‘n teiken word.

Soos die Halaalteken op ons kos wat aan ons verkoop word dat dit is om te wys dat daar nie vark in is nie. Dat dit rein is. Maar hoekom is daar ‘n Halaalteken op neute, op suiker, melk, sout, op letterlik alles wat ons koop? Besef ons dat ons sodoende Moslembelasting betaal op alles wat ons koop? Dat ons Islam ondersteun, selfs al wil ons nie? Dat ons as verbruiker ‘n sekere persentasie van die koopprys van daardie produk aan Islam betaal as daar ‘n Halaalteken op is? Dít terwyl Islam in die minderheid in ons land is? Dat ons Islam sodoende bevorder?

Iemand het een keer gesê ons skeur al die blaaie in die Bybel waarvan ons nie hou nie, uit. Ons lees net die blaaie waarvan ons hou. Die probleem is, ons Bybeltjies raak uiters dun deesdae. Selfs die kerk moet deesdae uit dun Bybeltjies preek.

Soms wonder ek of my Toortsieliggie nog doen wat hy moet doen: om lig te bring. Om in donker hoekies in te skyn waar mense nie regtig lig wil hê nie. Om oor dinge te praat en te skryf waarvan mense nie hou nie. Want alles wat jy skryf moet afgewater wees, polities korrek, liefdevol, tog nie op tone trap nie … want God is net liefde. Ja, God IS liefde, maar God is regverdig. God het die sondaar lief, maar Hy HAAT sonde, soveel so dat Hy bereid was om Sy Seun te laat sterf. God se Woord praat sonde teë, Hy roep ons op om dinge op die naam te noem. Hy roep ons op om te veg teen dit wat verkeerd is. Om vreesloos te wees.

Dit is al vir jare my gebed dat ek Sy Lig sal uitdra. Dat ek vreesloos sal wees. Wysheid en insig sal hê.

Tog vrees ek. Is ek bang vir die pyle wat sal kom as ek dalk iets skryf wat ek nie moet nie. God het wel vir my iets duidelik gewys: Ek moenie profeet wees as ek kwaad is nie, want dan kom die waarheid te rou uit.

Wat as? Wat as ek my roeping voluit uitleef? Wat as ek eerlik kan skryf oor dinge wat besig is om verkeerd te loop in ons wêreld? Wat as?

Toortsie

30 thoughts on “Wat as?

  1. Dis so moeilik want een persoon se sonde is ‘n ander een se erfenis agv sonde. So ek verkies om liefde te preek. As liefde die grootste is, en ek probeer liefde doen, dan leef ek God se boodskap. As ek rondloop om iets te soek wat verkeerd is sodat ek kan waarsku en teenpraat en soms ‘n bohaai maak (soos wat mens dikwels kan doen in die hitte van die oomblik en met jeugdige voortvarendheid), staan ek die kans om nie God se lig uit te dra nie. Ek verkies om weg te bly van plekke waar God se waardes nie uitgedra word nie. Maar die arme Moses het 1 keer oortree teenoor die Israeliete wat herhaaldelik vir 40 jaar teengeskop het en tog mog hy ook nie in die beloofde land ingaan nie. So ek kies om liefde te preek en te doen. En klem te lê op God se beloftes as om soos toe ons nog klein was net te moet hoor van sonde sonde sonde.

    Liked by 2 people

    1. Ek dink tog God het mense verskillend gemaak. Natuurlik moet ons liefde uitgee. Natuurlik moet ons in liefde optree. Tog het God verskillende roepings, verskillende werke vir verskillende mense. ❤️

      Like

  2. Ek verstaan wat jy hier skryf, Toortsie. AJ se uitdaging laat my net so aanmekaar diep dink oor my keuses. Sê ek iets of bly ek stil? Ek is ń redelike people pleaser, ek besef dit. So ek bly maklik uit bek-gevegte.

    Liked by 3 people

  3. Hmmm, hoe se mens nou so baie in so min tyd. Groot vraag die Toortsie. Ons word klaar so gesensor , dalk nie soveel hier soos in States en ander plekke nie ( en ek wys hier op die kaart waar ek is) . Ek luister nie nuus nie, kyk dit nie want alles van dit word beheer, Wat gese mag word ens. Ek het nou reel dat sodra mense goed aanhou afhaal van social media af, dan weet ek let maar op want hier is iets aan die gang.
    Ek het geen probleem met enige geloof nie, ek het probleem met mense se interpretasie wat hulle op ander wil afdruk, van watter kant ookal. Sien ek mense daagliks wat liefde uitleef, totaal ja en dit is amazing. Sien ek mense daagliks wat “gesien” wil word oor hoe gelowig hulle is, elke dag. Vir my, if you are a lady, no need to talk and prove it, mense weet sommer want jy leef dit (soos Frannie wat ek nog nooit ‘n dag in my lewe gesien het nie, maar mens voel dit sommer). Baie, baie dun lyn daai, seker maar soos kuns. Feit dat jy dink iets is aaklig of duiwels of donker meen nie dit is nie kuns nie- interpretasie…
    Oor wanneer se jy iets en wanneer nie. Maak soveel sin wat jy skryf oor dinge, ek verstaan dit. Ek het maar weird streep weg en sukkel om my mond te hou. Ek probeer regtig dink aan “be kind”, kan nie se dit werk altyd nie. Ek wel besef met my as ek luister om te hoor en nie luister om te reageer nie werk dit beter. Ek begin regtig op ouderdom kom wat ander mense se opinie oor my hulle saak is en glad nie my indaba nie en dis nogal libirating.
    Moet nooit jou liggie dof maak vir enige iemand nie, of jy iets se of nie, iemand sal wel een of ander ding dink, se , bespreek en jy kan dit nie keer nie. Solank jou hart vrede het en jy “kind is”. Jy is en bly amazing

    Liked by 1 person

  4. Keep shining your light, Toortsie. I agree that we have to be careful when expressing our views in the public realm for, as you point out, they can be misinterpreted or taken out of context. YET, you manage to be a guide in your own way towards what is right and remind us to think for ourselves and to be a model for others.

    Like

    1. My roeping is om profeet te wees, om soms dit wat nie gehoor wil word nie, te sê. As ek kies om dit nie te doen nie, raak ek ongehoorsaam aan God. Dis net nie altyd maklik nie. Elkeen van ons het ‘n ander roeping. Sommige het genadiglik ‘n sagter aanslag, waarvoor ek baie dankbaar is. Ek beny hulle dit.

      Liked by 1 person

  5. Jou lewe moet getuig….. dit is vir my die belangrikste. Praat wanneer die.Gees jou lei want dan praat die Heilige Gees en nie jy nie. (Ek bedoel al God se kinders en nie net Toortsie nie.) ❤

    Liked by 1 person

  6. Ek wil ook graag sê hoe ek voel….wil sommer doen ook soos ek voel, soos ek gister in n’ een en n half miljoen rand se kar se gat wou injaag net omdat hy ‘n handvol sente in n besige pad gooi sodat vier honger kindertjies tussen karre deur moet hardloop en optel….en hy lê soos hy lag in sy kar. ek wil nie net praat nie, ek raak so kwaad en gefrustreerd dat ek wil doen….

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!