Of jy dit nou doen vir die ervaring daarvan of vir die lekker of omdat jy iets het wat jy graag wil verwerk, jy gáán dinge oordink of jy nou wil of nie. Want, sonder dat jy dit eers weet, neem jy vir JOU ook saam op so ‘n tog. Stap JY saam. Jy kan nie vir JOU by die huis los en alleen gaan stap nie. Selfs al word jou bagasie vir jou aangery, dra jy jou bagasie met jou saam. Jou innerlike bagasie.
Nog nooit het Ps 121 soveel waarde gehad soos tydens hierdie staptog nie. Vier dae in die berge. Met God as my helper. Wanneer jy treetjie vir treetjie moet konsentreer waar jy jou voet moet neersit en dit selfs dán ook onder jou uit gly. Wanneer jy gly en in die keerproses jouself pootjie en onbeskermd val en jou kop nié ‘n vieslike klip tref nie weet jy jou Bewaarder sluimer of slaap nie.
Ja, ek hét ook ‘n stukkie bagasie afgegooi. God hét vir my ‘n stukkie waarheid gebring. ‘n Las van my skouers afgegooi. Sonder dat ek dit vooraf beplan het. Maar dis mos wat ‘n Camino is, dan nie?
Ek wens hierdie wonderlike ervaring toe vir enige persoon wat fisies sterk en fiks is. Ek wens almal kan dit doen.
Toortsie

Daai donkie dink sekerlik: mense! Dis hoekom 4 bene nodig is
LikeLiked by 1 person
Ja!
LikeLike
Klink na ‘n kopskoonmaker, hierdie plaaslike Camino! Is dit net vir blogdoeleindes, of het julle geaffilieeer by dié Camino?
LikeLiked by 1 person
Ek het dit gestap. Enige persoon kan dit doen. Jy kan gerus by Instagram hulle soek. Baviaans Camino. Hier is heelwat camino’s in SA. Ek begin hulle nou een-een ontdek.
LikeLiked by 2 people
Ek bewonder jou. Jy is vir my ‘n wonderlike voorbeeld. Wow! 💖
LikeLiked by 1 person
Dankie! Jong, ek wonder darem van die voorbeeld.
Die adres wat jy by url moet intik as jy kommentaar lewer lyk so:
https://httpafrikaansegedigte.wordpress.com/
LikeLike
😂😂😂 mmm ek sukkel me al hierie blou adresse.
LikeLiked by 1 person
Geen probleem.
LikeLike
In my vorige lewe het ek dit gereeld en graag gedoen, nog voor dit ‘n camino genoem is. Toe was dit gewoon ‘n staptoer maar altyd met duidelike, meesal onbeplande, uitdagings. As mens iemand wil ken, neem hom saam berg toe. Wens so ek kon dit nog doen. Die mees epiese tog was Thomas Hut toe in die Brandwachtberge. Gaan kyk dit op GoogleMaps.
LikeLiked by 2 people
So bly jy wil my nie daar teen die bulte uit leer ken nie! Jy sou my daarna nie eers vir tee wil nooi nie! 😂
Maar ek bewonder julle girls! Julle het krag op baie vlakke…
LikeLiked by 2 people
Ek sou belis vir jou vir tee nooi. 😁
LikeLike
😘😘❤
LikeLike
Die glimlagte vertel alles!
LikeLike
Daai was val nr 1. Nr 3 was ietwat erger.
LikeLiked by 1 person
Bly jy is dan nog hier om ons daarvan te kan vertel!
LikeLiked by 1 person
Ja jong. Plaaskinders kom nie só gou iets oor nie! 😁🙈
LikeLiked by 1 person
Lyk my ek moes saamgegaan het. Ek sou vir ons nog baie meer grond gekoop het.
LikeLiked by 1 person
Praat jy! Dan het ons die hele roete besit. Die Goue Vroue! 😆
LikeLiked by 1 person
Ek gaan saam met Baaskind in November stap in Golden Gate….ek oefen nou al…
LikeLiked by 1 person
Dit klink heerlik!
LikeLike
Dis skynbaar nie so moordend nie maar ek het 5 jr laas gestap.
LikeLiked by 1 person
Oefen maar wat. 😁
LikeLike