Vandag was die laaste dag van die Baviaans Camino. Gelukkig kon ons gistermiddag lekker rus, want vandag het daar 33 km vir ons voorgelê.
Gestewel en gespoor en reg vir die koue is ons vanoggend weg en het in die pragtige Nooitgedachtvallei begin met ons dag. Vandag was die stap makliker, alhoewel daar steeds nog ‘n paar berge vir ons tande gewys het.
Ons het die eindpunt veilig gehaal. Alle eer aan die Here dat ons nie seergekry het nie. Dankie aan my man dat hy my so afgerig en gebrei het, vir elke keer wat ons Bredasdorp se berg gestap het en die Riversdalkoppe getakel het.
Ons het berg-oor gestap vanaf Steytlerville tot Kareedouw in vier dae. 18 bergbulte. Sekerlik net so baie bergaffe. 2500 meter geklim. 89 km in totaal gestap. Bergpad. Dit was ‘n erge staptog en ek sal aanbeveel dat iemand goed voorberei daarvoor. Maar as jy kan, doen dit! Dit was ‘n belewenis.
Dankie aan uitstekende organisasie, lieflike kos, vriendelike ondersteuningspan wat ons in die berg inwag met koffie, rooibostee, cup a soup, koekies, beskuit. Dankie vir heerlike versnaperings elke dag, lekker middagetes langs die pad. Dit was goed. Baie goed.
Ons het die Baviaansberge, Kougaberge en Suur Anysberg oorkruis. Baie min plat pad gestap.
Die warm ontvangs, dat ons ingewag is by die eindpunt, die heerlike afskeidsete was die toppunt.
Toortsie

Toortsie, jy is voorwaar dapper – en fluks – en fiks!!
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Frannie. Ek dink nie ek het heeltemal geweet waarvoor ek my inlaat nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit moes n fantastiese ervaring gewees het, Toortsie, en as ek mag hoop ek jy gaan ons nog in bietjie meer detail daarvan vertel en wys soos jy kans kry?
LikeLiked by 1 person
Dit was ‘n groot ervaring en ek is besonder dankbaar dat ek dit kon doen. Ek dog ek het reeds in detail vertel? Ek beveel ook aan: soek by Instagram Baviaans Camino.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Toortsie, ek gaan beslis so maak!
LikeLiked by 1 person
Jy moet tog loer, ek het elke dag geskryf.
LikeLike
Well done Toortsie – I am very impressed with your achievement!
LikeLiked by 1 person
Thank you. Ek is dankbaar.
LikeLike
Baie geluk. Ek kan nie glo dat n mens si ver kan stap in so min tyd nie, en dan nig bergop en bergaf! Jy moet suoerfiks wees .
LikeLiked by 1 person
Dankie. Iemand anders het dit gisteraand ook gesê.
LikeLiked by 1 person
Ek sou nie die storie agterna kon vertel het nie. Sou in die ambulans en op suurstof opgeëindig het! 😂
httpafrikaansegedigte.wordpress.com
LikeLiked by 1 person
Dan kon jy daarna vir kns due ambulansstorie vertel het! 😂
LikeLike
Sjoe, wel gedaan Toorts. Dis n oorwinning wat jy lankal wou aanpak en gedoen het nou.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie
LikeLiked by 1 person
Spanje roep steeds. ❤️
LikeLike
Jip, nou het jy n klein voorsmakie gekry.
LikeLiked by 1 person