Baviaans Camino -Dag 3

Ek moet dit baie duidelik stel: Ons is OOR die Baviaansberg, nie DEUR die Baviaans nie. Daar is ook ‘n staproete in en deur die Baviaanskloof, maar dit is ‘n ander een. Sonder om snaaks te wees: hierdie een is ‘n bielie van ‘n staptog. ‘n Meneer. Ek beveel dit graag aan, maar wees gewaarsku: as jy ouer is, moet jy ekstra goed voorberei wees.

Wat kan ek van vandag vertel? Dit was makliker as die eerste twee dae, maar beslis nie maklik nie. Die terrein waarop ons gestap het, was beslis minder grof en nie so glyerig soos die vorige twee dae op sommige plekke teen die afdraende nie. Ek het vandag geen val aangeteken nie, prys die Here. Ek is Hom ewig dankbaar daarvoor.

Kort nadat ons begin stap het, het dit begin reën. Ons was behoorlik nat. Sommige van ons deurnat. En kouddd. Ons het maar gedruk vir al wat ons het om klaar te stap en het so min as moontlik piekniek gehou langs die pad. Weer eens was die ondersteuning van die span wonderlik en het hulle ons iewers langs die pad ingewag met heerlike vuurwarm koffie, tee, sop, koekies, ens. Middagete is nie langs die pad geniet soos die beplanning was nie, omdat ons eerder so gou as moontlik by ons bestemming wou kom.

Ons het lekker gerus vanmiddag. Môre lê ‘n ekstra lang dag voor waar ons die laaste van die Kougaberg moet oor, asook die Suur Anysberg. Weer ‘n paar bergreekse voor.

Toortsie

13 thoughts on “Baviaans Camino -Dag 3

  1. Daai Dappermuisliedjie kom mos by my op as ek hier lees. Is darem al sestien of hoe kry jy dit reg om nog so jonk te wees? Ek het graag sulke goed gedoen maar ‘n mislukte rugoperasie het my handbriek vir 22 jaar opgetrek, net toe ek regom, was dit weer ataxia na ‘n CVA. So stap ons mar in die gees saam.

    Like

          1. By die Brandwachtberg is daar twee pieke met so ‘n stukkie tussenin; en 900m skuins af, reguit soos ‘n liniaal. Skuins en berg gaan nie goed saam nie. wens ek kon dit weer gaan doen

            Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s