Ek hoor vandag twee dinge: een, dat vliegkaartjies Europa toe nou blykbaar nie so verskriklik duur is nie en, twee, dat jy ‘n huis in Italië kan koop vir een dollar. Dus, met ‘n nie te duurvliegkaartjie en ‘n eendollarhuis klink dit mos wraggies na ‘n proposisie, of hoe?
Die fynskrif is blykbaar dat jy dan ‘n besigheidjie moet gaan doen daar. Glo om die ontvolking van die platteland teen te werk. Ook dít kan mos nie te moeilik wees nie, of hoe? My man kan ‘n groentetuin maak, ek kook elke dag ‘n groot pot sop vir die dorpie, my dogter maak klere, my seun bak brood, my skoonseun doen herstelwerk aan die huis en as die res van my gesin ook wil saamgaan, sal ons vir hulle ook nog elkeen ‘n werkie uitdink. Dit klink soos ‘n goeie plan, ons oorbevolk sommer net daar die dorpie! En ons verstaan mos platteland, dus geen probleem nie.
Maar die taal? Uhm. Die taal? Hoe bedoel mevrou dan nou? Die taal? Italiaans? Maar ek ken presto. En accelerando. En largo. En pianissimo. En majestiso. En forte en nog ‘n hele klomp ander Italiaanse musiekterme. Sal dit nie werk nie?
Of die Italianers ons spul uitlanders sal aanvaar, is natuurlik ‘n ánder vraag. Ons kan natuurlik sopaande hou waar ons die hele dorpie se mense nooi vir gratis sop, hulle moet net hulle eie sjerrie bring. Of ek kan vir die burgemeester ‘n bakkie sop neem. Of die eerste maand gratis sop uitdeel sommer net om vriendelik te wees.
Dit kan mos werk, of hoe?
Sjoe! Maar hoe sal ek ooit die res van die Italiaanse woorde geleer kry? Ek weet darem nie. Dalk moet ek eerder maar net gaan kuier en die eendollarhuis los. Ek dink dis ‘n baie beter plan!
Toortsie
Daai fyn skrif, o daai fynskrif. As dit te goed is om waar te wees, is dit dalk te goed om waar te wees.
LikeLiked by 1 person
Net so
LikeLike
Dis nou wraggies die moeite werd. Jy ken mos van dinge doen en uitdink. Die taal kom sommer vanself op die einde. Jy kan soos Christa mos maar jou woorde opsoek op jou foontjie en sie daar, opgelos. My st ses en sewe latyn het my nogal handig van pas gekom. Soos hul beduie en praat vang mens n paar woorde. Dis soos jou musiekwoorde.
LikeLiked by 2 people
😆
LikeLike
Jy’t die regte gees!
LikeLike
Dis hy, ek ken van nes jy ook.
LikeLiked by 1 person
Dit klink idillies!
LikeLiked by 2 people
Kom ons bly net luister na die klank daarvan. 😆
LikeLiked by 1 person
Ik kan wel zeggen dat Italie een mooi land is
Ik heb er jaren geleden een prachtige rondreis gemaakt.
Maar mijn Stad Tienen is ook mooi.
PS/ De groetjes van mijn Zuid-Afrikaanse buurvrouw.
Maar hier een zicht op mijn prachtige Tienen
https://groetenuittienen.blog/theo-herbots-fiere-inwoner-tienen/
Groetjes Theo
LikeLike
Die taal is nie groot probleem nie en dit is baie, baie groot probleem. Ek sal ook maar reis en huis toe gaan. Afrikaans beslis, Engels wanneer dit moet. Maar verstaanbaar, groot asseblief.
LikeLiked by 1 person
Hierdie klink na my en manlief se tipe uitdaging, een wat saam met hom beslis sal werk. Bertus is gebou vir so iets, maak oral vriende en planne, skrik glad nie vir vreemde tale nie.
LikeLiked by 2 people
Nou toe! Dan kom ons vir jou kuier!
LikeLike
Ek wou nog altyd ‘n villa in Italië hê. Sal bietjie met my kinders praat. Julle kan vir my kom kuier
LikeLiked by 1 person
Jippieeee! As jy nou so ‘n villa het en Una ook, kan ons mos by julle albei kom kuier!
LikeLiked by 1 person
Sal heerlik wees nê!!!
LikeLiked by 1 person
EK het die 1 dollar huis gaan uitkyk. En na die dorpies gaan kyk waar hulle dit oopstel. Dis net in een distrik. Fabelagtig mooi. Maar ek sal nie n besigheid daar kan bedryf nie….maar as ek alleen was sou ek wraggies. Maar die taal is moeilik.
LikeLiked by 1 person
Laat weet wanneer jy gaan. 😁
LikeLike
Dit klink na ‘n wonderlike uitdaging!
LikeLiked by 1 person
Dink dis bo my vuurmaakplek.
LikeLike
☺️
LikeLiked by 1 person