Groot opwinding in Goue Vroue land!

Soos soveel mense mos weet, is die Towerinne ‘n groep vroue wat saam opwindende stories skryf. Maar, soos almal ook mos weet het elkeen van ons ‘n stukkie goud in ons. Elke persoon in die wêreld het iewers ‘n stukkie goud. Soms moet dit nog net ontdek en ontgin word. 🙂

In die laaste storie wat ons geskryf het, het ‘n klompie van ons ons stukkies goud ontdek. Of eerder, ons het mekaar se goud ontdek. Appeltjie beskryf die storie as volg: ‘’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.’ In die proses het ons Alice in Wonderland behoorlik oorgeskryf met heelwat nuwe kinkels in die kabel.

Die groot opwinding? Hierdie storie is omgewerk, geredigeer tot ‘n regte egte e-boek. JA! Dit was weer eens ‘n spanpoging soos min! Om die waarheid te sê, ek staan eintlik verstom oor hoe vinnig en effektief die Towerinne saamwerk.

Nadat ons eenparig besluit het dat die storie ‘n e-boek moet word, het ek gou-gou al die hoofstukkie in een Google Docs dokument gesit en met almal gedeel. Almal kan mos gelyk werk op Google Docs. Elkeen het ‘n bydrae gemaak. Die een het al die foto’s verwyder en die onnodige verwysings na die e-links. ‘n Ander een het die ‘n-strepies omgedraai dat hulle reg lê. Nog een het al die hyperlinks verwyder. Almal het geproeflees, spelfoute reggemaak, oorgelees. Seegogga het die pragtige voorblad ontwerp.

Daarná is die boek volgens die spesifikasies van Smashwords, ‘n internasionale e-boekverspreider reggestel. Gisteraand is die e-boek gepubliseer en nadat daar nog hier en daar ‘n klein veranderinkie moes kom, is dit nou reg. Jy is welkom, gaan laai jou GRATIS e-boek hier af: https://www.smashwords.com/books/view/1045247

Ek is ‘n trotse Towerin. ‘n Trotse Goue Vrou en ek weet dat dit die begin is van nog baie e-boeke deur die Towerinne of Goue Vroue.

Toortsie

Kyk net hoe mooi lyk ons dogtertjie daar tussen die grootmenere.

37 thoughts on “Groot opwinding in Goue Vroue land!

            1. Dankie. Die ding is, ek ken myself.
              My raad? Publiseerder of selfpubliseer? Dit hang van die persoon self af.
              Selfpubliseer beteken om alles self te doen:
              Skryf
              Redigeer
              Redigeerder betaal om meer as dubbeld seker te maak.
              Self grafiese ontwerper te betaal.
              Self te laat druk.
              Sel bemark. En dís waar die grootste storie lê, na my mening. Iemand wat nie hou van bemarking nie, moet eerder deur publiseerder werk.
              Baie oplees oor die hoe van publikasie en bemarking, ens.
              Ek was natuurlik bang die publiseerders wys my werk van die hand, daarom het ek eerder dit self gedoen.

              Like

Lewer kommentaar op Gedigte wat jou laat dink. Kanselleer antwoord