Soos soveel mense mos weet, is die Towerinne ‘n groep vroue wat saam opwindende stories skryf. Maar, soos almal ook mos weet het elkeen van ons ‘n stukkie goud in ons. Elke persoon in die wêreld het iewers ‘n stukkie goud. Soms moet dit nog net ontdek en ontgin word. 🙂
In die laaste storie wat ons geskryf het, het ‘n klompie van ons ons stukkies goud ontdek. Of eerder, ons het mekaar se goud ontdek. Appeltjie beskryf die storie as volg: ‘’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.’ In die proses het ons Alice in Wonderland behoorlik oorgeskryf met heelwat nuwe kinkels in die kabel.
Die groot opwinding? Hierdie storie is omgewerk, geredigeer tot ‘n regte egte e-boek. JA! Dit was weer eens ‘n spanpoging soos min! Om die waarheid te sê, ek staan eintlik verstom oor hoe vinnig en effektief die Towerinne saamwerk.
Nadat ons eenparig besluit het dat die storie ‘n e-boek moet word, het ek gou-gou al die hoofstukkie in een Google Docs dokument gesit en met almal gedeel. Almal kan mos gelyk werk op Google Docs. Elkeen het ‘n bydrae gemaak. Die een het al die foto’s verwyder en die onnodige verwysings na die e-links. ‘n Ander een het die ‘n-strepies omgedraai dat hulle reg lê. Nog een het al die hyperlinks verwyder. Almal het geproeflees, spelfoute reggemaak, oorgelees. Seegogga het die pragtige voorblad ontwerp.
Daarná is die boek volgens die spesifikasies van Smashwords, ‘n internasionale e-boekverspreider reggestel. Gisteraand is die e-boek gepubliseer en nadat daar nog hier en daar ‘n klein veranderinkie moes kom, is dit nou reg. Jy is welkom, gaan laai jou GRATIS e-boek hier af: https://www.smashwords.com/books/view/1045247

Ek is ‘n trotse Towerin. ‘n Trotse Goue Vrou en ek weet dat dit die begin is van nog baie e-boeke deur die Towerinne of Goue Vroue.
Toortsie
Kyk net hoe mooi lyk ons dogtertjie daar tussen die grootmenere.

Welgedaan Goue Vroue.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ons is nou gegear. Dalk kan ons van ons ander stories ook so verwerk? Ek sal dalk in die toekoms met julle almal kontak maak en hoor hoe julle voel.
LikeLike
Mooi man!
LikeLiked by 1 person
Julle is voorwaar kosbaar soos goud en kreatief soos kraaie (gaan google hulle😊)! Baie, baie geluk met julle boek!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie!
LikeLike
Ek wil graag by jou blog uitkom, maar kry dit nie reg nie.
LikeLike
Ai! Ek het getoets. Die volgende skakel werk: httpafrikaansegedigte.wordpress.com
LikeLike
Wat jy moet doen: maak jou blog oop. Kleur die adreslyn (url) in. Regskliek daarop. Copy.
Dan wanneer jy kommentaar lewer, vul jy dit by die url in. Dan bly dit daar.
LikeLike
Baie dankie. Ek is erg dom met hierdie goed!
LikeLiked by 1 person
Ek het die skrywe oor selfpublikasie kosbaar gevind. Sal by jou wenke leen.
LikeLiked by 1 person
Ek is ‘n gevaarlike een om by te leer. Ek dien die goed halsoorkop en holderstebolder.
LikeLike
😄 tog is daar elke keer ‘n besonderse resultaat!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Die ding is, ek ken myself.
My raad? Publiseerder of selfpubliseer? Dit hang van die persoon self af.
Selfpubliseer beteken om alles self te doen:
Skryf
Redigeer
Redigeerder betaal om meer as dubbeld seker te maak.
Self grafiese ontwerper te betaal.
Self te laat druk.
Sel bemark. En dís waar die grootste storie lê, na my mening. Iemand wat nie hou van bemarking nie, moet eerder deur publiseerder werk.
Baie oplees oor die hoe van publikasie en bemarking, ens.
Ek was natuurlik bang die publiseerders wys my werk van die hand, daarom het ek eerder dit self gedoen.
LikeLike
Ek is behoorlik breëbors, hoor!!! Nes ñ kropduif wat pronk.☺ Dankie weereens vir almal se hulp, maar veral vir jou wat als so saamgebring het, Toortsie.
LikeLike
Plesier! Ek moet darem sê dat almal hard agter die skerms gewerk het. Tannie Frannie het dit 2 keer geredigeer, want een keer het ek dit sommer opgefoeter ook nog.
LikeLike
Ek voel net so breëbors. 🙂
LikeLike
Baie geluk aan die Goue vroue!!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta.❤
LikeLiked by 1 person
💐💕
LikeLike
O en ek is net so breebors! Baie dankie vir al jou harde werk! Ons is so trots op jou! E ek is so trots op die goue vroue! Baie geluk aan ons almal. Mag ons nog lank saamskryf!
LikeLiked by 2 people
Ek is trots op ONS! 😁 en op jou mooi voorblad!
LikeLike
Dankie. Wens net hy wou werk!
LikeLiked by 1 person
Hy werk, man! 😁❤️
LikeLiked by 1 person
Wonderlik. Ek het my boek afgelaai. Kan nie wag om te lees nie
LikeLiked by 1 person
Hoop jy geniet dit. 😀
LikeLike
Ek hey vdag hele boek v voor tot agter gelees. Elke liewe woord. Dit was heerlik. En dit was foutloos!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly! 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Frannie het finale redigering gedoen.
LikeLike
10 uit 10 Frannie!
LikeLiked by 1 person
Wonderlike spanpoging! Het myne afgelaai, gaan hom vanaand in die bed lees….baie dankie aan almal
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou ook!
LikeLike
Het boek afgelaai. Nou moet ek nog gaan lees oor al jul avonture. Gaan die boek vir altyd gratis bly?
LikeLiked by 1 person
Ja altyd gratis. 😎
LikeLike
Dis goed want ek het gewonder hoe dit gaan werk as daar geld gevra word. Moet dit verdeel word of hoe gaan dit werk as daar meer as een skrywer is.
LikeLiked by 1 person
Ja ek weet nie of dit dan verdeel sou word nie.
LikeLiked by 1 person