My 2020 NaNoWriMo-projek

Ja, ek hét ingeskryf. Ja, is is nog glad nie klaar met alles wat moes klaar wees voor ek mag inskryf nie.

My derde resepteboek se resepte is nog nie klaar getik nie, maar dit lyk darem of ek genoeg resepte bymekaar het. Ek is steeds besig met my Septembervissie, maar as alles goed gaan, behoort ek dit betyds klaar te kry. My NaNo2019-boek is in die hande van die drukkers, so daardie deel is op datum. Ek werk behoorlik daaraan om ’n gratis e-resepteboek die lig te laat sien en hoop om dit nog in hierdie week te voltooi. Dan kan ek begin om die ander boeke ook op e-boek te sit.

Ek het my ingeskryf, soos reeds genoem. Die naam van my projek is Trauma tot Triomf. Dit sal ‘n geestelike boek wees waarin ek na verskillende persone in die Bybel gaan kyk wat van erge trauma na triomf geloop het met God se hulp. Ek glo dat as jy jou trauma met God deurloop, dit in jou grootste triomf kan verander. Natuurlik sal ek dit op ‘n informele, meer persoonlike manier doen soos ek mos maar tipies skryf. Dit is ‘n onderwerp wat my baie ná aan die hart lê omdat ons wêreld so stukkend is deesdae. Niemand loop teleurstellings, seerkry, trauma vry nie. Met God se hulp kan ons egter heling kry.

Toortsie

18 thoughts on “My 2020 NaNoWriMo-projek

  1. Wow, dis nou goeie nuus. Baie bly jy het ingeskryf en ek dink hierdie jaar se boek/skrywe gaan beslis n groot uitdaging wees maar dit gaan beslis die moeite werd wees. Ek beny jou dat jy jouself so kan druk om dinge te voltooi. Dis n uitsonderlike talent wat jy het om wat jy aanpak te voltooi.! Sterkte en sien jou in November. Ons is mos buddies!

    Liked by 1 person

    1. Dankie. Jy is so ‘n goeie bemoediger. Of is die aanmoediger. Om dinge te voltooi is mos eintlik my grootste uitdaging omdat ek so aandagafleibaar is en baie maklik met iets nuuts begin en nie klaarkry nie omdat daar al weer nog ‘n nuwe ding is wat my aandag trek. Dit is dus aangeleer. Ek begin steeds baie goed wat ek nie klaarmaak nie, of eerder, het baie planne waarby ek nie uitkom nie. So, vir my lê die uitdaging in:
      1) om dit daagliks te doen (moeilik) dis dalk die grootste uitdaging van almal, om die konstant te doen vir 30 dae lank
      2) om dit wel te voltooi in November
      3) om dit te redigeer
      4) om dit heeltemal te voltooi
      5) die vemarking daarvan
      Sien, dis ‘n reis

      Like

      1. Ek kom net tot by jou punt drie en dan lyk dit soos n berg voor my en los ek dit sommer maklik vir n jaar. Het nou eers weer begin belangstel om aan te gaan met my 2018 se skryfwerk se bewerking. Dis beslis n reis wat net dood eenvoudig beplan moet word.

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s