Vandag bly die gedagte sommer in my kop hoe lief ek vir blogging is, vir die bloggers, vir die stories wat ons skryf, vir ons lawwigheid.
Ek is lief vir die Towerinne, die oues én die nuwes, al is hulle eintlik virtuele vriende. Ek is lief vir elkeen van hulle. Want hulle het my vriendinne geword. Myne. Want hulle is regtig. Eg. Hulle lewe regtig. En as ek eers eenmaal lief geword het vir iemand, raak ek nie sommer maklik onlief vir daardie persoon nie. Hulle is my mense. Myne.
Ons deel vir mekaar ons grootste blydskap en ons grootste hartseer. Ons kry selfs die enkele misverstand ook tussen ons, want ons is regte mense. Eerlike mense. Opreg. Elkeen van ons.
Ek geniet ons lawwe stories wat ons skryf waarin onsself die karakters is. Alhoewel dit fiktiewe verhale is wat ons skryf, leef ons ons daarin. Word dit deel van ons. Raak dit ons eie storie. Beleef ons dit. Want dit is óns storie. Ons ware storie in ‘n virtuele wêreld. Ons maak dit ons eie. Dit kan nie sommer net gereduseer word tot ‘net ‘n storie’ nie, want dit is dit nie. Dit is óns storie. In ‘n virtuele wêreld wat ons vir onsself suksesvol geskep het in ‘n virtuele tyd.
Ons, wat nie in ‘n virtuele wêreld grootgeword het nie, ons wat eintlik meestal ouer vroue is, kon dit regkry om so ‘n plek van ontvlugting te skep. ‘n Plek waar ons sommer net vergeet van al die slegte dinge wat om ons gebeur. ‘n Plek waarheen ons ontvlug as die lewe te moeilik raak. As dinge te veel druk. As ons nie altyd dinge wat om ons gebeur verstaan nie.
Ons kon dit regkry om die aaklige Covidjaar beter te maak, draagbaarder te maak, selfs lekker te maak. Terwyl ander mense moedeloos en verstrik geraak het tussen maskers, vasgegrendel op watter manier ookal, het ons onsself geniet, pret gehad, gespeel. Skoon vergeet van Covid en wat daarmee saamgaan.
Ek eer elke Towerin wat hieraan deelneem en deelgeneem het. Ek eer elkeen wat saamgespeel het en dit lekker gemaak het. Ek eer elkeen wat gehelp het om hierdie storie en ons gunstelingplekkie Rebusfontein te skep en ontwikkel het. Ek eer julle, my blogmaats.
En ek eer my Here wat ook hierdie pad van blogging vir my oopgemaak het en die plesier wat ek daardeur kon kry en ek glo, nog gaan kry in die toekoms ook.
Toortsie
Ek lees my kinderjare voor op SoundCloud. Soek vir Toortsie.
https://toortsie.com/2020/09/12/voorlesings-uit-my-kinderjareboek/
Dankie,Toortsie.Ons eer jou ook.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Daar het jy dit nou op jou spesiale Toorts-manier lekker saamgevat. My laat glimlag met ‘n traan (van blydskap) in my oog. Dankie vir die spesiale mens wat jy is en die liefde wat jy uitstraal
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi woorde. ❤️
LikeLike
Ek salueer jou vir hierdie skrywe, Toortsie. Dis presies ook hoe ek voel. Julle is mý mense.
LikeLiked by 1 person
Jaaa ❤️🥂🍡
LikeLike
Besonders, Toortsie!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Haai Toortsie, ek stem so saam met jou.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
lees my blog oor 2020 reboot, volgens Christa se voorstel. Ek wil niks verander nie. Ek stem saam met Madelé
LikeLiked by 1 person
Ek sal lees.
LikeLike
Dit is beslis n heerlike klomp ure minute of knypies wat ons so saam fantaseer en ook kuier. Die blogvriende is beslis elkeen uniek op sy/haar eie manier. Lief jou Toorts, jou toorts het al baie lig in my wêreld laat skyn.
LikeLiked by 2 people
Lief jou ook!
LikeLiked by 1 person
Prost! Ja, al reageer mense nie elke dag, weet ons dat daar wel ander is wat omgee…. dankie Toorts!
LikeLiked by 1 person
Ai Toortsie, dit is mooi geskryf. Dankie, ek geniet die stories net so baie.
LikeLike
Ag dankie liefste Christa
LikeLike