Ai tog

Kyk, gister het ek groot planne gehad. Eintlik rustige planne. Al wat ek wou doen, was my stiltetyd, TPM opleiding met ‘n vriendin, die hope wasgoed wegpak, die berg skottelgoed vinnig wegwerk, vinnig winkel toe gaan vir my weeklikse kruideniersware-inkopies, gou-gou ‘n resep of twee in my boek 3 intik en dan … borduur. Ek is nou haastig om daardie resepte wat ek reg het te tik en te kyk hoeveel ek het en of ek nog kort. Tjoef tjaf, want die NaNoWriMogogga kriewel ook al weer hier. Maar ek móét eers boek 3 klaarmaak en ek móét ‘n vis per maand borduur anders gaan ek vasdraai en nie betyds klaarkry nie.

Ja, dis berg skottelgoed hét verdwyn, daar het ook ‘n nuwe berg gekom en is weggewerk. Die hope skoon wasgoed het méér geraak! Steke geborduur? NUL! Resepte getik? NUL. Red nou ‘n nasie! NaNogoggatjie, ek dink jy moet regtig eerder gaan rus, hoor jy?

Toortsie

22 thoughts on “Ai tog

  1. My vriendin so vir jou sê: Dis nog ver/lank voor November! Sy dink nie verder as more nie. Nou wil ek half met my tong in die kies sê November lê nog ses weke weg! Sjoe dis sommer om die draai. Nou begin ek ook opgewonde raak. Gelukkig het ek darem al besluit wat ek wil skryf en lysies gemaak. Haal maar net rustig asem. Ek voel vir jou.

    Liked by 1 person

            1. Ag, ek doen dan iets anders. Ons sit en eet terwyl ons sit en uitkyk. En ons lees dan maar op ons fone. Wanneer die krag dan weer aangaan, is ek te lui om weer iets te begin. Wil dan sommer slaap!

              Like

        1. Onthou ek is baie aandagafleibaar. Ek mag beslis nie nano as my boek 3 nie uit my hande is nie. As dit al by die redigeerders is, is dit okay. En selfs al moet ek die kos in Nov maak vir die foto’s. Kom ons kyk wat gebeur.

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s