Vanoggend kry ek die uitnodiging van NaNoWriMo af dat ons kan begin inskryf vir NaNoWriMo2020. NaNoWriMo staan vir National Novel Writing Month wat in November plaasvind en al lankal nie meer nasionaal is nie, maar internasionaal. Ek vermoed ook dat daardie ‘nasionaal’ seker in Amerika was.
Verlede jaar, twee dae voor die tyd, sonder enige voorbereiding van enige aard, het ek sonder om te dink die Enter Here knoppie gedruk. Tipies ek. Dink voor ek doen. Vandag staan daardie lawwe sprong van my op nommer 99 en is dit reg om gedruk te word. Ja! My NaNoWriMo2019 het vrugte afgewerp en vir my een van die wonderlikste projekte geword waarvan ek kon droom.
Soos almal noual weet, het ek nie ‘n novelle geskryf nie, maar eerder oor my kinderjare. Dit was die grootste geskenk wat ek aan myself kon gee omdat ek gedink het ek het my kinderjare vergeet. Nou is ‘n groot deel daarvan vasgevang in ‘n boek en onthou ek steeds aanmekaar nog dinge.
Wat gaan ek vanjaar doen? Ek het sedert verlede jaar al baie planne gehad. Eers wou ek heeltemal buite my gemaksone waag en probeer om kortverhale te skryf. Elke dag een van ongeveer 1667 woorde. Ek het ook aan ‘n Geestelike boek gedink. Iets soos Geleefde Christenskap.
Tog twyfel ek op hierdie oomblik of ek vanjaar sal inskryf. My derde resepteboek moet nou dringende aandag kry. En met ‘n resepteboek kry jy onmoontlik 50 000 woorde bymekaar! Maar wie weet? Dalk is ek by 29 Oktober al so ver met my resepteboek dat ek weer daardie mal perd opsaal.
Intussen, wat van jou? Hoekom skryf jy nie in en skryf daardie boek wat jy nog altyd wou nie? Onthou, dis net die rofwerk wat jy in November doen. 1667 woorde per dag. Niemand sien jou skryfwerk nie tensy jy besluit om dit sigbaar te maak. Jy skryf dit op jou eie en rapporteer net daagliks die aantal woorde wat jy geskryf het.
Doen daai ding! Ek is bly ek het! Om ‘n boek klaar te skryf verg geweldig baie deursettingsvermoë. Doen jouself ‘n guns en doen dit.
Alle eer aan God. Sonder Hom sou ek dit nie kon doen nie.
Toortsie




Ek bewonder jou!Ons kan soveel by jou leer van ‘just DO IT!’
LikeLiked by 1 person
Dankie. Onthou, dis my persoonlikheid. Impulsief soos jy nie wil weet nie.
LikeLike
🤣
LikeLiked by 1 person
Sien jy nou? Wie nie waag nie wen nie. Baie bly jy het die skryfmaand gedoen. Dis harde uitdaging maar as mens gaan sit kom dit sommer vanself. Geluk met jou 99 boek ook. Dis heerlik om te weet dis amper daar.
LikeLiked by 1 person
Nou werk my kop natuurlik al weer oortyd. Sal ek nie dalk tog maar nano doen nie?
LikeLike
Ja wat doen dit. Jy kan wat jy skryf altyd verwerk en gebruik vir essays of net soos jy sê vir stories. Jy weet mos jy kan jou 1660 woorde per dag skryf as jy onder druk is.
LikeLiked by 1 person
Hoe moedig jy my nou hier aan. 😁❤️
LikeLike
Mooi man. Sal jou steeds ondersteun. Onthou jy kan party dae meer of minder skryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁❤️
LikeLiked by 1 person
Jy maak mens opgewonde daaroor, maar ek dink ek gaan verby moet hou. Geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
As ek jou woema gehad het sou ek dit oorweeg het. 😊
LikeLike
Ai Kameel, ons almal se omstandighede verskil mos maar. Ek dink jy hét die woema, maar dat jou hande dalk tans baie vol is. ❤️
LikeLiked by 1 person
Eendag as ek nie n 7:30 tot 21:00 werk het nie, sal ek dit kan doen. My mond water
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan dit heeltemal. Eendag is dit jou kans. 😁❤️
LikeLike