Soos ‘n standbeeld

Iemand het een keer vir ‘n man wat besig was om ‘n standbeeld van ‘n perd uit ‘n stuk klip te grafeer, gevra hoe kry hy dit reg? Sy antwoord was dat dit maklik is, hy kap net alles weg wat nie perd is nie. Dis hoe ek voel oor hierdie outobiografie gemeng met memoir wat ek geskryf het.

Aanvanklik, tydens NaNoWriMo2019 het ek net geskryf wat in my kop opkom. Rou, soos dit is. Eerlik. Presies hoe ek voel. Call a spade a spade. Sekere goed het ek van dag een af besef dat ek dit nie sal kan publiseer nie, maar dit was deel van my lewe en moes geskryf word. Presies soos dit was.

Toe kom die bytel en vir eers het ek die stukke uitgehaal wat beslis nie daar moet wees nie. Growwe uitkap, maar daar was baie dele wat ek nog daar wou hou. Met die volgende bytel het ek probeer om alle lompheid te verwyder. Natuurlik het daar elke keer weer nuwe stukke bygekom. Aanvanklik het ek die 50 000 woorde geskryf. Nou, na baie gebeitel, is daar omtrent 67 000 woorde! 180 bladsye. Sowaar ‘n hele boek vol.

Met die volgende byteltjie het die woord ‘dan’ my geweldig irriteer en moes dit weg-en reggeskawe word. Taalfoute. Spelfoute. Al die ‘nne se strepies omdraai. Nog ‘n bytel moes bytende woorde uithaal. Kyk dat daar nie name genoem word wat dalk eerder ongenoemd moet deurgaan nie. Dis wat ek ook vir Dora-Marie Jansen van Vuuren, my redigeerdervriendin, gevra het, om te kyk waar iemand dalk benadeel word. Sy het ook nog met byteltjies ingespring en moes behoorlik bontstaan om ‘n ligte verteltrant te behou, maar taakundig nie te veel te oortree nie.

Skaaf, skaaf, skaaf sodat jy hopelik aan die einde ‘n goeie, afgeronde produk in jou hand vashou.

Ek is regtig opgewonde!

Toortsie

49 thoughts on “Soos ‘n standbeeld

      1. Goed met kamp gegaan omdat ek gaan sit het en my 500 woorde per dag geskryf het. Selfs party dae dubbeld woorde geskryf. Gaan oor daardie gaan sit en skryf soos dit opkom sonder hersiening of regmaak. Net inligting dis al. Ek het oor NZ dinge geskryf wat vars in my gedagtes was.

        Liked by 1 person

                  1. Jy’s welkom. Ek het dit lanklaas gedoen en wil nou weer begin om goed uit te gee. Het heelwat stukke wat ek al in e-boek kan uitgee. My probleem is dat ek nie MS Word het nie. Dit is die maklikste program om mee te werk en te verwerk. Sal maar een of ander tyd tog dit moet aanskaf. Ek werk bv deur Smashwords wat meer geleentheid aan ander vorms gee en nie net kindle nie.

                    Liked by 1 person

                    1. Verkies jy Smaswords? Ek werk op Google docs, maar het gevind dat toe my woorde regtig baie geraak het, dit nie meer so lekker wou werk nie. Nou huur ek Word op ‘n maandelikse basis. Ek kan dit nou weer stop totdat ek dit weer nodig kry.

                      Like

                    2. Dis goed om te weet van Word. My loseerder het mos 3 jaar terug vir my ingeskryf op sy kantoorrekening. Dis op my ou laptop en hy is so stadig dat dit vat ure voordat ek kan voort beweeg. Ek het baie lekker met Amazone gewerk toe ek print on demand gedoen het. Jy hoef dan nie n groot hoeveelheid boeke te druk nie. Hul druk dit soos dit bestel word. Jy kan met selfde manuskrip ook jou eboek maak. Dit werk baie goed. Al probleem is soos eks sê die eboek is net vir kindle. En natuurlik betaal hul net royalties aan jou as jy boeke verkoop.

                      Liked by 1 person

                    3. Smashwords is meer oop vir help en adverteer , terwyl ek niks by Amazone gemaak het nie . Ek kon ook sien by smashwords hoeveel mense gekyk het terwyl Amazone nie belangstel omdat mens maar in die onderste deel v miljoene boeke is. (Gaan ook nie regtig Amazone ondersteun nie want hul is nie lief vir NZ nie!)

                      Liked by 1 person

          1. Dis goed. Dit het my ook gedwing om aan te hou tot ek die 1600 gekryf het al het ek tussendeur afgewyk van waaroor ek werklik wou skryf. Dis bv my lopies met Trompie en goed wat daagliks gebeur het. Mens moet regtig n horlosie stel. Ek doen meestal n uur. Hou op en gaan verder die volgende dag waar ek opgehou het.

            Like

Gesels saam, asseblief!