Iemand het een keer vir ‘n man wat besig was om ‘n standbeeld van ‘n perd uit ‘n stuk klip te grafeer, gevra hoe kry hy dit reg? Sy antwoord was dat dit maklik is, hy kap net alles weg wat nie perd is nie. Dis hoe ek voel oor hierdie outobiografie gemeng met memoir wat ek geskryf het.
Aanvanklik, tydens NaNoWriMo2019 het ek net geskryf wat in my kop opkom. Rou, soos dit is. Eerlik. Presies hoe ek voel. Call a spade a spade. Sekere goed het ek van dag een af besef dat ek dit nie sal kan publiseer nie, maar dit was deel van my lewe en moes geskryf word. Presies soos dit was.
Toe kom die bytel en vir eers het ek die stukke uitgehaal wat beslis nie daar moet wees nie. Growwe uitkap, maar daar was baie dele wat ek nog daar wou hou. Met die volgende bytel het ek probeer om alle lompheid te verwyder. Natuurlik het daar elke keer weer nuwe stukke bygekom. Aanvanklik het ek die 50 000 woorde geskryf. Nou, na baie gebeitel, is daar omtrent 67 000 woorde! 180 bladsye. Sowaar ‘n hele boek vol.
Met die volgende byteltjie het die woord ‘dan’ my geweldig irriteer en moes dit weg-en reggeskawe word. Taalfoute. Spelfoute. Al die ‘nne se strepies omdraai. Nog ‘n bytel moes bytende woorde uithaal. Kyk dat daar nie name genoem word wat dalk eerder ongenoemd moet deurgaan nie. Dis wat ek ook vir Dora-Marie Jansen van Vuuren, my redigeerdervriendin, gevra het, om te kyk waar iemand dalk benadeel word. Sy het ook nog met byteltjies ingespring en moes behoorlik bontstaan om ‘n ligte verteltrant te behou, maar taakundig nie te veel te oortree nie.
Skaaf, skaaf, skaaf sodat jy hopelik aan die einde ‘n goeie, afgeronde produk in jou hand vashou.
Ek is regtig opgewonde!
Toortsie

Ai Madele, dit klink soos ‘n heerlike proses.
LikeLiked by 1 person
So lekker, maar jy weet mos hoe dit werk, of is die akademiese proses totaal anders? 😊
LikeLiked by 1 person
Net so – net stresvoller, dink ek, omdat mens se werk die hele liewe tyd beoordeel word.
LikeLiked by 1 person
Ja dit moet erg wees.
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag vir n kuier dat ek my hand daarop kan sit nie
LikeLiked by 1 person
Ahaaa! 😁
LikeLike
Neef se naam kom nogal op ‘n plekkie voor.
LikeLike
Yip en dit gaan nog baie kere in die toekoms gebeur
LikeLiked by 1 person
Om die waarheid te sê, jy ook. Meer as een keer. Ek dink een keer is jou naam nie genoem nie, een keer wel. ❤️
LikeLike
Haal maar net weer my hoed vir jou af.
LikeLiked by 1 person
Dankie liefste Frannie. ❤️
LikeLiked by 1 person
Die persoon wat die kapwerk doen was een van ons bekende suid-afrikaanse beeldhouers. Naam ontglip my nou,
LikeLiked by 1 person
Ek en name? 😝
LikeLike
Interessant hoe skrywers in die ou dae kon borduur met ‘n beskrywing waar hulle deesdae neig tot kort sinnetjies met allesomvattende beskrywings.
LikeLiked by 1 person
Dalk wil ons deesdae te veel sê. 😁
LikeLike
Ja.
LikeLiked by 1 person
Kyk nou net hoe het al die harde werk vrugte afgewerp.
LikeLiked by 1 person
Ai Una, dis heerlik.
LikeLike
Ooooo, dis darem n lekker gevoel om dit so ver klaar te hê. Die “first draft”gedurende NaNoWriMo was ook n goeie manier om die basiese idees en dinge neer te pen. Daardie bytel is tydrowend en tog die moeite werd. Ek hoop jy kry tyd om weer te skryf.
LikeLiked by 1 person
Ek jeuk by die sekond al hoe meer! Hoe het jy met Nano camp gedoen? Isjy tevrede?
LikeLike
Goed met kamp gegaan omdat ek gaan sit het en my 500 woorde per dag geskryf het. Selfs party dae dubbeld woorde geskryf. Gaan oor daardie gaan sit en skryf soos dit opkom sonder hersiening of regmaak. Net inligting dis al. Ek het oor NZ dinge geskryf wat vars in my gedagtes was.
LikeLiked by 1 person
Wat gaan jy daarmee doen?
LikeLike
Ek moes nou eers gaan kyk wat ek geskryf het voordat ek jou antw. Ek het elke dag my joernaal geskryf. Alles oor die virus en omstandighede. Dit gaan beslis in n e-boek kom wante ek kan aanloop en tot die hede gebruik waaroor ek steeds nog skryf.
LikeLiked by 1 person
Fantasties! Ek moet nou werk maak van e-boeke.
LikeLike
Dis die minste moeite en vinnigste om klaar te maak.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan kom aanklop by jou.
LikeLike
Jy’s welkom. Ek het dit lanklaas gedoen en wil nou weer begin om goed uit te gee. Het heelwat stukke wat ek al in e-boek kan uitgee. My probleem is dat ek nie MS Word het nie. Dit is die maklikste program om mee te werk en te verwerk. Sal maar een of ander tyd tog dit moet aanskaf. Ek werk bv deur Smashwords wat meer geleentheid aan ander vorms gee en nie net kindle nie.
LikeLiked by 1 person
Verkies jy Smaswords? Ek werk op Google docs, maar het gevind dat toe my woorde regtig baie geraak het, dit nie meer so lekker wou werk nie. Nou huur ek Word op ‘n maandelikse basis. Ek kan dit nou weer stop totdat ek dit weer nodig kry.
LikeLike
Dis goed om te weet van Word. My loseerder het mos 3 jaar terug vir my ingeskryf op sy kantoorrekening. Dis op my ou laptop en hy is so stadig dat dit vat ure voordat ek kan voort beweeg. Ek het baie lekker met Amazone gewerk toe ek print on demand gedoen het. Jy hoef dan nie n groot hoeveelheid boeke te druk nie. Hul druk dit soos dit bestel word. Jy kan met selfde manuskrip ook jou eboek maak. Dit werk baie goed. Al probleem is soos eks sê die eboek is net vir kindle. En natuurlik betaal hul net royalties aan jou as jy boeke verkoop.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou vuur en vlam. Lees nou weer Smashwords op.
LikeLike
Mooi man!
LikeLiked by 1 person
Deur Smashwords kan jy mos dit vir alle tipes lesers beskikbaar stel.
LikeLike
Dis hy ja. Hul werk deur al die verskillende lesers behalwe kindle. En hul is natuurlik die verskaffer. Jy kry ook net royalties by hulle.
LikeLiked by 1 person
Het jy beter gedoen deur Smashwords as deur Amazon?
LikeLike
Smashwords is meer oop vir help en adverteer , terwyl ek niks by Amazone gemaak het nie . Ek kon ook sien by smashwords hoeveel mense gekyk het terwyl Amazone nie belangstel omdat mens maar in die onderste deel v miljoene boeke is. (Gaan ook nie regtig Amazone ondersteun nie want hul is nie lief vir NZ nie!)
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLiked by 1 person
Was dit vir jou die moeite werd om dit as e-boek uit te gee?
LikeLike
As mens dit bemark werk dit soos n bom.
LikeLiked by 1 person
Ek het selfs gedink om stukkies voor te lees en videos te plaas.
LikeLike
Dis n baie goeie bemarkings idee.
LikeLiked by 1 person
My resepteboeke was te groot vir Smashwords oor die baie foto’s.
LikeLike
Ja jy sien die fotos bly maar n ding. Kon jy nie die fotos verklein nie?
LikeLiked by 1 person
Ek sal nou weer kyk. Dalk sommer van die foto’s uithaal.
LikeLiked by 1 person
My standaard skryflengte was mos altyd 400 woorde. Nano het my nou gekeer om gemaklik meer woorde te skryf op ‘n slag.
LikeLike
Dis goed. Dit het my ook gedwing om aan te hou tot ek die 1600 gekryf het al het ek tussendeur afgewyk van waaroor ek werklik wou skryf. Dis bv my lopies met Trompie en goed wat daagliks gebeur het. Mens moet regtig n horlosie stel. Ek doen meestal n uur. Hou op en gaan verder die volgende dag waar ek opgehou het.
LikeLike
Ek dink dat enige een wat (selfs al is dit net) ‘n skryfstuk probeer bytel het, saam met jou ‘n sug van verligting slaak. Ek hoop dat die proses en die eindproduk vir jou baie bevredigend sal wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek is baie opgewonde.
LikeLiked by 1 person
Bytel en by-tel. Ek veronderstel dit is 2 verskillende dinge. ʼn Bytel maak minder en by-tel voeg by. Ek veronderstel mens doen albei in so redigeer proses, maar daar word meer gebytel as by getel. Geniet albei. Geluk
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Abrie, ‘n mens moet net mal genoeg wees. Elke keer nog ‘n mal bytel totdat daar genoeg mal is en dan vang jy sulke lawwighede aan. Jy weet?
LikeLike