Voor gladwrap

Vanoggend, toe ek die tert wat ek wil saamneem op die pendelpad toedraai met gladwrap, toe dink ek oor hoe ek minder hiervan kan gebruik. Wat het ons in die tye voor gladwrap gedoen?

Onthou julle in die ou dae was ‘n deksel oor ‘n bord gesit en met ‘n skoon afdroogdoek vasgebind? Hoekom kan ons dit nie weer so doen nie?

Ek probeer, waar moontlik, eerder ‘n gereg wat gevries moet word, in ‘n pyrex bak wat ‘n plastiekdeksel het, gebruik om sodoende dit nie met gladwrap toe te draai nie, maar helaas, ek vergeet steeds!

As jy ‘n bakkie slaai saamneem wanneer jy by iemand gaan braai, is dit regtig altyd nodig om dit toe te draai? Veral as jy letterlik ‘n kilometer gaan ry tot daar? Hoekom dit nie sommer net so op jou skoot hou nie? Wat kan dit oorkom? Of hoekom nie weer die skoon doek om bind nie?

Ek hou joghurthouers vir wanneer ek ‘n bietjie sop vir iemand wil gee. Wanneer ek onthou, maak ek my eie geurlose joghurt en gebruik sodoende minder plastiek.

Maar gladwrap? Moet ons weer meer konsentreer op sterk foelie wat ons herhaaldelik kan gebruik?

Wat doen julle om gladwrapgebruik te verminder?

Toortsie

Gebruik minder plastiek. Word plastiekvry.

18 thoughts on “Voor gladwrap

  1. Sjoe, Toortsie, dit is waar. Maar gladwrap gaan ek nie prysgee nie. Dit hou my kos varser as wat foelie kan doen, hou die slaai mooi en ek kan sien as ek dit per ongeluk gekantel het. Ek gebruik dit egter baie min. Slegs in noodgevalle wanneer my kos klaar is en die gaste nog nie hier is nie. Dit voel ook skoner as ek kos so na ander mense vat as ek moet saamneem.

    Like

  2. Ek kan onthou hoe verontwaardig was my dogtertjie kleintyd toe ek ‘n lang stuk gladwrap netjies weer skoongemaak het om later weer te gebruik. Was baie arm destyds. Vandag het ek materiaalsakke wat ek maak en verkoop as inkopiesakke. Maar plastiek in ‘n mate het seker maar gekom om te bly.

    Like

    1. O Appeltjie, ons het ook plastieksakkies gewas en swaar gekry. Plastiek is regtig hier om te bly. Tog het ek my gebruik al oor die afgelope jare aansienlik verminder en kyk ek maar altyd uit vir nog maniere om dit minder te maak. 😊

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord