Op 98

My kinderjareboek is op 98! Ek is klaar met hom. Klaar geskryf. Klaar deurgelees, oorgeskryf, verander, weer gelees, nog ‘n keer gelees, verander, foute regmaak, nog lees. Klaar! Sjoe! Ek is drie berge oor met hom! Ek is so bly dat ek nie in Desember deurgedruk het en dit inderhaas voltooi het nie. Die boek sou soveel armer gewees het. Lomper. Ek kon soveel ryk herinneringe invoeg, selfs nog gister toe ek dit die laaste keer lees.

Gister is hy gestuur na die redigeerder wat hom gaan proeflees en alles regstel. Die drukwerk is alreeds gereël, die buiteblad se agterkant moet nog net gedoen word, dan gaan hy drukkers toe!

En dan gaan hulle vir my die proefdruk stuur wat ek moet deurgaan en goedkeur. En dan? Jaaaaaaa! DAN!

Ek is verby opgewonde! Ek kan nie meer wag nie!

Is die boek ‘n outobiografie? Of ‘n memoir? Ek weet self nie! Dalk ‘n mengsel van die twee. Wat dit wel is, is eg, eerlik, vinnig, hopenlik prettig en een honderd persent binne Toortsie se karakter.

En nou weet ek skielik wat om met myself aan te vang nie, want as ek ‘n vrye tydjie gehad het, het ek gelees en gelees en gelees en verander. Nou is dit klaar. So, nou kan ek ‘n slag weer regte boeke lees. Ai, dit gaan heerlik wees! En ernstig aan my Toortsie 3 resepteboek werk. Ek dink hoeka ek het al genoeg resepte bymekaar.

Ek moet ook nou ernstig Amazon bestudeer en hoe ek e-boeke daar kan opsit en nou vir eens en vir altyd my ander twee resepteboeke ook daar opsit.

Maar nou, vir eers, sien ek uit na nommer 99 en 100 en om my boek in my hand te hou. Saam met hierdie drukwerk druk ek sommer weer ‘n handjievol boek eens ook, want dit is besig om uit te verkoop! Dit sal, terloops, die vyfde druk wees, maar hierdie keer nie so baie boeke nie.

Tralalaaaa. Die Here is goed vir my.

Toortsie

My kinderjare – met betrekking tot vandag. Madelé Burger
Toortsie se Bantingresepteboeke

20 thoughts on “Op 98

    1. Maltrappie. 😁 Hul het my so op skool genoem op ‘n stadium. 😂 Dankie. Jy is self ‘n baie entoesiastiese persoon. Mens moet net mal genoeg wees dan kry jy baie dinge reg. Doen voor jy dink. 😆

      Like

        1. Knyp net jou oë toe en gee daardie eerste tree. Jy hét dit al gegee deur ‘n blog te begin. Sodra jy gemaklik voel daar, dink aan tree nommer twee en drie, en val by tree ses in. So maklik soos dit. Verras jouself. Dis tog te lekker.

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s