Terwyl

Ek moes vir ‘n klein proseduretjie gaan. Soos dit mos maar werk, wag ek ‘n hele ruk vooraf in die wagkamer. Daar is heelwat beweging in daardie tyd van dokters en mense.

Die volgende kom ‘n dierbare verpleegster my haal. En toe rol die wiele. Sommer terwyl ek my regmaak, gaan lê ek op die bed en word my bloeddruk geneem en kom die dokter en steek die naald in my arm en terwyl hy dit doen en om die bedjie loop vra hy vinnig en vriendelik al die nodige vrae en teen daai tyd zoeizoeizoei dit al in my kop en raak ek aan die slaap en word ek al weer wakker en is die proseduretjie klaar en mevrou wat gaan mevrou drink. In die herstelkamertjie staan die tee al reg en terwyl ek tee drink kom sê die dokter alles is reg ek moet gaan vir plate en weer terugkom. Ek wil nog vir die verpleegster dankie sê, maar ek sien sy is al weer besig met die volgende pasient.

Iets het vir my vreemd bekend gevoel. Daar word gewoel, hoor!

Toortsie

Una, verstaan jy?

51 thoughts on “Terwyl

    1. 🙂 met wakker word na die verwydering van my verstandtande het ek ʼn briljant snaakse opmerking gehad wat ek wou maak. Ek kon nie verstaan waarom my mond nie wil praat nie. Ook maar goed, dit was na alle waarskynlikheid nog briljant nog snaaks

      Liked by 1 person

  1. Ek moet sê, ek geniet die kommentaar op die blogs soms heelwat meer as die blogs self, want ‘n mens vind dikwels onverwagte juweeltjies. En net hierbo is nou ‘n klassieke voorbeeld van jou wat sê Prys die Here Sonder kommas of punte of asemhaal tussenin. Dit is besonderse toegewyde christenskap wat op tasbare wyse neerslag vind. Ek wil dit amper beskryf as ‘n bewussynsstroom, maar jy was dan onder narkose – as ek reg verstaan het?. Ek hoop jy voel beter ná jou klein proseduretjie, Toortsie.

    Liked by 1 person

    1. Ek hou van jou kommentaar. Wat jy hier skryf is baie waar. Dit is soos ‘n bewussynstroom. Wat ek egter wel bediel het met sonder kommas en punte, is dat alles so vinnig en tegelyk gebeur het, daar was nie tyd vir kommas en punte tussenin nie. 😁 Ek was wel vir ‘n baie kort tydjie onder verdowing.

      Liked by 1 person

                    1. My man is ‘n boer. Hy verstaan nie van ‘n klein bietjie plant nie. Dit raak al beter. Hy leer mooi. In die begin vra ek vir hom vir 8 spinasieblare dan bring hy die hele plant!

                      Liked by 1 person

                    2. ‘n Vriend van my, ek Danie (eienaar van die plaas Krapgat naby Rietpoelstasie in die Overberg) maak sy eie chilli sous met die beskrywing “Edible chili sauce – original chilli sauce amigo”. Alhoewel hy edible moet jy maar wegbly van dit

                      Liked by 2 people

                    3. Ja wat. Een happie sal my gek hê. 😳 Ek en my dogter en ‘n maat van haar gaan eet een keer by ‘n Indiese restaurant op sy voorstel. Met die instapslag weet ek hier is moeilikheid in hoofletters. Ek vra vir die man die sagste op hulle spyskaart. By hap 3 het die sweet al uitgeslaan op my voorkop. Hap 6 was die verste wat ek kon vorder. Die Indiër het my staan en dophou. Toe sê hy hul sal dit moet in aanmerking neem dat daar mense inkom wat regtig nie skerp kosse kan eet nie.

                      Liked by 1 person

                    1. Ja, ons is eintlik kieskeurig oor wat in die tuin is. Regtig net bantingkosse. 🙂 Ek het al peppadew ingelê op Bantingmanier. Ek sien die soetrissie werk maar op dieselfde manier.

                      Liked by 1 person

  2. As dit sneeuski vinnig is het dit goed gegaan Toortsie. Dit is die lang prosedures waaroor mense bekommerd moet wees of die beplande kort prosedures wat onbeplan lank raak. Ek moet nog skry oor my sneeu-ervaring. As ek so ver kom, gaan ek sommer joune tag ook, dan kan jou sneeu-eend saamkom

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord