Ek moes vir ‘n klein proseduretjie gaan. Soos dit mos maar werk, wag ek ‘n hele ruk vooraf in die wagkamer. Daar is heelwat beweging in daardie tyd van dokters en mense.
Die volgende kom ‘n dierbare verpleegster my haal. En toe rol die wiele. Sommer terwyl ek my regmaak, gaan lê ek op die bed en word my bloeddruk geneem en kom die dokter en steek die naald in my arm en terwyl hy dit doen en om die bedjie loop vra hy vinnig en vriendelik al die nodige vrae en teen daai tyd zoeizoeizoei dit al in my kop en raak ek aan die slaap en word ek al weer wakker en is die proseduretjie klaar en mevrou wat gaan mevrou drink. In die herstelkamertjie staan die tee al reg en terwyl ek tee drink kom sê die dokter alles is reg ek moet gaan vir plate en weer terugkom. Ek wil nog vir die verpleegster dankie sê, maar ek sien sy is al weer besig met die volgende pasient.
Iets het vir my vreemd bekend gevoel. Daar word gewoel, hoor!
Toortsie

Hoe gaan dit nou?
LikeLiked by 1 person
Baie goed dankie. Dis sommer ‘n kleinigheid.
LikeLike
Sterkte vriendin.
LikeLike
Dankie ❤️
LikeLike
Toortsie,gelukkig het jy nie,soos my een vriendin,toe sy wakker geword het uit die narkose gevra,”was dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie” nie.
Ek hoop jy voel vinnig piekfyn.
LikeLiked by 3 people
Dankie. Nee gelukkig nie! 😁
LikeLike
🙂 met wakker word na die verwydering van my verstandtande het ek ʼn briljant snaakse opmerking gehad wat ek wou maak. Ek kon nie verstaan waarom my mond nie wil praat nie. Ook maar goed, dit was na alle waarskynlikheid nog briljant nog snaaks
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Kan jy onthou wat dit was?
LikeLike
Louis Leipoldt hospitaal se gange
LikeLiked by 1 person
Was dit wat jy wou sê? 🤔
LikeLike
Jammer ek het gelees waar dit was. Was vir my nogal vreemde vraag😂
LikeLiked by 1 person
Maar helaas nee, ek onthou net my verbasing, was rits soos 15 jaar terug
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het jy darem net die tande prysgegee; nie die verstand nie!
LikeLiked by 1 person
Word gou gesond!
LikeLike
Dankiedankie. Ek dink eintlik ek is gesond. Ek dink die fout lê by soetrissies.
LikeLiked by 1 person
Bly te hoor
LikeLiked by 1 person
Goeiste, hierdie was nou soos om teen die sneeuhange af te skie! Vinnig, glad, suksesvol. 🤗
LikeLiked by 1 person
Ja met geen punte of kommas in om asem te haal tussenin nie.
LikeLike
Met ‘n onlangse sneeubedekte stap was die sneeu so dik dat ek sonder ski’s afgeskil het na’ n paar meter raak ek te diep in die sneeu en slaan neer. Herhaal. Dit was pret
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Dierbaarste Toortsie-eend.😍 Bly dis klaar en verby.
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLike
Bly dit het goed gegaan Toorts
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLike
Seepglad verloop 😊
LikeLiked by 1 person
Prys die Here.
LikeLike
Sonder kommas en punte of asemhaal tussenin.
LikeLiked by 1 person
Ek moet sê, ek geniet die kommentaar op die blogs soms heelwat meer as die blogs self, want ‘n mens vind dikwels onverwagte juweeltjies. En net hierbo is nou ‘n klassieke voorbeeld van jou wat sê Prys die Here Sonder kommas of punte of asemhaal tussenin. Dit is besonderse toegewyde christenskap wat op tasbare wyse neerslag vind. Ek wil dit amper beskryf as ‘n bewussynsstroom, maar jy was dan onder narkose – as ek reg verstaan het?. Ek hoop jy voel beter ná jou klein proseduretjie, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van jou kommentaar. Wat jy hier skryf is baie waar. Dit is soos ‘n bewussynstroom. Wat ek egter wel bediel het met sonder kommas en punte, is dat alles so vinnig en tegelyk gebeur het, daar was nie tyd vir kommas en punte tussenin nie. 😁 Ek was wel vir ‘n baie kort tydjie onder verdowing.
LikeLiked by 1 person
Hulle soek nog die foutjie, maar ek vermoed sterk dat die foutjie by soetrissies lê. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek sal moet aanneem dat dit die soort is wat jy eet, want die ander soort kan jy vermy sonder om na die resep te kyk.
LikeLiked by 1 person
My man het dit nou in sy tuin, so ek gooi dit in al wat dis is. Ek sal dit moet uitsny uit my dieet. Ek is sensitief vir skerp kosse.
LikeLiked by 1 person
In die verlede sou ek soms een soetrissie koop. Nooit meer as een per week nie. Nou beland daar sommer ‘n mandjievol op ‘n slag. En peppadews.
LikeLiked by 1 person
Lê in en gee weg vir jou vriende. Sommige mense verwelkom die prikkie of stekie op die tong.
LikeLiked by 1 person
Goeie idee! Kan jy dit met soetrissie ook doen?
LikeLiked by 1 person
Nou vra jy my? Jy is mos die deskundige in die kombuis.
LikeLiked by 1 person
Deskundige? I wish! Wannebe miskien. 😁😎 Still learning, maar erg kieskeurig met wat ek leer.
LikeLiked by 1 person
Dis die moeite werd om van soetrissies te leer, sien dat jy (of jou man) soveel daarvan in jou lewe inbring.
LikeLiked by 1 person
My man is ‘n boer. Hy verstaan nie van ‘n klein bietjie plant nie. Dit raak al beter. Hy leer mooi. In die begin vra ek vir hom vir 8 spinasieblare dan bring hy die hele plant!
LikeLiked by 1 person
😁 Hy leer darem.
LikeLike
Jajaaaa. Baie konsidererend
LikeLiked by 1 person
‘n Vriend van my, ek Danie (eienaar van die plaas Krapgat naby Rietpoelstasie in die Overberg) maak sy eie chilli sous met die beskrywing “Edible chili sauce – original chilli sauce amigo”. Alhoewel hy edible moet jy maar wegbly van dit
LikeLiked by 2 people
Ja wat. Een happie sal my gek hê. 😳 Ek en my dogter en ‘n maat van haar gaan eet een keer by ‘n Indiese restaurant op sy voorstel. Met die instapslag weet ek hier is moeilikheid in hoofletters. Ek vra vir die man die sagste op hulle spyskaart. By hap 3 het die sweet al uitgeslaan op my voorkop. Hap 6 was die verste wat ek kon vorder. Die Indiër het my staan en dophou. Toe sê hy hul sal dit moet in aanmerking neem dat daar mense inkom wat regtig nie skerp kosse kan eet nie.
LikeLiked by 1 person
Ja kyk, my twee seuns kweek hulle eie chilies en dan maak hulle self hulle souse. Karen eet heerlik saam, maar ek bly liewer weg. Ek hou nie daarvan dat my kos my byt nie.
LikeLiked by 1 person
Of jy moet meer kieskeurig wees oor wat jy in jou tuin toelaat? 🤔
LikeLike
Ja, ons is eintlik kieskeurig oor wat in die tuin is. Regtig net bantingkosse. 🙂 Ek het al peppadew ingelê op Bantingmanier. Ek sien die soetrissie werk maar op dieselfde manier.
LikeLiked by 1 person
Ahaaa! Google is my maatjie! 😁 https://www.simplywhisked.com/quick-pickled-sweet-peppers/#tasty-recipes-18229
LikeLiked by 1 person
Jy kan dit aanpas sodat jy die suiker kan uitlaat.
LikeLike
As dit sneeuski vinnig is het dit goed gegaan Toortsie. Dit is die lang prosedures waaroor mense bekommerd moet wees of die beplande kort prosedures wat onbeplan lank raak. Ek moet nog skry oor my sneeu-ervaring. As ek so ver kom, gaan ek sommer joune tag ook, dan kan jou sneeu-eend saamkom
LikeLiked by 1 person
Jy mag my sneeu-eend leen.
LikeLike