Wat as?

Wat as ek nooit swaar gekry het nie? Sou ek die goeie tye kon waardeer?

Wat as ek nooit pyn gehad het nie? Sou ek ander met pyn verstaan het?

Wat as ek nie liefde geken het nie? Sou ek positiwiteit kon uitstraal?

Wat as ek nooit begin blog het nie? Dan sou ek soveel armer na gees gewees het omdat ek hier in blogland die wonderlikste maats leer ken het. Dan sou ek nooit soveel geleer het van myself, maar veral ander se opinies nie. Dan sou ek dit nooit gewaag het om resepteboeke te publiseer nie.

Wat as ek nie vir God in my lewe gehad het nie? Ek wil nie weet wat dan nie. Regtig nie. Want dán was ek ‘n totale wrak. Een sonder toekoms. Een sonder hoop.

Toortsie

35 thoughts on “Wat as?

  1. Daardie as wat verbrande hout kan wees! Die wat asse maak n mens ryker omdat dit nie gegaan het soos wat mens dit wou hê nie, Ek stem saam met die blogvriende. Jy is een van my eerste vrinne wat ek hier leer ken het en ons kuier steeds lekker saam. Saam geskryf saam gekuier en ondersteun en net gesels!

    Liked by 2 people

    1. Jip….gelukkig het hierdie as wat nog baie meer goed na vore gebring…want wat Una my nie encouraged het nie was jy nog n vreemdeling vir my. Bly ons skryf al n rukkie saam 😁

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!