Die mens wik, maar God beskik. My kop het oortyd gewerk om hierdie droom, hierdie roeping, waar te maak. Dit hét waar gekom, maar op ‘n ander manier. Want God het anders gedink. Baie beter gedink as wat ek kon. Dit laat my dink aan een van my gunsteling Bybelverse: Efesiërs 3:20:
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.”
Baie meer as wat ons kan dink of bid of droom of wens …
Hy het my al baie jare gelede geroep om ‘n TPM-fasiliteerder te word. (Transformation Prayer Ministry.) Maar eers moes ek die pad stap. Hy moes my gereed kry daarvoor. Ek moes eers in my hart oortuig raak. Self TPM-hulp kry. Die internet-opleiding doen. Die fisiese opleiding in die Kaap kry. Hier en daar iemand sien, want die pendelry maak dit onmoontlik om baie mense te sien. Aanvanklik een per maand. Later meer. Dit meermale op myself toepas. Oor en oor. Totdat ek in my eie hart oortuig was dat ek dit regtig mag doen. God moes eers aan my werk.
Ek het ‘n plekkie gesoek waar ek dit kan doen. ‘n Privaatplekkie. Waar daar nie sommer iemand onverwags aan die deur kan klop nie. Professioneel. Ek het gebid daaroor. Vir God gevra wat Hy dink? Ek het aan my strandhuis gedink, maar dit is onprakties om elke keer ‘n ekstra uur of meer te moet inwerk net om daar te kom. Hier en daar bied ‘n vriendin ‘n plekkie aan, maar dit ook in húlle private spasie.
Uit die bloute bied een van die direkteure van die DS de Wet Skool vir Outisme aan dat ek een van hulle terapiekamers mag gebruik. Dit staan leeg. Wonderlik! Die plan begin oopvou voor my oë. Ek rig die kamer in met die gedagte dat ek dit nie voldag sal gebruik nie, ek wil mos darem nie ‘n voldagpos hê nie. Ek wil dit nie heeldag doen nie. Ander mag ook die terapiekamer gebruik as hulle dit nodig kry. Dalk word daar in die toekoms nog TPM-fasiliteerders in Bredasdorp opgelei? Dan kan hulle dit ook gebruik.
‘n Vriendin deel my opwinding. Ek weet sy wil al lankal opgelei word as fasiliteerder.Ja! Sy wil graag opgelei word! Die TPM-Kamer in die DS de Wet Skool vir Outisme is ‘n werklikheid!
Baie meer as wat ek kon droom of dink. Op Sy plek. In Sy tyd. Aan God al die eer.
Toortsie
Hy weet altyd die beste. Voorspoed en seën
LikeLiked by 1 person
Amen. Dankie
LikeLike
God is goed.
LikeLiked by 1 person
O ja!
LikeLike
Wonderlik as mens God se plan vir jou lewe in vervulling sien kom!!
LikeLiked by 1 person
Heerlik
LikeLike
Wonderlik!
LikeLiked by 2 people
Jy sien…nes jy sê…God beskik.
LikeLiked by 1 person
Ansoluut
LikeLike
Nes jy sê… op Sy plek. In Sy tyd. Aan God al die eer. 👍😀👍
LikeLiked by 1 person
😊
LikeLike
Jy is altyd so opgewonde oor TPM, Toortsie; dit wys jou net as mens glo in wat jy doen.💗
LikeLiked by 1 person
Ek sien wonderwerke voor my oë gebeur, Una. ❤️
LikeLike
Dis so goed om te hoor. Mag jy nog baie stukkende mense aanraak, Toorts.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
En eintlik is die ook ‘n “Wat as…” storie, wat as die mens wik maar God beskik
LikeLiked by 1 person
Ja! Dis wonderlik.
LikeLike
Jy is beslis geskik vir die taak.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Slegs in afhanklikheid van die Here.
LikeLiked by 1 person
Daarmee stem ekke ook saam.
LikeLiked by 1 person
En jy sal dit so goed kan doen. Dankie dat jy daardie skills van jou op my toepas oor die foon. Amper-niggie.
LikeLiked by 1 person
Ek het noggie eers regtig nie! ❤️
LikeLike
Ek is bly vir jou Toorts. Dit is so ‘n groot seën om ‘n bediening te hê wat jy weet God het jou voor geroep.
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel
LikeLike