Hoekom sal ouetehuisinwoners trou?

Woestynkind het ‘n bietjie die voor- en nadele gaan ondersoek van ‘n paartjie wat reeds in die ouetehuis is, wat getrou het. Sy het dit goed deurdink. Hoekom sal mense wat reeds in die ouetehuis is, trou? Hulle is dan al so oud?

My ma was 75 jaar oud in oom Hennie diep in die tagtigs toe hulle vriendskap ontwikkel het. Oom Hennie het in ‘n kamertjie in die ouetehuis gebly en my ma het ‘n woonstelletjie gehad wat buite die ouetehuis was, maar deel daarvan gevorm het. Hulle het ‘n mooi vriendskap gehad.

Een dag het hulle kom ‘kinders vra’. Dis of ons nie heeltemal geweet het hoe om dit te hanteer nie. Tog het ons dit sien kom? Ons het nie negatief gereageer nie, maar ook nie opgewonde rondgespring nie. Tot twee van my vriendinne daardie dag vir my antwoord: “Baie geluk!” Ek het net daar vir hulle albei ‘n sms gestuur en gesê dat ek baie bly is vir hulle en dit ondersteun en vir hulle voorspoed toewens, saam met Jeremia 29:11:

Wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.

Hoekom sal twee oumense trou wat reeds in die ouetehuis is? Hierdie is my mening:

  1. Vir kameraadskap. Vriendskap. Geselskap. Om die alleenheid te verdryf. Om vanaand as hulle gaan slaap, ‘n warm lyf langs hulle te voel. Om weer liefde te ervaar, selfs al is dit op ‘n ander manier as wat jongmense dit ervaar.
  2. Omdat hulle nog die huwelik eer. Omdat hulle dit wat hulle nog hulle lewe lank in geglo het, doen. Omdat hulle aan God gehoorsaam wil wees.
  3. Skielik het ‘n wêreld vir albei van hulle oopgegaan. Het my ma nodig gehad om dokter toe te gaan in die Kaap, sou ek en sy voorheen vinnig vir die dag deurry. As getroudes het hulle ‘n uitstappie daarvan gemaak. Hulle sou vir drie of vier dae in ‘n hotel gaan bly wat hulle, as ongetroudes nie sou wou doen nie.
  4. Daar was skielik weer ‘n huislikheid in my ma se woonstel. Die atmosfeer was beslis anders as toe sy alleen daar gewoon het.

Ja, nie almal sal so goed uitwerk nie. Dit moet goed besin word vooraf, soos die wetlike aspekte. Daar behoort ‘n goeie huwelikskontrak opgestel te word vooraf. Daar kan selfs verskuilde agendas wees in sommige gevalle. Maar vir my ma en oom Hennie was dit goed. Baie goed. Die huwelik het so twee jaar geduur tot oom Hennie gesterf het, maar ek is bly hulle het dit gedoen. Ek was trots op hulle dat hulle dit gedoen het omdat hulle kleinkinders op daardie stadium troukoors, saamblykoors en watter allerhande ander koorse ontwikkel het. Hulle was ‘n goeie voorbeeld vir die jonges.

Toortsie

22 thoughts on “Hoekom sal ouetehuisinwoners trou?

  1. Oumense wat trou gee alleenmense nuwe hoop. Oom Hennie was my man se pa. Hy en jou ma was ‘n waardige paartjie … meer waardig as ‘n páártjie. Kameraadskap, iemand om te bederf, iemand om voor verantwoordelik te wees…veel beter as ‘n kanarie.XX

    Liked by 3 people

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s