Towerinreünie

Soos almal in blogland weet, is dit GROOT as bloggers saamkuier. Baie groot.

Toortsie het natuurlik ‘n bietjie te laat geslaap, maar met Appeltjie se hulp het hulle, so tussen baie gepratery deur, die kossies betyds reggekry vir ‘n baie laat ontbyt. Appeltjie het mooi gehelp dat Toortsie nie totaal kop verloor nie.

Aalsie, Seegogga en Appeltjie het gesorg vir die lieflikste blomme en Aalsie het ‘n heerlike slaai saamgebring. Appeltjie moes bontstaan om oral te help, vrugteslaai te maak en al die kos mooi voor te sit.

Die manne het ‘n heerlike gesellige vuur gemaak en gesorg dat ons elkeen ‘n glasie lieflike vonkelwyn in die hand het. Toe het elkeen ‘n rede gegee hoekom ons fees vier. Vir Vrouedag. Vir vriende. Vir Towerinne. Vir ‘n stort wat in ‘n honderdjarigehuisie ingebou is vir die eerste keer. ‘n Vrou wat haar man bystaan in moeilike situasies soos heuning uithaal. Die voorreg om te kan bloos as dit nodig is. Die vier Toweraars: Mnr Toorts, Mnr Krap, Beertjie en Neef. Liefde en vriendskap. Ons het besef dat ons almal op een of ander manier familie is … maar moet eerder nie vra hoe nie! 😎 ‘n Mens mag vir jou ekstra familie kies as jy wil, hoekom dan nie?

Daar was poeding ook, maar lyk my die fotograwe het moeg geraak.

Ja, ons het heerlik gekuier. Ja, ons het heerlik gesels. Ja, ons het dit baie geniet. Natuurlik het ons die een Towerinstorie na die ander herleef.

En as julle wonder? Dit was vir ons ‘n groot present om julle almal hier te hê.

Toortsie

18 thoughts on “Towerinreünie

  1. Dit was nou vir jou ‘n fees! Die sjampanje se naam was ‘Blush’ en ons het blosend daar uitgestap…’tickled pink’ van al die stimulasie. Die liefde vir lekker (en mooi) kos, ‘n knus kaggelvuurtjie, familiestaaltjies en die genot van Afrikaanse musiek. Dankie, Toortsie & kie. Elkeen het iets gehad om te vier…veràl Appeltjie met die lang man aan haar sy!

    Liked by 1 person

  2. Dit was mos vir jou heerlik! Toorts kan maat Rebus se sjef vd jaar wees.Die manne was bietjie uit d veld geslaan toe hulle hoor van Silwer en die motorfietse, die begrafnisondernemer, die Adder van Pofadder , Lorenzo, kapt Gigaba en Camilla se rooi stiletto’s Mnr Toorts het plegtig verklast dat hy bewus daarvan is dat sy vrou mal is, en mnr Krap het instemmend geknik. Hy weet dat sy vrou ook nie al haar varkies op hok het nie. Neef was stil – dalk onseker oor hierdie vreemde wereld. Aalsie se beer het wel eenkeer n skryfkurses bygewoon. Miskien skryf hy eendag nog self.

    Liked by 1 person

  3. Toorts!!! Moenie fotos pos nie, jy maak my elke keer honger. Julle het omtrent uitgehang hoor.

    Ek wil net weet wat julle viertjies oor die res gesels het, dis mos altyd lekker om aan die nuwe Towerinne te verduidelik wie nou qwie is, ek wens ek was ‘n vlieg op die muur

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!