Ek kry gister ‘n e-pos van die Christelike Seemansorganisasie wat vertel dat daar tans ongeveer 600 000 seemanne is wat wêreldwyd op die see rondvaar en nie regtig aan land kan gaan nie as gevolg van Covid. Dat dit al maande is wat hulle so ronddobber op die see en nie kan huis toe gaan na hulle geliefdes nie. Dat hulle geen buitemense behalwe die bemanning van hulle bote sien nie.
En toe gaan daardie predikant van CSO in Port Elizabeth aan boord van een van die bote. Die eerste buitemens wat hulle in maande sien. Behalwe dat hulle natuurlik baie bly was oor die Bybels en goeie boodskap wat hy bring, was dit vir hulle wonderlik om iemand van die land af te sien. Om te weet hulle is nie vergeet op see nie. Dat dit vir hulle was soos toe Noag die duif die tweede keer uitgestuur het en dit teruggekom het met ‘n groen takkie. Dat dit vir hulle hoop gee dat ook hierdie ding sal ophou. Dat hulle weer aan land sal kan gaan eendag. Dat daar mense is wat vir hulle omgee.
Net daarná slaan ek my Bybel oop om my gewone stiltetyd te hou. Ek slaan dit oop waar die merk is, want ek lees mos maar altyd die Bybel van voor af deur tot agter en weer en weer. Waar is my merk? Presies net daar! Daar waar Noag eers die kraai, toe die duif en weer die duif wat met die takkie terugkom, uitgestuur het. Nadat hulle al vir maande op die waters rondgedobber het. Daar was hoop. Hierdie gedobber sal nie vir ewig aanhou nie.
Julle weet mos wat ek sê as God Homself herhaal, né? Hy doen dit nie sonder rede nie. En dit is ook nie ‘toevallig’ nie. Ek het nie daardie stukkie in die Bybel loop soek nie. Die CSO weet ook nie dat ek daar aan die lees is nie.
Hierdie ding waar in ons tans is, die Covid, enige ander slegte ding, dit wat ons lewe oorheers en ons nie weet hoe ons daaruit sal kan kom nie, gaan nie vir altyd aanhou nie. Daar is hoop. 2020 is miskien vir die meeste van ons die slegste jaar ooit, maar 2020 is ook ‘n hersteljaar. ‘n Jaar van nuwe dinge. ‘n Jaar van hoop. ‘n Jaar van draaipunte.
Mag dit ook vir jou so ‘n jaar wees. Mag daar vir jou ook ‘n duif met ‘n groen takkie in sy bek wees.
Toortsie
Niks gebeur ooit toevallig in my lewe nie. God is in werklik in beheer.
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLike
Toortsie, dit is so waar. Ek het eendag gehoor toevallig is eintlik Toe Val (daar) Lig – God se lig. En dit is waarom teoavllig nooit vir my toevallig sal wees nie.
LikeLiked by 1 person
Dis so mooi.
LikeLiked by 1 person
My hart het nou sommer week geraak toe ek hier lees, Toortsie. jou skrywe bring hoop.
LikeLiked by 1 person
Dankie kosbare vriendin.
LikeLike
Ekskuus my kop was netnou deurmekaar.
LikeLike
Ek dink nie ons besef aldag hoe dit ander mense raak nie…
LikeLiked by 1 person
Regtig nie. My man se oom is vandag oorlede. Sy vrou is in kwarantyn. So niemand kan eers gaan simpatiseer nie. Erg!
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis hartseer
LikeLiked by 1 person
Ek kry haar jammer. Siestog
LikeLike
Ons moet vol hoop wees – ek glo dat as ons almal versigtig is sal dinge beter word. Ons moet almal ons beste doen.
LikeLiked by 1 person
O ja!
LikeLike
Dis waar, daar is n doel met alles. Die verslapping van die lewenspas en tot verhaal kom is nodig om weer beter te kan voort lewe.
LikeLiked by 1 person