Ek het nou weer oor die saak gedink

Die naam van my plek. 🤔 Dis ‘n storie, hoor! Ja, ek weet hy het al ‘n naam gekry. Dis nou my Rebusfonteinhuisie waarvan ek praat.

My dorpshuis se naam is Present. En ek hét mos Plesierig gekies vir Rebusfontein. Die Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo. Hulle hou van partytjies … Dís waar die fout dan kom! 🙈

My probleem is, ek sukkel om die naam te onthou. Julle weet dit mos! Net soos ek ook nie Alfonso se naam kon onthou nie en nou is hy op pad terug om met Camilla te trou, ewe met ‘n resepteboek onder die arm en ek weet steeds nie wat sy naam is nie!

So, ek het nou só gedink: Kom ons praat sommer net van Toortsie se plek. Sommer net dit. Julle sal mos weet waar my plek is, dan nie? Rebusfontein is mos darem ook nie só groot nie. Dis die huisie met die rooi deur en pot met rooi malvas op die stoep. Die een met die Bali-eend, op pad iewers heen op haar ski’s. Man, daar staan mos ‘n windmeul by die huisie en ‘n ou dikwielfiets, ‘n bycycle wat ek in Namibië gekoop het. Onthou julle?

As julle steeds onseker is, in die kampie wei ‘n donkie en ook Kameel se Blommetjiemelkkoei en haar kalfie!

Ag, ek weet julle sal dit kry. Maar as jy steeds twyfel, luister of jy nie musiek hoor kom uit ‘n huisie nie. Klavier en kitaarmusiek. Ja! Dis hy! Die kans is natuurlik goed dat ek aan die kuier is by iemand anders, maar as jy hier verbyloop en sien ek is tuis, kom in! Voel welkom! Jy hoef nie eers ‘n afspraak te maak nie. Kom net!

Toortsie van Toortsie se plek op Rebusfontein.

Volg al die Towerinne se skrywes op Inlinkz: https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

Ek wag vir jou!

10 thoughts on “Ek het nou weer oor die saak gedink

  1. Jaaaa, ek hou meer van hierdie naam! Onse Toortsie se plek! As jy wonder, vra net rond, jy sal haar altyd opspoor. Sy is sprankelend, absoluut opreg en eerlik, en net haarself. Mmmm, en sy hou van rooi, hoor.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!