Plesierig op Rebusfontein

Hierdie naamsoekery vir my Rebusfonteinhuisie is nou vir jou ‘n storie, hoor. Eers het ek gedink om dit Present te noem, want dis mos my presenthuisie. Dis egter dieselfde naam as my presenthuis by die huis en het so ‘n groot betekenis.

Op Rebusfontein is ons laf. Plesierig. Mal somtyds. Verloor ons kop. Doen ons alles waarvoor ons in die gewone lewe nie kans sien nie. Gee ons ons verbeelding vrye teuels.

Daarom is my huisie se naam: Plesierig. Sodat ek kan sê: “Kom ons gaan ‘n bietjie na Plesierig toe.”

Dit pas by my rooi deur en die bak rooi malvas en my Bali-eend.

Seegogga het die dag van ons lieflike ontbyt ons uitgedaag om ons swemklere te kom wys. Ons het mos daar in die dam baljaar. Ek koop egter al jare lank nie meer swemklere nie. Want ek swem nie eintlik meer nie. Eintlik glad nie. Dan koop ek ‘n nuwe swembroek te duurste en die dag wat ek die moed het om see toe te gaan, is hy al verouder, te klein, totaal uit die mode, is my bobene te dik, wys dit ‘n maag, is ek spierwit omdat ek nie gewoonlik in die son bak nie. Gelukkig kon ek darem tussen my ma se goeters ‘n ou swembroek van haar raakloop. Ek glo dit sal die ding doen, of hoe?

Ek het ook inderhaas by Takealot vir my ‘n opblaasmatras en tjoepie bestel. Ek kon nêrens opblaasarmpies kry nie. Het een van julle nie dalk vir my so iets nie?

Nou toe! Laat ons plesierig raak op Rebusfontein. Ons is weer behoorlik besig om nes te skrop daar.

Toortsie

Volg al die Towerinne se skrywes op Inlinkz: https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

25 thoughts on “Plesierig op Rebusfontein

  1. ek koop al vir ‘n paar jaar die mooiste swembroekrokkies. Dit voel net meer vroulik en meer passend by my ouderdom. En my idee van swem is lê en dryf met my boogiebord in die water of met my nuwe swart binnebandjie. Ek glo aan herwinning. Maar daai armpies vir dryf, jammer Toorts, my kleinkinders het dit in die hande gekry.

    Liked by 1 person

  2. Towerinne is plesierig dit kan julle glo,
    Hulle hou van partytjie dan sing hulle so,

    Rebus is ons tuiste ja!
    Rebus is ons tuiste ja!

    Niemand huil en niemand kla!

    🎵🎶🎵🎶🎵🎶

    (Op die deuntjie van Karen Zoid se ‘Afrikaners is plesierig’)

    Like

  3. Skoonsus het so maand of twee terug vir my “fotos” gewhats app van die uwe in ‘n kostuum met ‘n hemp van Homer oop bo oor. Ek het omtrent geskree van die lag. Maar nou ja, dit was lank terug en ver weg. 😉

    Liked by 1 person

  4. Daardie kostuum is pragtig! Enbdit sal nou ook pragtig wees. Maar by ons Struisbaai see stel ek voor jy werk skouerstreppies aan- vir veiligheid, jy weet?
    Ernstig. Op ons ouderdom mort jy doen wat vir joy lekker is- houbop bekommer oor bobene arms en boepies en gaan baai in die water!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!