Heling

Iemand vir wie ek gereeld bid, vra my of daar ietsie is waarvoor hulle vir my kan bid.

Dis presies wat ons in TPM (Transformation Prayer Ministry) glo. Wanneer jy dit wat swaar op jou hart druk – hartseer, pyn, sonde, enige iets – vir iemand betroubaars vertel en julle bid daaroor, begin heling. God sorg daarvoor.

Dit voel vir my of mense al hoe swaarder dra aan swaarder goed, of die pakkaas op ons rûe net swaarder en swaarder raak, of die laaitjies in ons bêrekassies oorvol raak. Of mense net nie meer die las kan dra nie, want dit raak te swaar, maar hulle weet nie hoe om daarvan ontslae te raak nie. Dalk voel ons skaam daaroor, bang omdat dit te seer is, te trots? Dalk het ons al probeer om dit af te laai en dit was nie suksesvol nie? Bang omdat die pyn daar net te erg is?

Dis soos die keuse om tandarts toe te gaan of nie. Loop jy eerder met die seer tand, of gaan jy dit waag dat daarin geboor word en die tand heelgemaak word?

Una vertel hoe die kinders so amper teësinnig was om hulle gevoelens in ‘n opstel te beskryf. Tot hulle begin het …

Dit laat my dink aan die kere wat ek by #Imagine gehelp het. Wanneer die kinders skielik die moed kry om tog hulle seer wat hulle op daardie ouderdom reeds swaar aan dra, af te laai, is dit soos ‘n brander wat kom soos almal kom, net vir die aflaaikans. Dalk was dit die eerste keer wat hulle so ‘n geleentheid kry? Ons ‘cope’ mos maar. Ons ‘hanteer’ dit maar op die manier wat vir ons die beste lyk. Die maklikste om dit agter ons te sit is mos maar net om dit te vergeet. Te onderdruk. Te ignoreer.

Tot ons die dag die moed het om dit vir iemand betroubaars te vertel. Te vertel wat my so seermaak. Te vertel hoe ek voel. Regtig voel. Want gevoelens is eg. En as ons nog kan saambid oor die probleem, soveel te beter.

Want dan begin heling.

Toortsie

Transformasie Gebedsbediening Struisbaai

12 thoughts on “Heling

  1. As my onthou net wil terugkeer…..ek het soveel gevallestudies om te deel. Van hoe gebede na dekades verhoor is, of binne ‘n breukdeel van ‘n sekonde. Maar die deel in my kop wat met godsdiens werk, is mos fyngemaal en vir baie maande kon ek nie eens bid nie. Dit begin af en toe regkom, amper ‘n jaar later. Of, nee, 5 Julie was daai een al ‘n jaar gelede. Maar saamstaan in gebed het regtig to wonderwerke gelei.

    Liked by 2 people

      1. Ek het juis nagelaat om te se hoe ek jare lank al ervaar hoe my gees met Hom kommunikeer, direk en woordeloos. Dis elke oomblik van die dag en ek dink dis wat dit beteken om God in Gees en Waarheid te aanbid, ten spyte van watter gawes wie ookal mag he. Ek het ook gawes maar praat nie baie daaroor nie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!