27 Julie 2020

Vir die afgelope paar jare noual het ek dieselfde skrywe op hierdie dag. Vandag is my Bantingverjaarsdag. Vandag, 6 jaar gelede, het ek die groot stap in my lewe gemaak om die Bantingleefstyl te volg. Om alle stysel en suiker uit my dieet te verwyder. Om vrugte en sekere groentes met oorleg te eet. Om baie meer vet in my dieet toe te laat. Om meer natuurlike kos te eet. Botter in plaas van nagemaakte margarien. Dubbelroomjoghurt in plaas van laevet. Geen geprosesseerde kaas. Baie neute. Geen tjips. Wegneemetes as absolute minimum.

En soos ek so baie hoor, dat ander mense eerder ‘gebalanseerd’ eet, dink ek ek eet steeds baie gebalanseerd, selfs meer gebalanseerd as voorheen. Want tóé sou my etes sommer baie keer net uit brood en vleis bestaan. Ek sou vergeet om groente of slaai te maak. Ek eet beslis baie meer gebalanseerd en gesond as voorheen. Ek ky nooit honger nie. Ek het baie energie.

Ses jaar gelede, toe my skaal wipplank gery het, ek nie een stel klere van een seisoen na die volgende kon oordra nie, soms selfs nie eers in dieselfde seisoen end-uit kon dra nie, het ek in moedeloosheid gebid dat God my moes help. Ek glo dit met my hele hart dat Hy my daardie dag gehelp het. Dis vir my ‘n uitvoerbare en volhoubare leefstyl. Dis maklik, al was dit in die begin ‘n vreemde konsep. Ek is gesonder as ooit.

Ek hoop dat ek dit die res van my lewe sal kan doen.

Toortsie

29 thoughts on “27 Julie 2020

    1. Jong, verskillende mense reageer verskillend. Ek gebruik baie suiwel, wat vir jou nie goed is nie. Ek dink daar is maniere om dit te omseil. Vir my werk dit baie goed. My liggaam kon regtig nie die stysel hanteer nie.

      Liked by 1 person

  1. Toe ek na groot siekte heel van nature so begin eet, het ek 22kg verloor, my bloedsuiker het getsabiliseer en vasgesteek op 6,25 en my bloeddruk was pragtig. Toe bring my Eva weer ander goed huis toe en daarna het ses beroertes en 20kg gewigstoename gevolg. En ek was nie self in staat om altyd uit te gaan en te gaan kos koop, ens., nie agv my gestremdheid wat sporadiese inperking veroorsaak het.

    Liked by 1 person

      1. as daar iemand is wat mense wil leer reg eets, is dit juis ek, want ek is vandag ‘n liggaamlike wrak agv familie-denialisme uit my kinderjare, dokters wat nie diabetes raaksien as die teksboekgeval voor hulle staan nie, sosiale invloede en dies meer. En die Boeretradisies rondom verkeerd eet.

        Liked by 1 person

          1. Gelukkig het ek, so oud soos ek is, nog nooit Vaalkos geëet nie, maar wel te veel vet skaapvleis en onafgeroomde melk. My tande gesny daarop. Mens moet melk darem eers afroom, dit het ons gedoen as ons self kon melk. Maar my pa was onderwyser op ‘n staatsplaas waar ons nie die melkery self hanteer het nie.

            Liked by 1 person

              1. As ons self gemelk het, was dit Jersey en Simmentaler. Maar op ons woonplaas was dit Friese. Ek hou meer van Jerseys se temperament.

                Like

                  1. As ‘n Friesbul eers sulke wolkies blaas in die stof en met sy voorpoot in die grond krap, moes jy laaaaaankal op die stoep gesit het met beskuit en koffie.

                    Like

Gesels saam, asseblief!