Ag, dis lekker om terug te wees op Rebusfontein ná al ons omswerwinge die wye wêreldvol! En dat my manlief saam met my hier is, maak dit net nóg lekkerder! Hy help my met allerhande klein takies, soos om my Bali eend se bek wat seergekry het, vas te gom, goed teen die mure op te hang, ongewenste spinnekoppe en sommer die Undertaker ook weg te hou. Hy is natuurlik ook ‘n uitstekende vleisbraaier, waaroor ek baie bly is.
My huisie is silwerskoon, hier is geen teken van stof nie. Hier heers ‘n feestelike stemming op Rebusfontein, want Seegogga het vir ons die heerlikste, deftigste ontbyt by die langtafel bedien. Alles van de beste, soos net die Towerinne dit kan doen. Daar is gelag en gesels oor al ons herinneringe op ons wêreldreis met die Towertent en maak alreeds weer planne vir nóg ‘n paar uitstappies. Daar is beslis nog plekke wat ek graag wil sien, Aalsie moet nog vertel van Barcelona, Seegogga het ook sommer nog baie planne in haar kop, Appel en Musica …
Santie, my donkie wat ek van Santorini af saamgebring het, geniet die wye veld en lieflike weiding verskriklik baie. Haar kondisie het sommer gou verbeter en jy kan nie glo dis dieselfde maer, verhongerde, oorwerkte donkie waarop ek in Santorini moes ry nie.

Nou wonder julle seker hoe het ek haar tot hier gebring? In my handsak met die tent saam! Hoe dan anders? Omdat ek en my kinders soveel keer Mary Poppins gekyk het, het sy gevoel om vir my een van haar handsakke te gee, en julle weet mos dis ‘n towersak en dat daar baie verrassings uit daardie sak kom.

Van Kazakstan af het ek ‘n klomp pakkies tee gebring. Ek is mos mal oor gegeurde tees!

Terwyl ons in Waenhuiskrans rondgedwaal het solank Musica met die tent rondfladder, kom daar ‘n man met rietbesems verby. ‘Wil merrim nie i biesim koepie? Dis regte Strandveldrietbesems.’ Hoe kon ek nee sê? Ek het dan juis ‘n besem nodig op Rebusfontein. Nou nie dat ek so vreeslik baie skoonmaak as ek hier is nie, maar ‘n mens kry dit mos soms nodig.

Oe! Van my grootste gunstelinge is natuurlik die pragtige opsienbord wat ek op die Titanic geneem het. Jajaaa, ek steel nie gewoonlik nie, maar ons het mos geweet hy gaan sink en al hierdie lieflike kosbaarhede gaan verlore gaan!

Oe en die goue spieël, ook van die Titanic, lyk so mooi teen my muur.

Toe ons daar in Namibië rondgery het, loop daar ‘n man met ‘n fiets. Net die tipe fiets wat ek op Rebusfontein nodig het. Ek vra vir hom: “Wat vra jy vir jou fiets?” Verbaas kyk hy my aan. “O, meddim bedoel die bycycle? Nei, meddim, ek vra hom niks, mar as merrim hom wil hê sal R150 en ‘n entjie goed wies.” Ek sê dat ek nie rook nie, maar krap in my Mary Poppins sak. So wraggies! Ek grawe sowaar drie boksies sigarette uit! Ek gee sommer al drie pakkies vir hom en R300, want waar gaan hy nou weer ‘n fiets gekoop kry? Die fiets staan nou hier buite teen die muur en as julle lus het om ‘n draaitjie met hom te gaan ry, voel vry. Onthou net om hom weer terug te sit op sy plek!

En dan, my kleine skoentjies uit Japan. Ek moes dit net saambring om te wys dat hierdie nommer 8/9 voete regtig in daardie skoentjies kon pas. Hulle staan op my klavier en terloops, Appeltjie, as jy ooit lus het vir musiekmaak …

Ek moes myself so inhou in Lapland om nie ‘n beervel te koop nie. Dis so sag, so pragtig en so ‘n karos is mos net wat ek nodig het as dit so koud word op Rebus. Ek het die versoeking egter weerstaan, want dalk is daardie beer onnodig geskiet en ek wil nie aandadig wees daaraan nie.

Al wat ek kon saambring, behalwe natuurlik ys, is foto’s en ek het hierdie pragtige foto vergroot en dit hang nou op ‘n ereplekkie.

Toe ons op daardie mensvretereiland by Papua New Guinea land, moes ons so vinnig hardloop, ek kon niks gryp nie!
Ai tog! Ek kan soms so doen voor ek dink! Wat wil ek nou met ‘n regte, egte Hollandse windmeul op Rebus maak? Hy staan nou maar hier op die oop stuk veld voor my huisie. Ek kan net my kop skud!

Ahhh! My stukkie adres in die Vendome in Parys. Ek móés dit net saambring. Manlief sal dit op my huisie kangs die nommer 5 aanbring. 😊

Om my musiekinstrumenteversameling aan te vul, en sommer vir lekker lawwigheid het ek kastanjette uit Andorra gebring.

Toortsie
Foto’s geleen op die internet.
Volg al die Towerinne se skrywes op Inlinkz: https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3
Mooi saamgevat. Al wat ek van Andorra het is geleende internetfoto’s en dan natuurlik die wekker wat ons dié veelbesproke aand inderhaas gaan koop het sodat ons betyds kon wees vir die angswekkende kronkelbergpad terug na Barselona.
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLike
Ook maar goed die tent het nie by die doane gestop nie. Dink net hoe lank sou hul vat on alles te deursoek. Die meule kan n bakkiespomp last week om water in jou tuin te kry.
LikeLiked by 1 person
Ja! Dankie! 👏🏻👏🏻👏🏻 Hulle sou niks in my sak vind nie. 🤓
LikeLike
Dis mos n towersak! Lekker uitgevang!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ek vererg my so Vir hierdie spel checker wat die woorde verengels. jammer Vir die flute.
LikeLiked by 1 person
Jy het mooi herinneeinge saamgebring. Ek sit nog met my cuppachino op my stoepie
LikeLiked by 1 person
Dankie jou ontbyt was heerlik! Ek sal nog dink oor my swempakkie.
LikeLike
Ag dit was nou lekker saamkuier, jou huisie het aansienlik verander met al die herinneringe wat saamgebring is.
LikeLiked by 1 person
Asof daar nie reeds so baie gied in is nie! Ai ek maak tog so graag bymekaar.
LikeLiked by 1 person
Daai ontbyt laat my mond water. Toortsie, ek kan nie wag om by jou huisie te kom tee drink nie (noudat Frangelica eers uit is). Maar eers moet my container home staan. Wat is die mooi afrikaans hiervoor?
LikeLike
Container klink reg. 😁
LikeLike
Hei, Toortsie, jy het die wonderlikste buit saamgebring! Mag ek asseblief ‘n entjie op jou donkie gaan ry?
LikeLiked by 1 person
Natuurlik! 😁👏🏻👏🏻 Ons kan lekker donkieritte hou.
LikeLiked by 1 person
Van alles wat jy saamgebring het, hou ek die heel meeste van Santie. Ek het juis ñ klompie appels wat ek nounou mee gaan oorloop en haar voer.
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly jy hou van haar. Kameel het gevra dat ons na haar Geluk ook moet kyk asb. Ek dink Santie en Geluk sal lekker maats wees.
LikeLike
En Blommetjie die koei.
LikeLike
Wrintiewaar Toorts, so baie mooi goed, ek gaan vir seker daai bicycle kom leen, hierdie grendeltyd vetjies kan doen met ‘n fietsrit hoor
LikeLiked by 1 person
Jy mag hom met graagte leen, ek gaan tog net afval. 😀
LikeLiked by 1 person