Terwyl ek en Seegogga so saam kuier, besluit ek om ‘n lemoenkoek te bak. Intussen vertel sy al hoe lekker ons daaraan eet op Rebusfontein. Ag, en ek raak net nog meer lus.



Die koek is klaar! Maar wat nou van die Toweinne wat nie tans op Rebusfontein is nie? Hoe gemaak? Wat van Christa in Kazakstan, Carien in Dubai, Frannie in Amerika, Scrapy in NZ? Hoe gaan hulle elkeen ‘n stukkie koek kry?
Elon Musk!Toe hy hoor dat daar weer lewe op Rebusfontein is, was hy in ekstase! Veral toe hy hoor dat dit net ‘n misverstand was, dat die Towerinne nie vir altyd in ‘n tent gaan rondswerf nie, maar net hulle liefde vir rondrits bevredig het, het hy dadelik verstaan. Hy is mos self lief om sy horisonne te verbreed!
Net daar het hy sy vliegmasjien gestuur om die bakkies koek by my op te tel en by elke Towerin persoonlik gaan aflaai.

Toortsie
My mond water, Toorts, al het ek reeds ń stukkie in.
LikeLiked by 1 person
Nou oyk die stukkies vir my kleinerig!
LikeLike
Dit was heerlik, jy gaan die resep moet deel.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
Smááklik!Dankie, my pakkie het heelhuids hier opgedaag.
LikeLiked by 1 person
Ahaaa! Joune mag dalk nog regtig daar opdaag. 😁
LikeLiked by 1 person
Hei, Toortsie, dankie vir my stukkies lemoenkoek! Die stuk wat ek daar by Towerinstraat 10 verorber het EN die aflewering hier in die VSA. Njammies!
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n groot plesier. ❤️
LikeLiked by 1 person
Lekker! Laaste lemoenkoek geproe toe Tannie Eileen een vir my seun op sy verjaardag gebak het in 2003. Minstens nege duim hoog en sondige lekkerte in elke krummel.
LikeLiked by 1 person
Ek gaannog jou e-pos lees. Die tyd het net nog ontbreek.
LikeLike
Doodreg, jy het immers lemoenkoek gebak…..😎🤩
LikeLiked by 1 person
Myne is sowar rerig erig by my deur afgelaai. En dit was heeeeerlik! Ek fa ook daardie resep nodig kry. Is dit in jou volgende boek?
LikeLiked by 1 person
Ja dis in my volgende boek. ❤️
LikeLike
Nou maak almal my net lus. Die ou grenswagters hier het wraggies ou Elon voorgekeer en my stukkies in kwarentyn gesit. Jul weet mos geen kos word hier toegelaat nie. Elon het BAIE dollars betaal sodat die koek nie asblik toe Gaan nie. Wonder net of na twee weke of die koeriers wat so stadig is betyds due pakkie Gaan aflewer.
LikeLike
Ai toggie. En daar is piesang in en piesangpitte is mos iets waaroor hulle baie streng is. Aijaijai
LikeLike
Haha, netso. Ons sukkel juis met kwarentyn mense wat ontsnap. Kan hul nie verstaan dit gaan nie net om hulle nie? Dit gaan oor almal hier.
LikeLiked by 1 person
Ai.
LikeLiked by 1 person