Spog

Ja, ek weet ‘n mens mag nie oor jou kinders spog nie. Eintlik moet jy mos blykbaar nie eers van hulle praat nie. Maar jammer, vandag oortree ek al die reëls. Want ek kan. En ek mag. Want ek is die mamma.

Kyk ‘n bietjie hierdie pragtige bloginskrywing: https://the-edit.co.za/martjie-sews/?fbclid=IwAR0gyhNzOhuSMXvLHG-S_bUDku8lXBmwYudcINWtuIdcpLHcwJ68vslyXiU

Dis my meisiekind van wie hulle praat! Ja! En ek is die supertrots ma. Jammer, ek kan nie help nie. Ek is trots. Verskriklik trots. En dis nie om te brag nie, glad nie. Ek kan net nie help nie, dit borrel sommer oor.

Want dit is vir enige ma lekker as dit goed gaan met haar kinders.

Alle eer aan die Here.

Toortsie

Haar Facebookpage waar jy al die mooi klere kan sien wat sy maak: https://www.facebook.com/martjiesews

Pst. Jy kan musiek neem ook by haar. Selfs oor die internet! 🙂 Sy is jollie oulik, hoor! Sy speel klavier, kitaar, blokfluit en dwarsfluit en het ‘n lisensiaat in twee van daardie instrumente.

23 thoughts on “Spog

  1. Hoekom mag mens nie met jou kinders spog as jy net die waarheid praat nie, Toortsie!? Jy het alle reg om trots te wees hoor! Ek mag jou meisiekind nog baie meer seen ervaar vorentoe.

    Like

Gesels saam, asseblief!