As ‘n mens ‘n voltydse skrywer is, glo ek dat jy gedissiplineerd skryf. Dat jy tyd maak vir skryf. Dat jy jou skryfwerk respekteer en wanneer die muse daar is, dit los waarmee jy besig is en gaan skryf. Dat jou skryf eerste kom. Glo ek.
As jy egter ‘n wannabee skrywer is, is dit egter ‘n ander storie. Jou muse kom die meeste van die tyd wanneer jy met iets anders besig is wat jy net op daardie oomblik nie kan los nie en wanneer die tydjie kom om te skryf, dit al weer lankal weg is. Soos wanneer jy in die veld stap en niks by jou het om te skryf nie. Of lekker kuier tussen jou vriende. Of stiltetyd hou. Of kosmaak. Of borduur. Skryf suig aan die agterspeen.
So het ek mos deelgeneem aan NaNoWriMo2019, gereageer wanneer die muse kom, geskryf soos ek moes, vir die meeste van die kere altans. Ek het op my rekenaar geskryf, geskribbel op ‘n stuk papier wat rondlê, met my een vinger op my selfoon getik, as ons op pad was, in die dokter se wagkamer, in die bed, oral. Dan het ek dit vinnig deurgelees en effens geredigeer. Al wat ek nog moet doen is om dit gou vinnig deur te lees en te laat proeflees en drukkers toe en whalla, dan is dit klaar. Maklik né?
Maar nou is ek mos nie ‘n regte skrywer nie. ‘n Voltydse skrywer nie. ‘n Professionele skrywer nie. En die lewe gebeur. En as jy in November só baie tyd aan jou skryfwerk gegee het, het ander goed dalk agtergebly wat ook aandag nodig het. Of jy is net eenvoudig besig met iets anders. Of met niksdoen. En al wanneer jy ‘n bietjie tyd kry vir die redigeerwerk, is die halfuur wat jy saans ander boeke sou lees. So, jy kom ook nie by ander boeke uit nie. En Toortsie se kop binne-in is soos ‘n gekoekte bol wol.
Intussen het baie tyd verloop en het die boek ‘n bietjie gelê en rus. Nuwe gedagtes en onthoue wakker geraak. Daar word bygeskryf, oorgeskryf, uitgevee. Glad nie ‘n vinnige besigheid nie.
Stadig, maar seker … Dit voel tóg of daar lig is in die tonnel.
Toortsie

Ek stem heeltemal saam met jou. Oor die jare het ek hier en daar stories – of deel van stories – geskryf; notas gemaak oor my kinderjare – sal my kinders dit wil lees? My lessenaar het ‘n hoop papiere en joernale en aantekenboeke waarin ek woorde, idees, planne en ‘n klomp halfgebakte goed neergesrkyf het. Partykeer het ek nie eers ‘n sin klaar geskryf nie – iemand het my seker nodig gehad / ek moes kos kook / help met huiswerk / my eie werk klaar maak … een dag, een dag sal ek alles agter mekaar reg maak, deur lees en, wie weet, meskien sal ek iets daarvan kan maak. Gaan voort!
LikeLike
Nanowrimo was vir my ‘n goeie uitdaging. Ek wil dit regtig aanbeveel vir November hierdie jaar. Jy word ‘n bietjie gedwing om te skryf. Ek twyfel of my kinders dit sal lees. Dit was eerder vir myself wat ek dit geskryf het. Hier en daar vra mense om dit te lees en my broer wil dit graag lees. Hy sê hy wil maar net sien of hy daarin is. Dan sê ek ja, hy is, want hy het my pop se vinger in die gasstoof gebrand en dit is daarin. 🙂
LikeLiked by 1 person
Nog iemand vir wie dit baie waarde sou hê, is my ma, maar ek is bevrees, dit is reeds te laat. Ek sal vir haar ‘n kopié gee.
LikeLike
Jou kinders gaan dit wel eendag lees en dit waardeer.
LikeLiked by 1 person
Dalk 😁
LikeLike
Baie pragtig. Jy is inderdaad ‘n skrywer.
LikeLiked by 1 person
Oeee Christa. Dankie. Maar ek probeer net nog.
LikeLiked by 1 person
Ja-ja, jy weet sommer jy is baie goed. Ek lees lekker by jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie jy is dierbaar. Ek lees net so graag by jou ook.
LikeLiked by 1 person
Daardie inner like kritiek is n regte bigger as jy wil skryf. Dis heerlik om so te skryf sport van onder druk. Dit Gaan oor jou insig en belewenis van tye wat verby is. As jy dit nie skryf nie Gaan dit verlore. Kleinkinders is baie meer geinteresseerd om te wil weet wat Ouma Al’s gedoen het. NaNoWriMo Bo!
LikeLiked by 1 person
Hoe gaan dit met jou nano camp?
LikeLike
Besig man, dankie dat jy vra. Ek probeer steeds om my 500 woorde per dag te skryf. Party dae kom ek net nie daar nie dan verander ek sommer die onderwerp om op te vul.
LikeLiked by 1 person
Waaroor skryf jou in jou nano camp?
LikeLike
Het beplan om my Novemder skryfwerk uit te werk en opsommings te maak. Dit het nie ver gevorder nie. Het elke dag my dagboek geskryf sodat ek my COVID 19 kan verwerk in n bundel.
LikeLiked by 1 person
Daardie innerlikke kritiek is n regte bogger as jy wil skryf. Dis heerlik om so te skryf soort van onder druk. Dit gaan oor jou insig en belewenis van tye wat verby is. As jy dit nie skryf nie gaan dit verlore. Kleinkinders is baie meer geinteresseerd om te wil weet wat Ouma Al’s gedoen het. NaNoWriMo Bo!
LikeLike