Ek word vanoggend wakker met een verskriklike lawaai. Ek besef, daar is fout. Groot fout. By die Bali Eende.
“Genade! Una! Bertus! Wat lawaai julle so?” vra ek. Nee, sê hulle, hulle wil ‘n maatjie hê. “Maar is dit dan nodig om so ‘n lawaai op te skop en dit net oor ‘n maatjie?” Ja, want ander sou ek nie gehoor gee nie. Hulle voel hulle het ‘n te groot taak vir net twee Bali-eende. Hulle moet die heeltyd die pad dophou en as daar nog ‘n eend is, kan hulle dit baie beter doen. En tannie Seegogga het hoeka gesê dis beter om in ongelyke getalle te werk en twee is ‘n gelyke getal. Daarom moet ek nog ‘n Bali-eend gaan koop. ‘n Pienke. Vandag nog.
Nou ja, as die eende praat moet ek seker luister? Wie is ek nou om te stry?
In die winkel verloor ek myself. Daar is die pragtigste goed. Bali-eende te kus ten te keur. Met rokkies, met bikini’s. In al die kleure van die reënboog. Die pienkes is mooi, maar nie een roep my nie. Ek wil darem ook nie ‘n bikini-een in my voorvenster hê nie, wat gaan die gemeente sê? Dis in elk geval nou heeltemal te koud vir swemklere.
Die eend wat my roep is pragtig. Sy het donkerblou kleertjies aan met spierwit hartjies. Hier kom moeilikheid, weet ek. Ek is dan uitdruklik aangesê om ‘n pienke te koop?
Ek loop en verlang sommer na Una wat so verskriklik lief is vir Bali, waarvandaan die meeste van hierdie winkel se goed skynbaar kom. Oe, hier gaan ek nog die mooiste goed vir my strandhuis kom haal. Voëls wat uit die dak uit hang. Visse teen die muur. Te mooi.
Intussen sien ek nog ‘n eend, vreeslik deftig, maar sy sal dalk nie inpas by ons nie. Die donkerbloue met die hartjie is dan reeds toegedraai.
By die huis aangekom haal ek haar versigtig uit. Wat gaan die ander twee sê? Mensig! Kan jy dit beskryf? Dis soos ou familielede wat mekaar jare gelede laas gesien het. Dis ‘n gegroetery en geselsery. Die nuweling vertel al die jongste nuus uit Bali. Hulle hang behoorlik aan haar lippe.

Nou ja, wat sal ‘n mens nie alles doen vir gelukkige eende nie!
Toortsie
Het ek darem nou gelag vir Toortsie en Tanga Eend wat onder sensuur geplaas word deur Eerwaarde Kerkraad. By die volgende drie kerkbasaars mag hulle nie Idealmelk by hulle skuimpoeding kry nie. Trouens, hulle kry nie eens die skuimpoeding nie.
En meanwhile is dit eendeweer.
LikeLiked by 1 person
Verstaan jy?
LikeLike
🤣🤣👍👍
LikeLike
Pragtig!
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Jy laat my hart sommer nou vuurwarm klop, Toorts! Ek het hoeka nounou by Positief gekuier en in trane uitgebars oor my verlore Bali wêreld…
LikeLiked by 1 person
Hulle is darem nou stil, het heeldag gekwaak. Ag, ek hoop nie dit het ‘n hartseer uiteinde nie.
LikeLike
In dié geval moet ek tóg eendag my twee Bali-eende aanry om jou vier te ontmoet. Familie is kosbaar en as hulle boon-op almal nou op Bdorp woon, kan hulle gerus ‘n bietjie bond.
LikeLiked by 3 people
Jajaaaa! Die eende sal die virus wegjaag. 😄
LikeLike
Haha te kostelik Vir woorde. Die eende kan tog so besitlik wees as dit by hul vriende kom. Dis te dierbaar. Ek stem ook Vir ongelyke getalle wat werk. Nou is die drie n sterk front teen alles wat wil moeilikheid maak.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop hulle is nou tevrede. 😁
LikeLike
Eks sien hier met die eende wat in die eende tannie se erf loseer gaan dit soms ook maar met baie woorde en beduiery.
LikeLiked by 1 person
Net so! 😂
LikeLiked by 1 person
Ag oulik! Lekker gelag vir die lus vir koop.
LikeLiked by 1 person
Dis wat lockdown aan jou doen.
LikeLiked by 1 person
Beslis, by ons is winkels toe ….
LikeLiked by 1 person
Hoe klink dit my jy is bang vir die dominee 😊 Dink ook die drie eendjies doen die ding!!!
LikeLiked by 1 person
Jong, mens wil mos nie moeilikheid maak met die dominee nie!
LikeLiked by 1 person
Jy skryf darem maar vrek oulik, ek kan amper die eende hoor
LikeLike
Baie dankie jy’s dierbaar
LikeLiked by 1 person