Tyd

Tyd is ‘n wonderlike ding. Hoe minder tyd jy het, hoe meer kry jy gedoen.

Oor tyd het ek al ‘n klomp van my administratiewe werk afgeskuif van my skouers af en doen nou net ‘n paar essensiële goed. Maar het ek nou meer tyd? ‘n Mens sou dit mos wou dink? Allermins!

My dag is so vol, ek kry nie eers tyd om my Toortsie debiteure ‘n slag deur te gaan nie, dit is maande laas gedoen. Ook nie tyd om die resepte wat ek vir boek 3 reg het, te tik nie. Of om my rug te oefen nie.

By boeke en blogs lees kom ek nie uit nie en, anders as wat party mense dalk sal ervaar, ook nie by whattsapps nie. Ek sal iewers op ‘n dag gaan sit en al die 160 whattsapps van bo af deurlees en reageer op ELKEEN. Skryf die Towerinne Towerinstories, dan lees ek dit eerste en dan is die tyd al weer daarmee heen.

Wat gaan aan?

Wel, my leestyd gebruik ek steeds om my kinderdaeboek te redigeer en soms voel dit vir my of ek vasstteek by dieselfde bladsy. Dit word oor en oor gelees. My lewe is beslis ‘n bietjie rustiger, alhoewel die gependel steeds baie tyd in beslag neem. Ek probeer maar net tyd maak vir dinge wat regtig vir my belangrik is. Ek borduur vir ‘n vale en sien min vordering, dit gaan verskriklik stadig en ek brei, brei, brei op die langpad. Wanneer ons die kans kry, gaan stap ek en my man sommer vir ure in die berg. Ek probeer ook al hoe meer om glad nie my selfoon te hanteer as daar enigsins iemand naby my is nie. Om die waarheid te sê, my selfoon gaan nou vir twee dae af wees, want dit is pap en die laaier lê by die huis! Tog loer ek steeds vinnig op Facebook en Instagram, maar glad nie meer soveel soos voorheen nie. Ek spandeer tyd met God, of dit werklik meer is as voorheen, is ook nie so nie.

Maar in my hart is ek rustig en daarvoor is ek baie dankbaar.

Geniet jou dag!

Toortsie

20 thoughts on “Tyd

  1. Ek het nou my eie privaat sitkamertjie met skryftafel en leeslampie in die hoek, my laptop het nuwe Linux met WordPress daarop, èn ‘n eBoek-publiseerder.

    Ek kan al paragrawe skryf sonder spel- of tikfoute en ek publiseer blogartikels sonder om dit eers te redigeer.

    Daar is nie werksdruk nie, die ideale situasie.

    En die boek kom nie geskryf nie. Ek lees Johnnie Eigelaar se Sanveld-vissermansboek. Vir die afgelope ses weke lees ek Paul Coelho se The Alchemist. Nou op bl 23.

    Sedert Januarie bly ses boeke van Lawrence G Green ongelees. Dis hoe ek navorsing doen vir stories wat ek wil skryf, nie-fiksie vir die nageslag.

    Ons kan weer skaak speel teen die baie vinnige rekenaar en af en toe eindig met vyf oorwinnende koninginne. Die brein herstel, sekere goed vorder net nie, ander maak reusespronge.

    Waar koop mens TYD?

    Like

        1. Nanowrimo.org
          Hulle het tans ook ‘n uitdaging aan. Ek skryf nie daaraan nie, Scrapydo wel. Jy kan jou eie uitdaging stel van hoeveel woorde jy per dag wil skryf. Dis ‘n baie oulike webblad waar skrywers mekaar aanmoedig.

          Liked by 1 person

  2. Ek ervaar dit nog steeds as ‘n persoonlike belediging as iemand in my geselskap met ‘n selfoon besig is, my m*gt*g, is my geselskap so vervelig! Maar ek besef ook ek is eintlik heeltemal onnodiglik liggeraak…

    Like

  3. Nou praat jy asof dit uit my mond kom. My dag is steeds te kort. Tog is dit Vir my ook nou rustiger noudat ek nie meer drie ure per dag kinders hoef op te Pas nie. Ek moet met uitdagings werk Anders kry ek nie veel gedoen nie. Het darem n kinderboek manuskrip en n kortverhaal wat gedurende lock down geskryf is. Dit is beslis rustiger Vir liggaam en gees.

    Like

    1. Ek is dankbaar dat ek rustiger is. Ek kan baie meer aanpasbaar wees as gevolg van dit. Ek moet wel nog die lone doen wat ‘n sperdatum het en ek laat wiel met my borduurwerk om dit betyds klaar te kry voor Maart 2020, maar beslis nie meer soos vroeër nie.

      Like

Gesels saam, asseblief!