Hoe het ek Towerinstatus gekry?

Dís nou ‘n vraag, hoor! Hoe het ek deel geword van die besonderse, uitgelese, uitverkore, uitgesoekte groep talentvolle dames? Die Towerinne?

Want, soos die naam, Towerin, aandui, moet jy kan toor en met ‘n naam soos Toortsie, hoe anders sal ek nie kan toor nie. Kyk ‘n bietjie, my naam sê mos alles!

Verder moet jy mal genoeg wees en almal wat my ken, sal dít kan beaam. Geen tekorte aan malligheid hier nie.

Maar nee, ekskuus, my kop het nou heeltemal uitgehaak, want dit is presies wat gebeur wanneer ek aan ons eie Towerindorpie Rebusfontein en sy inwoners dink of gesels, raak ek so in vervoering, ek kan myself nie help nie.

Op jou vraag hoe ek ‘n Towerin geword het, is die antwoord verskriklik maklik. Ek was laf genoeg om jare gelede ‘n blog op WordPress te begin. Nog lawwer om te waag en by ander bloggers te lees, kommentaar te lewer en saam te kuier in die virtuele wêreld. Heeltemal laf verby om vrywillig deel te neem aan bloguitdagings. Koekoes om vrywillig te begin saamskryf aan blogvervolgverhale.

En dis presies hoe ek deel geword het van ‘n wonderlike, lieflike groep vroue van oor die hele wêreld. Afrikaanssprekende vroue wat almal blogs het op WordPress. Vroue wat deel in mekaar se lief en leed, wat saam laf is, saam huil, saam bid, mekaar bemoedig, mekaar dra. Die Towerinspan is nie ‘n geslote groep nie, jy kan ook deel word daarvan. Word deel van ons stories waar ons totaal buite ons grense beweeg en vreemde dinge doen in ‘n virtuele wêreld wat ons vir onsself geskep het. Dis lekker, vry, opbouend, laf.

Toortsie

Hester ek werk op my selfoon. Sal jy dit op Inlinks sit asb?

59 thoughts on “Hoe het ek Towerinstatus gekry?

  1. O Toorts, ek voel net so bevoorreg. Rk het mooi prim en propper begin blig( jy ook ne!), maar in my wildste drome het ek nooit konbd8nkvdat ekvdie helftw van ky tyd pens en pootjies binne-in n droom sal lewe nie. Ek dink nou mos dit sal n pragtige tv reeks uitmaak. In die werklike lewe n klomp vroue van jonk tot oud, in uiteenlopende beroepe en probleme, swaarkry en goeters en amal redelik ernstg besig met die sleur vd lewe- en die volgende oomblik is hulle jonk en lag sorgeloos en beveg spinnneoppe ( en wen ALTYD)en drink franjeliko en doen allerlei uitspattige goeters en beleef avonrure. Tussenin wip hulle terug werklikheid toe, net om die volgende oomblik weer op Rebusfobtein te lag….

    Liked by 3 people

  2. As dit nie vir jou was nie Toorts was ek nooit op blogland nie… en het ek nooit soveel pret belewe nie. Ek hoor die Undertaker is oppad 😂😂😂😂 Ek lief dit om jou siel uit te trek!!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!