Dís nou ‘n vraag, hoor! Hoe het ek deel geword van die besonderse, uitgelese, uitverkore, uitgesoekte groep talentvolle dames? Die Towerinne?
Want, soos die naam, Towerin, aandui, moet jy kan toor en met ‘n naam soos Toortsie, hoe anders sal ek nie kan toor nie. Kyk ‘n bietjie, my naam sê mos alles!
Verder moet jy mal genoeg wees en almal wat my ken, sal dít kan beaam. Geen tekorte aan malligheid hier nie.
Maar nee, ekskuus, my kop het nou heeltemal uitgehaak, want dit is presies wat gebeur wanneer ek aan ons eie Towerindorpie Rebusfontein en sy inwoners dink of gesels, raak ek so in vervoering, ek kan myself nie help nie.
Op jou vraag hoe ek ‘n Towerin geword het, is die antwoord verskriklik maklik. Ek was laf genoeg om jare gelede ‘n blog op WordPress te begin. Nog lawwer om te waag en by ander bloggers te lees, kommentaar te lewer en saam te kuier in die virtuele wêreld. Heeltemal laf verby om vrywillig deel te neem aan bloguitdagings. Koekoes om vrywillig te begin saamskryf aan blogvervolgverhale.
En dis presies hoe ek deel geword het van ‘n wonderlike, lieflike groep vroue van oor die hele wêreld. Afrikaanssprekende vroue wat almal blogs het op WordPress. Vroue wat deel in mekaar se lief en leed, wat saam laf is, saam huil, saam bid, mekaar bemoedig, mekaar dra. Die Towerinspan is nie ‘n geslote groep nie, jy kan ook deel word daarvan. Word deel van ons stories waar ons totaal buite ons grense beweeg en vreemde dinge doen in ‘n virtuele wêreld wat ons vir onsself geskep het. Dis lekker, vry, opbouend, laf.
Toortsie
Hester ek werk op my selfoon. Sal jy dit op Inlinks sit asb?
O Toorts, ek voel net so bevoorreg. Rk het mooi prim en propper begin blig( jy ook ne!), maar in my wildste drome het ek nooit konbd8nkvdat ekvdie helftw van ky tyd pens en pootjies binne-in n droom sal lewe nie. Ek dink nou mos dit sal n pragtige tv reeks uitmaak. In die werklike lewe n klomp vroue van jonk tot oud, in uiteenlopende beroepe en probleme, swaarkry en goeters en amal redelik ernstg besig met die sleur vd lewe- en die volgende oomblik is hulle jonk en lag sorgeloos en beveg spinnneoppe ( en wen ALTYD)en drink franjeliko en doen allerlei uitspattige goeters en beleef avonrure. Tussenin wip hulle terug werklikheid toe, net om die volgende oomblik weer op Rebusfobtein te lag….
LikeLiked by 3 people
Dis een van die beste goed wat ooit in my lewe gebeur het en ek geniet die vreemde kyk in mense se oë as ek van Rebusfontein vertel.
LikeLiked by 2 people
Ek doen ook@
LikeLiked by 1 person
Ken iemand dalk ‘n tv-regisseur?
LikeLiked by 3 people
Ons moet dalk net vir Leon Schuster laat weet dat hy ons moet ontdek.
LikeLiked by 2 people
Oh schucks!
LikeLike
ONS SAL MOET SOEK
LikeLiked by 2 people
Jy is mos oulik met sulke goed.
LikeLike
Iemand het Leon Schuster voorgestel.
LikeLiked by 1 person
Dit was nogal ek. 😎
LikeLiked by 2 people
Jop, dit was 🤣
LikeLiked by 2 people
Nie n slegte idee nie. Hy sal dalk ons misdaadstories uitstekend kan verwerk in n film! Ek is onseker vd reeks. Maar miskien moet ons hom nader….
LikeLiked by 2 people
Het jy sy nommer?
LikeLike
Ek het ook so begin. En kyk vang ek nou alles aan onder julle luide toejuiging …
LikeLiked by 2 people
So bly oor jou in ons span. 😁👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Ek geniet die saamwees.
LikeLiked by 1 person
Ek ook.
LikeLiked by 1 person
Elkeen van julle bydraes het my skoon in trane!
LikeLiked by 1 person
Dis lekker om deel van ‘n spesiale groep te wees.
LikeLiked by 1 person
En so ‘n spesiale groep bygesê ❤️😁
LikeLike
Dankie dat julle my ingenooi het….
LikeLiked by 1 person
Ingenooi? 😁 Ek dog jy het ingesluip 🙈😜
LikeLike
Eerder ingewaai!!!
LikeLiked by 1 person
Ongeag hoe, dit was goed! 😁
LikeLike
jy laat my gereeld giggel Toorts en dan hou jy jou kamma onskuldig, wee jy….
LikeLiked by 1 person
Kanna onskuldig sê jy
LikeLike
Kamma kamma, wie sê dan so….
Wie het daai lied gesing?
LikeLiked by 1 person
Wie sê dan so? Kamma kamma
Ek sê dan so. Kamma kamma
Ek het jou gevind. Kamma kamma
‘N meisie so mooi
LikeLiked by 1 person
Jy’s gelinkz. Ek dink jy was een van die eerste bloggers wat ek virtueel “ontmoet” het.
LikeLiked by 1 person
Solank ek net nie gejinks is nie. 🙈
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie eintlik toor nie. Ek is nie daardie soort Towerin nie.
LikeLiked by 1 person
Watter soort is jy dan?
LikeLiked by 1 person
Ek is ‘n liewe heksie.
LikeLiked by 2 people
Jajaaaa as jy so sê 🤭
LikeLiked by 1 person
😇
LikeLike
Smaail!
LikeLiked by 1 person
My eerste bloggers was Xena Phopis en Plasie.
LikeLiked by 2 people
Is hierdie ‘n aparte een waarin ons vertel hoe ons in Rebusfontein beland het?
LikeLiked by 1 person
Ek weet nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Dit is blykbaar, ek skryf maar.
LikeLiked by 1 person
Dis die gees! 😍
LikeLiked by 1 person
Ek dink die sieselfde een. 😁
LikeLiked by 1 person
Lekker teruggevoer raak ek nou. Ek Gaan nog eers weer my argiewe oopsluit om te kyk hoe ek betrokke geraak het. Ons het werklik almal ons talente en vergelykings voluit uitgeleef of geskryf.
LikeLike
Ek dink jy blog dalk al langer as ek.
LikeLike
Ek dink ook so. Het al in 2009 begin.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek het in 2010 begin.
LikeLike
Moes soiets gewees het want jy was dink ek een van my eerste maters wat steeds aanhou en uithou. Saam het ons tot boeke geskryf en jy het n ware kos-maker geword.
LikeLiked by 1 person
Oor die ware kosmaker wonder ek. Net gewone kos. Niks grands nie. 🙈
LikeLike
Dis juis die ding. Gewone, normale, alledaagste kosmaak. Dis uitstaande wat jy bereik.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
As dit nie vir jou was nie Toorts was ek nooit op blogland nie… en het ek nooit soveel pret belewe nie. Ek hoor die Undertaker is oppad 😂😂😂😂 Ek lief dit om jou siel uit te trek!!!
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly ons paaie het gekruis. Jy weet dit, né?
Ek weet jy sal die Undertaker van my af weghou. Hou hom net BUITE die hok!
LikeLiked by 1 person
Jy verstom my heeltyd met alles wat jy aanpak en deurvoer. Dis ‘n voorreg om jou as virtuele vriendin te hê en dit was wonderlik om in lewende lywe saam met jou te kon kuier, jy en Seegogga het ons so bederf!
LikeLiked by 1 person
Frannie, ek wonder steeds of dit wys was om julle in gure weer die suidpunt te wys?
LikeLiked by 1 person
A ja a! Dis mos deel van die stormagtige Kaap. Sou daardie dag vir niks wou misgeloop het nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie. ❤️ Ek ook nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi woorde. Dit os net so ‘n voorreg om jou te ken.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jou liggie skyn soos ‘n draadjie deur ons lewens!
LikeLiked by 1 person
Ag Perdebytjie, jy het altyd sulke mooi woorde.
LikeLiked by 1 person