Wat ‘n wakkerword – Caronamouna hfs 14

Hierdie is deel van ‘n vervolgverhaal wat deur die Towerinne geskryf word. U kan die hele verhaal hier lees: https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Bedremmeld word ek wakker. Ek is lyfseer. My kop is seer. Ek voel naar. Dit is koud en ek bibber behoorlik. Ek kyk om my en sien die allervreeslikste ding: Ek en die meeste ander Towerinne is opgesluit in ‘n draadkamp! Nee! Dit kan nie wees nie! Wat gaan aan? Tannie Frannie sit op ‘n stoel aan die buitekant van die kamp by die hek en lees kliphard een of ander vreemde storie oor varkies wat almal op hok is. Wat bedoel sy? Varkies op hok? Genade! Hester loop soos ‘n regte samajoor al om die hok, ook aan die buitekant. Virgo is ook daar. Buite. Ons ander lot is toegesluit in ‘n hok van draad! Waddehel! Ja! WADDEHEL GAAN HIER AAN?

Ek verstaan hierdie ding nou glad nie. Dit is duidelik ‘n nagmerrie. Want dit ís Rebusfontein, maar hoekom is ons in ‘n draadhok? Op Rebusfontein? Ons veilige hawe? Dinge klop nie. Regtig nie.

Wat ek kan onthou is dat ek en Seegogga besluit het ons het nou genoeg van hierdie ou Caronastories en dat ons Rebusfontein toe is. O genade! Die SPINNEKOP! SO GROOT SOOS ‘N HUIS! Moenie sê hulle het nou hierdie verskriklike kamp gebou om ons te beskerm teen die SPINNEKOP nie? NEEEE! Wat het van die wêreld geword? Die misdadigers loop vry rond die onskuldige mense sluit hulleself toe, word selfs in hegtenis geneem omdat hulle buitenstyd rondloop. Is dit wat nou hier op Rebus gebeur? Ons Rebus? Moet ons nou ook toegesluit word om ons te beskerm teen die spinnekoppe?

Ek kan onthou dat ons dadelik die ander Towerinne laat weet het hier is ‘n noodgeval en soos een man het hulle almal gekom. Una het nog ewe gedink ek verbeel my dat die spinnekop so groot is soos ‘n huis en wou nie luister toe ek vir haar skree dat sy moet KOM nie. Dis toe dat daai verskriklike groot spinnekop haar vang! Ons almal het gegaan om haar te verlos van die spinnekoppe daar by die grot, ek heel agter. Christa het by die huis gebly om met Kosie, die Robothond en sy drone in kontak te bly en ons te waarsku as daar gevaar is. Sy het laat weet van ‘n vreemde beweging by die boshuisie. Verder kan ek nie onthou nie.

Maar hoekom is ons in ‘n draadhok? Hester lyk kwaad. Asof sy vir ons kwaad is. Hoekom is sy só kwaad vir ons? Ons is dan haar kamerade? Mede-Towerinne? Wat gaan aan? En dan praat hulle iets van Kamp Goldilocks? Nee, hier is groot dinge verkeerd.

Toortsie

Sommer net die Toortsie se verbeelding wat op hol is. Towerinne, ek het julle nodig om verder te skryf sodat ons hierdie storie kan ontrafel asb.

82 thoughts on “Wat ‘n wakkerword – Caronamouna hfs 14

        1. Ek gebruik ‘n 3:1 tafelsout-koeksoda-oplossing. Ek meng drie maatlepels sout en een maatlepel koeksoda in ‘n bakkie wat dig seël, maar gebruik net een teelepel van die mengsel op 200 ml water 2 x per dag. Die water moet vooraf gekook en darem nog effens warm wees. Of jy kan die voorafbereide sachets koop by die apteek, maar dis redelik duur. Met die regte botteltjie om die mengsel in die neus te spuit, is dit baie maklik en verdrink jy nie jouself nie. Ek wa vir jou ‘n foto.

          Liked by 2 people

  1. Toortsie, hou moed, die res van ons is oppad, of sal ek nou sê ń paar van ons wat kwansuis rehab toe moet gaan. Ons kom gelaai, elk met ń tas. Myne is vol organiese wyn, ek het sopas die laastes in Woolies gekoop. Sien, daar is klaarblyklik nie sulfate of so iets in organiese wyn nie. So sê my baie slim doktors gasvrou. Hoekom sal mens dit wil drink, het ek gevra. Want sulfate maak jou oud voor jou tyd. Sien, toe dog ek nou so… dan drink ons baie van diè wyn, dan word ons dalk jonger? Soos in ń oormaat. Hester en Kameel en Christa sal so trots op ons wees, dan kan hulle sê dis te danke aan Camp Goldilocks. Ons raak al hoe jonger en kan hulle oueres uit die moeilikheid verlos. As die moeilikheid weer opdaag. Wanneer dit weer opdaag.

    Liked by 1 person

  2. Julle……Ek los julle net vir ‘n paar sae dan meng julle Oros, witblits en cannabis en probeer dit dan beter maak met organiese wyn? Nee griesels, ons gaan vir ewig in rehab wees.

    Kamp Goldilocks is net ‘n naam hoor, dis ‘n draadhok!

    Liked by 2 people

  3. Aandag! Ek sê! Staan op aandag!

    Julle is in kamp Goldilocks om jul binnestes uit te spoel. Elkeen wat by die hek ingaan sal deeglik deursoek word deur my. Geen tasse, sakke of handsakke sal toegelaat word nie. Slegs een stel ekstra skoon klere in jou hande en jou tande borsel.

    Towerinne, ons moet nugter wees om die wêreld te kan red.

    Broodina het binne die tyd skering agtergebly toe dit opgeblaas is. Sy kon mos nie weer deur nie en toe disentigreer ek dit. So sy is weg. 😉

    Wees rustig, hier by kamp Goldilocks wil ons net die beste hê vir jul. 🤗

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!